180 km/h en nie vinniger nie

0 Comments

Die Sweedse vervaardiger Volvo het aangekondig dat al sy voertuie voortaan ‘n topsnelheid van net 180 km/h sal kan bereik.

Volgens dié vervaardiger was ‘n snelheids-beperker nodig omdat 25% van alle padsterftes in die Verenigde State van Amerika aan snelheid te wyte was. Nogtans is daar miljoene mense wêreldwyd wat hulle aan spoed-oortredings skuldig maak. Voertuie wat deur die polisie gebruik word,sal van hierdie beperking vrygestel word.  Dit is deel van Volvo se Vision 2020-projek , wat van stapel gestuur is met die doel om padsterftes heeltemal uit te skakel. Die spoed-beperker speel ‘n deurslag-gewende rol in hierdie projek. 

Een van Volvo se voorste veiligheids-kenners, Jan Ivarsson, sê  mense erken eenvoudig nie die gevaar wat met hoë snelhede gepaard gaan nie. “Mense herken die gevare van onder meer slange en spinnekoppe, maar besef nie hoe gevarlik spoed is nie,” sê hy. Volgens hom bestuur mense te vinnig in ‘n gegewe verkeersituasie en hulle kan nie hul spoed by omstandighede aanpas nie. Hulle oorskat hul vermoëns as bestuurders en hy glo dat die maatskappy beter gedrag onder motoriste moet ondersteun en hulle moet laat besef dat spoed gevaarlik is.

Nog twee gevaarlike neigings wat moeilik is om stop te sit, is bestuur onder die invloed van drank of dwelms en aandag-afleibaarheid. Bestuurders se aandag word deur selfone en ander dinge afgetrek; dit is net so gevaarlik as om onder die invloed van alkohol te bestuur. Hoewel dit in groot gedeeltes van die wêreld onwettig is om onder die invloed te bestuur, is dit ‘n belangrike rede vir beserings en sterftes in padongelukke. 

Volvo het homself nog nooit regtig as ‘n vervaardiger van verrigtings-motors beskou nie en daarom sal dié beperking geen uitwerking op sy bemarking-strategie hê nie. Kampvegters vir pad veiligheid glo egter dat moderne motors te vinnig en te kragtig is en dat hoë snelhede ‘n swaar las op motors se remstelsels plaas.  Hoewel dié kampvegters glo dat 180 km/h te hoog is, glo Volvo se ingeneiurs dat die moderne veiligheids- en outonome bestuurs-tegnologie hierdie snelheid veilig maak. 

Volvo het onlangs ‘n plan om laasgenoemde twee probleme te hanteer, tydens ‘n spesiale geleentheid in die Sweedse stad Gothenburg voorgelê.

Categories:
%d bloggers like this: