Breaking News

2019 se nuwe motors

MotorPlus het die verwikkelinge in die motorbedryf die laaste tyd dopgehou en besluit om ook ‘n bietjie te bespiegel oor ‘n paar nuwe modelle wat dalk in 2019 hierheen kan kom. Natuurlik kan hierdie tipe artikel nooit volledig wees nie, want ‘n mens kan daarop staatmaak dat ‘n paar vervaardigers met verrassings vorendag sal kom en dat sommige ook hul planne deur die jaar kan verander. Hier, in alfabetiese volgorde en volgens die betrokke motors se kentekens, is die nuwe modelle waarvan ons seker is, asook ‘n paar wat miskien deur die jaar hier op die mark kan kom:

 

ALFA ROMEO
Die afgelope twee jaar het Alfa Romeo twee nuwe modelle, naamlik die Giulia en die Stelvio, bekendgestel. Hierdie twee reeks sal in die nuwe jaar uitgebrei word met die toevoeging van die Giulia Veloce, wat die gaping tussen die Super en die QV sal vul, en die nuwe vlagskip van die Stelvio- reeks, die QV. Gerugte doen die ronde dat ‘n Giulia-gebaseerde koepee, wat dalk die GTV-naam sal dra, tans ontwikkel word, maar geen verdere inligting is tot dusver bekend nie.

 

AUDI
Dit gaan ‘n besige jaar vir Audi wees, met die nuwe weergawes van die A1 Sportback en die A6 wat op pad is. Die groot nuus is egter die bekendstelling van die e-Tron, ‘n ten volle elektriese sportnutsvoertuig met die quattro-aandryfstelsel. Dit gaan die eerste van ‘n reeks elektriese modelle wees wat Audi mettertyd op die mark gaan bring. Die Q-reeks sal uitgebrei word met die bekendstelling van die Q8, terwyl ‘n nuwe Q3 ook bekendgestel sal word.

 

BAIC
Dié Chinese vervaardiger is besig om ‘n fabriek naby Port Elizabeth op te rig, en beoog om die X 25 daar te vervaardig. Die BJ 40 is al die afgelope twee jaar by SA Festival of Motoring vertoon, en ‘n regterhandstuurweergawe van hierdie Jeep-agtige veldryer word tans ontwikkel. Daar is ook sprake van ‘n dubbelkajuitbakkie en ‘n koepee-agtige sportnutsvoertuig, maar geen verdere besonderhede is op hierdie stadium bekend nie.

 

BMW
Nadat die X2 en X4 in 2018 bekendgestel is, het BMW nog ‘n paar nuwe modelle op pad. Die jaar skop af met die nuwe X5, en ‘n mens kan aanvaar dat ‘n nuwe X6 ook gou sal volg. Die X-reeks sal afgerond word met die X7, wat vroeg in die jaar verwag word. Die immergewilde 3-reeks word deur ‘n nuwe model vervang, maar anders as in die verlede sal hy ingevoer word. Die Z4 maak ‘n terugkeer, maar in ‘n nuwe gewaad, terwyl die 8-reeks koepee en afslaankap ook vroeg in die jaar verwag word. Die X3- en X4-reekse sal uitgebrei word met die toevoeging van M 40d-modelle en ‘n X2 M 35i word ook verwag. Die nuwe i3 sal deur die loop van die jaar op die mark kom. DATSUN Die Go en Go+ het pas belangrike detailveranderinge ondergaan, en die enigste toevoeging wat dalk verwag kan word, is die Cross, ‘n oorkruisvoertuig wat op die Go+ gebaseer is

 

FIAT

Hierdie Italiaanse vervaardiger het net een nuwe model waarna motorliefhebbers kan uitsien, naamlik die nuwe 500X, wat detailveranderinge en nuwe enjins sal kry. Die res van die reeks sal, sover bekend, onveranderd bly.

 

FORD
Groot nuus vir bakkieliefhebbers is die bekendstelling van die nuwe Ranger-reeks. Die Raptor, wat seker Suid-Afrika se eerste ware verrigtingsbakkie sal wees, sal deel van die nuwe reeks uitmaak en verder kan ‘n mens uitsien na ‘n nuwe dubbelturbo-enjin en ‘n outomatiese ratkas met tien gange. Die Everest behoort soortgelyke veranderinge te ondergaan. Die nuwe Focus sal later op die mark kom, en as ‘n sedan of luikrug beskikbaar wees. Laastens kry Suid-Afrika se gewildste sportmotor, die Mustang, ook belangrike veranderinge terwyl die beperkte Bullitt-model ook hier beskikbaar sal wees.

 

GWM
Die Steed-bakkiereeks sal aangevul word met die bekendstelling van die Steed 7, wat die vlagskip van die reeks sal wees. Dit is egter onseker hoe sy bekendstelling die res van die Steed-reeks sal beïnvloed.

 

HAVAL
Sedert Haval se toetrede tot die Suid-Afrikaanse mark in 2017 het dié Chinese vervaardiger se reeks, en handelaarsnetwerk, aansienlik uitgebrei. Die oudste model in die Haval-reeks, die H6, word deur die loop van die jaar vervang, maar daar is nog geen verdere nuus van ander modelle wat dalk hier op die mark sal kom nie. Dit is wel ‘n uitgemaakte saak dat die handelaarsnetwerk verder sal uitbrei.

 

HONDA
Teen die einde van 2018 het Honda vir ‘n verrassing gesorg deur die Amaze as ‘n alleenstaande sedan bekend te stel. Die Brio, wat steeds op die mark is, sal nie vervang word nie e naan die mark onttrek word.

 

HYUNDAI
As ‘n mens die feit dat daar nog ‘n paar modelle is waaroor daar nog geen aankondiging gedoen is nie, in aanmerking neem, kan ‘n mens verwag dat hierdie Koreaanse vervaardiger ‘n besige jaar sal hê. Daar is nog geen aanduiding van die bekendstelling van die nuwe Accent, i 30, Veloster of Elantra nie. Ons weet egter reeds dat ‘n nuwe Atos, in ander dele van die wêreld bekend as die Santro, vroeg in 2019 hier op die mark sal kom. Daar word ook gepraat van ‘n nuwe oorkruisvoertuig wat as die Styx bekend sal staan, maar geen verdere inligting is bekend nie. Noudat die Kona met die nuwe turboaangejaadge driesilinderenjin beskikbaar is, durf ons hoop dat dié enjin ook vir die i20 en die Grand i10 beskikbaar sal wees?

 

ISUZU
Die KB, wat die kern van Isuzu se plaaslike reeks vorm, het pas die D-MAX naam gekry, en daarom behoort daar geen verdere verwikkelinge te wees nie. Aan die ander kant word daar bespiegel dat ‘n sportnutsvoertuig kleiner as die mu-X tans ontwikkel word.

 

JAGUAR
Die tweede ten volle elektriese sportnutsvoertuig wat in 2019 in Suid-Afrika verwag word, is die Jaguar i-Pace, wat vroeg in die jaar hier behoort te wees. Die res van die reeks behoort onveranderd te bly.

 

JEEP
Die hele Jeep-reeks kry in 2019 aandag. Die Compass-reeks sal uitgebrei word met die toevoeging van goedkoper modelle terwyl die Cherokee en Renegade detailveranderinge sal kry. Die nuwe Wrangler word gedurende die jaar bekendgestel terwyl beperkte hoeveelhede van die Grand Cherokee Trackhawk beskikbaar sal wees. Die res van die Grand Cherokee-reeks sal opgeknap word.

 

KIA
DIé Koreaanse vervaardiger behoort ‘n besige jaar te hê. Die Picanto X-Line, ‘n kruisweergawe van dié gewilde intreemodel, is op SA Festival of Motoring gewys, maar geen aankondiging is nog oor sy moontlike bekendstelling gedoen nie. Die Stonic, wat op dieselfde onderstel as die Hyundai Kona gebou word, word dalk ook nog in Suid-Afrika verwag, maar dit is nie seker wanneer nie. Kia het twee keuses wat die C-segment betref: die nuwe Cerato of die nuwe Cee’d kan hier bekendgestel word, maar dit is nog nie seker watter een hiernatoe sal kom nie. Laastens het die Sportage pas ‘n aantal belangrike veranderinge gekry.

 

LAND ROVER
Daar word reeds lank al bespiegel oor die nuwe Land Rover Defender, en dit is moontlik dat hierdie veldryer reeds in 2019 sy verskyning sal maak. Die nuwe Range Rover Evoque word in April bekendgestel.

 

LEXUS
Die groot nuus van Toyota se weelde-afdeling is die bekendstelling van die kompakte Lexus UX-oorkruisvoertuig. Lexus het ook aangekondig dat die CT 200h en die GS-sedan aan die mark onttrek sal word.

 

MAHINDRA
In 2018 het plaaslike vervaardiging van die Pik-Up in dié Indiese vervaardiger se fabriek naby Durban ‘n aanvang geneem, en die KUV 100 en XUV 500 het onder die poeierkwas deurgeloop. Die een nuwe model wat ons vanjaar van Mahindra kan verwag, is die XUV 300.

 

MERCEDES-BENZ
Twee van Mercedes-Benz se nuwe modelreekse sal in 2019 uitgebrei word met die bekendstelling van die X 350d en dieselweergawes van die A-klas. Die CLA sal met die A-klas sedan vervang word en nuwe weergawes van die B-klas en die GLA word verwag. Die AMG GT-vierdeurmodel is by SA Festival of Motoring vertoon en hierdie model word ook in 2019 hier verwag.

 

MITSUBISHI
Die nuwe Triton is onlangs aan die internasionale media vertoon en hy behoort in 2019 hier op die mark te kom. Die enigste ander nuweling van Mitsubishi is die Eclipse Cross, ‘n nuwe oorkruisvoertuig wat die ASX behoort te vervang.

 

NISSAN
Die toekoms van die NP 300 Hardbody is onseker na aanleiding van die uitslag van ‘n botsingstoets waaraan dié werkesel onderwerp is. Die Navara-reeks sal uitgebrei word, en die moontlikheid bestaan dat die Terra, ‘n sportnutsvoertuig wat op die Navara-onderstel gebou word, hier bekendgestel sal word. Die Kicks behoort die Juke te vervang, maar daar is nog geen nuus oor die nuwe Leaf nie.

 

OPEL
Daar is ‘n paar toevoegings tot bestaande modelreekse op pad, naamlik die Corsa GSI, blykbaar die laaste weergawe van die huidige geslag, en diesel-weergawes van die Crossland X en Grandland X. Die Grandland X met die Enjoy-spesifikasievlak kry ‘n aantal bykomende kenmerke en die gaping tussen die Enjoy en die Cosmo sal gevul word met die toevoeging van die Enjoy Plus. Die Combo, wat die Internasionale Paneelwa van die Jaar-toekenning gewen het, sal vroeg in die jaar hier land..

 

PEUGEOT
Die enigste nuwe Peugeot wat vanjaar verwag word, is dié Franse vervaardiger se intreemodel, die 108.

 

PORSCHE
Die intreevlak-sportnutsvoertuig in Porsche se reeks, die Macan, kry ‘n aantal veranderinge, onder meer ‘n nuwe turbo-aangejaagde viersilinderenjin van twee liter. Daar is ook ‘n nuwe 911-reeks op pad.

 

RENAULT
Die nuwe weergawe van die Koleos word in Februarie bekendgestel, maar daar is ook geen verdere nuus oor die Alaskan-bakkie nie. Die Duster Oroch-dubbelkajuit se bekendstelling is ook al uitgestel, en daar is nog geen aanduiding of hy hoegenaamd na Suid-Afrika sal kom nie. Die Kwid kry groot detailveranderinge.

 

SUBARU
Met die bekendstelling van die nuwe Forester is Subaru se hele reeks vernuwe, met die uitsondering van die WRX en STI, wat in 2019 deur nuwe modelle vervang sal word.

 

SUZUKI
Die bekendstelling van die nuwe Jimny was ‘n groot sukses en daar word verwag dat Suzuki ‘n stil jaar sal hê. Die Vitara kry detailveranderinge en die keuse van ‘n turbo, terwyl ‘n GLX-weergawe by die Swift, en dalk ook die Dzire-reeks gevoeg sal word. Daar is ook opgeknapte weergawes van die Baleno en die Ciaz op pad.

 

TOYOTA
Die bekendstelling van die nuwe Auris is uitgestel omdat hy nou glo as ‘n Corolla bekend sal staan. Die nuwe sedanweergawe van die Corolla is pas aan die media vertoon, en hy behoort later in die jaar bekendgestel te word. Volgens gerugte sal die Corolla Quest op die huidige geslag Corolla gebaseer wees wanneer die nuwe geslag op die mark kom.Die nuwe RAV 4 sal vroeg in die jaar hier wees en gerugte doen die ronde dat die Pro-Ace-minibus later vanjaar hier bekendgestel sal word.

 

VOLKSWAGEN
Na ‘n uiters besige 2018 gaan Volkswagen min nuwe modelle hier bekendstel, maar die Beetle en Jetta sal aan die mark onttrek word. Die nuwe model wat vir seker op die mark sal kom, is die T- Cross, terwyl die Atlas, ‘n groot sportnutsvoertuig met sewe sitplekke, glo ook vir Suid-Afrika oorweeg word. Die Golf 8 word deur die loop van 2019 internasionaal bekendgestel en behoort voor die einde van die jaar ook hiernatoe te kom.

 

VOLVO
Nadat die XC 40 en die nuwe XC 60 die afgelope jaar verskeie internasionale toekennings gewen het, is dit die S 60 en V 60 Cross Country se beurt om vervang te word. Die toekoms van die V40 is onseker; daar word glo ‘n heeltemal nuwe model in sy plek beplan.

38 thoughts on “2019 se nuwe motors

  1. Wow, superb blog layout! How long have you been blogging for?
    you make blogging look easy. The overall look of your web site
    is wonderful, let alone the content!

  2. Good day! Do you know if they make any plugins to assist with SEO?
    I’m trying to get my blog to rank for some targeted keywords but
    I’m not seeing very good success. If you know of any please share.
    Appreciate it!

  3. An impressive share! I have just forwarded this onto a co-worker
    who had been conducting a little homework on this. And he in fact ordered me dinner simply because I stumbled upon it for him…
    lol. So allow me to reword this…. Thanks for the meal!! But yeah, thanks for spending some time to discuss this matter here on your site.

  4. You made some decent points there. I checked on the internet to learn more
    about the issue and found most people will go along with your views on this web site.

  5. I’m gone to convey my little brother, that he should also
    go to see this web site on regular basis to take updated from newest news update.

  6. Hello to all, how is the whole thing, I think every one is getting more from this web site, and your views are nice in favor of new
    users.

  7. Link exchange is nothing else except it is just placing the other person’s
    web site link on your page at suitable place and other person will
    also do similar in favor of you.

  8. Very rapidly this website will be famous among all blogging
    and site-building visitors, due to it’s nice posts

  9. Hi, of course this article is genuinely pleasant and
    I have learned lot of things from it on the topic of blogging.

    thanks.

  10. We’re a bunch of volunteers and opening a new scheme in our community.
    Your site offered us with helpful info to work on. You’ve done
    an impressive task and our entire neighborhood will likely be
    grateful to you.

  11. I feel this is among the so much vital info for me. And i am glad reading your article.
    However should statement on some basic issues, The site style is ideal, the articles is really great :
    D. Good activity, cheers

  12. Hey there! This is my first comment here so I just wanted to
    give a quick shout out and say I really enjoy reading through your posts.
    Can you suggest any other blogs/websites/forums that deal with the same topics?

    Thanks a ton!

  13. It’s really a great and useful piece of info. I am satisfied that
    you just shared this useful info with us. Please stay us informed like this.
    Thank you for sharing.

  14. Helpful info. Fortunate me I discovered your website by chance, and I’m shocked
    why this accident did not came about earlier! I bookmarked it.

  15. Why people still make use of to read news papers when in this technological globe the whole
    thing is available on web?

  16. I’ve been browsing online more than 4 hours today, yet I never found any interesting article like yours.
    It is pretty worth enough for me. In my view, if all web owners and bloggers made good
    content as you did, the net will be much more useful than ever before.

  17. You actually make it appear so easy along with your presentation but
    I find this matter to be really one thing which I feel I would never understand.
    It kind of feels too complicated and very wide for me.
    I’m having a look forward for your next post, I’ll attempt
    to get the hang of it!

  18. Hello there! Quick question that’s totally off topic. Do you know how to make your site mobile friendly?
    My site looks weird when browsing from my iphone4.
    I’m trying to find a theme or plugin that might be able
    to fix this problem. If you have any suggestions, please share.
    Many thanks!

  19. I am sure this piece of writing has touched all the internet visitors, its
    really really nice piece of writing on building up new
    website.

  20. Great website you have here but I was curious if you knew of any discussion boards
    that cover the same topics talked about here? I’d really love
    to be a part of group where I can get feed-back from other knowledgeable individuals that share the same interest.
    If you have any suggestions, please let me know. Thanks!

  21. Hola! I’ve been following your website for a long time now and finally got the courage
    to go ahead and give you a shout out from Humble Tx!
    Just wanted to mention keep up the great job!

  22. Good day! I know this is kinda off topic but I was wondering which blog platform are you using for this site?
    I’m getting sick and tired of WordPress because I’ve
    had issues with hackers and I’m looking at options for another platform.
    I would be great if you could point me in the direction of a
    good platform.

  23. I love your blog.. very nice colors & theme. Did you design this
    website yourself or did you hire someone to do it for you?
    Plz respond as I’m looking to construct my own blog and would like to know where u got this
    from. kudos

  24. Thank you for the auspicious writeup. It if truth be told used to be a entertainment account it.

    Look advanced to more delivered agreeable from you! By the way, how can we
    keep up a correspondence?

  25. Hello my family member! I want to say that this article is amazing, nice written and include almost all vital infos.

    I’d like to look more posts like this .

  26. I don’t even know how I ended up here, but I thought
    this post was good. I don’t know who you are but certainly you’re going to a famous blogger if you are not already 😉 Cheers!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: