2de Rondte Wêreldtydrenkampioenskap

0 Comments

Sweedse tydren

 

Ott Tanak (Toyota) slaag daarin om sy sewende tydren in die wêreldtydrenkampioenskap te wen. Met hierdie oorwinning neem hy ook die voortou in die 2019 kampioenskap. Dis die eerste keer sedert hulle terugkeer tot tydrenne dat Toyota voor is in die kampioenskap.

 

Tweede is dit die Citroën van Espekka Lappi, en derde die Hyundai van Thierry Neuville.

 

Nege maal wêreldkampioen Sebastién Loeb behaal die sewende posisie terwyl hy besig is om gewoond te raak aan sy nuwe Hyundai. Huidige wêreld-kampioen Sebastién Ogier, soos talle ander, tref ‘n sneeubank met sy Citroën en verloor baie tyd. Voormalige dubbel-wêreldkampioen (2000 en 2002) Marcus Grönholm vier sy een-en-vyftigste verjaarsdag deur ‘n terugkeer te maak in ‘n privaat ingeskrewe Toyota, maar soos Ogier asook Jari Matti-Latvala, is die sneeubanke aan die kant van die roete hulle almal se ondergang.

Categories:

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: