Die 300 000ste Datsun van die 21ste eeu is onlangs in Indië verkoop. Dit beteken dat minder as vier jaar nadat die eerste Datsun internasionaal in Maart 2014 bekendgestel is, is reeds 300 000 Datsuns verkoop.

Sedert die Datsun Go-model in Oktober 2014 in Suid-Afrika bekendgestel is, is 18 915 eenhede plaaslik verkoop en die Datsun-reeks gaan later vanjaar verder uitgebrei word. Daarby sal Datsun ook opnuut in Zimbabwe bekendgestel word.

Die jongste toevoeging tot Datsun se internasionale reeks is die Cross, ‘n veeldoel-oorkruismodel met sewe sitplekke wat veiligheidskenmerke wat nog nooit tevore op hedendaagse Datsun-modelle beskikbaar was nie.

Ter viering van die internasionale groei van die Datsun-handelsnaam is die internasionale #DatsunLove Roadtrip-veldtog van stapel gestuur. Dit moedig eienaars, voornemende kopers en hul vriende aan om ‘n Datsun te bestuur en hul #DatsunLove-verhale op sosiale media te deel.

Wen met Datsun

Datsun Suid-Afrika sal aan plaaslike kopers die kans gee om een van drie pryse te wen; die eerste prys is ‘n reis na Bali vir twee, die tweede prys is ‘n inkopietog van R 20 000 en die derde prys is R 10 000 kontant. Verdere inligting hieroor sal mettertyd in die media bekendgemaak word.

%d bloggers like this: