Fuso Suider-Afrika, ‘n onderafdeling van Mercedes-Benz in Suid-Afrika,  het buigsame finansieringspakkette aangekondig om hulle reeks handelsvoertuie meer bekostigbaar te maak.

Die pakkette is gegrond op ‘n vaste afbetalingsooreenkoms, en twee afbetalings-tydperke is beskikbaar. Dit sluit byvoorbeeld ‘n afslagprys op die Fuso FE 7-136, ook bekend as die Canter, met ‘n onderstel en ‘n kajuit in.

Hierdie model, met net die onderstel en kajuit, kan teen ‘n kontantprys van R 299 540, BTW uitgesluit, gekoop word. Dit sluit die bak, bykomende ekstras en afleweringskostes uit.

Andersins kan die Canter met ‘n bak (ter waarde van tot R 50 000) met ‘n afbetalingsooreenkoms wat oor ‘n tydperk van 72 maande strek, gekoop word. Die maandelikse paaiement is dan R 6 699 met ‘n deposito van 12, 28% teen ‘n rentekoers van 10,75% en ‘n inisiasiekoste van R 1 500.

Daar is ook ‘n keuse om die Canter met ‘n bak (ter waarde van tot R 50 000) oor ‘n tydperk van 60 maande aft e betaal. Die rentekoers, inisiasiekoste en deposito bly dieselfde, maar die maandelikse paaiement is dan R 7 499.

Die Canter is geskik vir gebruik in verskeie sektore, onder meer landbou, uitverhuring, koerierdienste, logistiek en  insleepdienste, asook staatsdepartemente en ander klein en middelslag-ondernemings.

Soortgelyke pakkette bestaan ook vir die ander Fuso-modelle.

Hierdie aanbiedinge is geldig tot die 31ste Desember 2017. Verdere inligting, bepalings en voorwaardes is by enige Fuso-handelaar of op www.fuso.co.za beskikbaar.

%d bloggers like this: