Sedert die bekendstelling van die oorspronklike Audi Q5 in 2009 is meer as 11 000 eenhede in Suid-Afrika verkoop.

Die tweede geslag van hierdie gewilde luukse sportnutsvoertuig is pas hier bekendgestel, en drie modelle sal aanvanklik beskikbaar wees. Die twee Q5-modelle is die 2,0 TFSI en TDI, albei toegerus met opgeknapte weergawes van die turboaangejaagde tweeliterenjins wat in die vorige modelreeks beskikbaar was. Die 2,0 TDI se dieselenjin lewer 140 kW en 400 Nm  tussen 1 750 en 3 000 opm. Dié model kan in 7,9 sekondes van 0 tot 100 km versnel en ‘n topsnelheid van 218 km/h bereik. Volgens die vervaardiger is sy gemiddelde brandstofverbruik liter per 100 km en uitlaatgasse word teen 129 g/km uitgeskei. Die TFSI-enjin lewer 185 kw en 370 Nm se wringkrag en  sy gemiddelde brandstofverbruik is 6,8 liter per 100 km. Hierdie model skei uitlaagtasse uit teen 154 g/km. Audi se S-Tronic-raqtkas is standaardtoerusting op hierdie modelle.

Die topmodel in die reeks is die SQ 5, wat met ‘n V6-enjin van drie liter toegerus word. Hierdie model se enjin lewer 260 kw, asook 500 Nm teen tussen 1 370 en 4 500 opm. Die SQ 5 versnel van 0 tot 100 km/h in 5,4 sekondes en sy topsnelheid is beperk tot 250 km/h.  Volgens die vervaardiger is sy gemiddelde brandstofverfbruik 8,3 liter per 100 km en uitlaatgasse word teen 189 g/km uitgeskei. Die SQ5 het ‘n outomatiese Tiptronic-raktas met agt gange as standaardtoerusting.

Die nuwe quattro-aandrywingstelsel, met ultra-tegonlogie, is standaardtoertusting op al die modelle. Dit staan ook as “quattro on demand” bekend, en maak dat die motor net deur die voorwiele aangedryf word, behalwe in omstandighede waarin vierwielaandrywing noodsaaklik is. Wanneer die bestuursomstandighede van so ‘n aard is dat vierwielaandrywing onnodsig is, soos wanneer daar ‘n konstante snelheid op die oop pad gehandhaaf word, word daar na die meer doeltreffende voorwielaandrywing oorgeskakel.

Soos met ander Audi-modelreekse wat die afgelope tyd bekendgestel is, is die Q5 opsioneel beskikbaar met die Audi Virtual Cockpit, wat die instrumentpaneel soos die stuurkajuit van ‘n vliegtuig laat lyk. Die bestuurder het die keuse om die navigasiestelsel se uitleespaneel te vergroot, met die spoedmeter en toereteller wat onder in die hoeke te sien is. Daar is ook ‘n uitleespaneel agter  die voorruit opsioneel beskikbaar. Die motor se inligting-en-vermaakstelsel asook die navigasiestelsel word deur die MMI-kontrole in die middelste konsole beheer en handgeskrewe opdragte kan deur die stelsel uitgevoer word terwyl stembeheer die insette van alledaagse spraak kan vertolk.

Wat bestuurshulp betref, stel die Q5 nuwe standaarede in sy klas. Die aanpasbare spoedbeheer help dioe bestuurder wanneer daar stadig beweeeg word, soos in die geval van ‘n verkeersknoop. Daar is ook stelsels wat die bestuurder waarsku as die motor nie meer ‘n veilige afstand agter die voorste motor handhaaf nie of as die bestuurder per abuis uit sy of haar baan op die snelweg beweeg. Daar is ook ‘n stelsel wat die bestuurder waasku as ‘n botsing gaan plaasvind of as voetgangers of ander hindernisse in die voertuig se pad is.

Die Q5-modelle is beskikbaar in ‘n standaardmodel of met ‘n Sport-pakket. Die standaardmodelle se spesifikasies sluit die volgende in: 17-duim allooiwiele, ‘n banddrukmonitor, ‘n ruimtebesparende noodwiel, ‘n inligting-en-vermaakstelsel met USB- en AUX-sokke, klimaatbeheer, agterste parkeerhulp, LED-agterligte, xenon-kopligte, ‘n loeeroorgetrekte veelfunksiestuurwiel, spoedbeheer en Bluetooth-verbinding. Die Sport-pakket voeg onder meer die volgende by: LED-kopligte, 18-duim allooiwiele,  ‘n sierrooster wat uniek aan hierdie model is, sportsitplekke en aluminium-afwerking onder die deure aan die binnekant. Die SQ 5 het ‘n paar bykomende kenmerke wat hom van die res onderskei, onder meer 20 duim allooiwiele, sitplekke wat in ‘n kombinasie van leer en alcantara afgewerk is, buitespieëls met ‘n aluminium-afwerking,  elektries verstelbare voorsitplekke, ‘n sportstuurwiel met ‘n plat onderkant en ‘n dakdrukvlerk.

Die pryse van die nuwe Q5-modelle is soos volg:

2,0 TFSI quattro S Tronic-  R 698 000

2,0 TFSI quattro S-Tronic Sport- R 748 000

2,0 TDI quattro S-Tronic- R 747 500

2,0 TDI quattro S-Tronic Sport- R 797 500

S 5 quattro Tiptronic- R 1 044 000

 

Hierdie pryse sluit Audi se Freeway-onderhoudsplan, wat geldig is vir vyf jaar of 100 000 km, in.