Met sy sportiewe dog omstrede voorkoms het BMW se X2 tot dusver by ‘n jonger teikenmark as die res van dié vervaardiger se sportnuts-voertuie byval gevind, en nou is die lang verwagte vlagskip, die M 35i, eindelik by die reeks gevoeg.

Die uitstaande kenmerk van die nuweling is sy turbo-aangejaagde twee-liter- viersilinder enjin wat 225 kW teen tussen 5 000 en 6 250 opm en wringkrag van 450 Nm teen tussen 1 750 en 4 500 opm lewer. Dié enjin word gekoppel aan BMW se Sport Steptronic-ratkas met agt gange, met ratspane agter die stuurwiel waarmee ratte gewissel kan word wanneer die handrat funksie gekies word. Die M 35i kan binne vyf sekondes van 0 tot 100 km/h versnel en ‘n top-snelheid van 250 km/h bereik.

Aangesien die M 35i ‘n tipiese verrigtings model met die M-kenteken is, word hy toegerus met ‘n M-sport veerstelsel wat ingestel is vir om by sy sportiewe karakter te pas. Daarby is is ‘n aanpasbare stelsel met twee instellings wat met die hand verstel kan word om ‘n kombinaskei van rygemak en sportiewe hantering te verseker, opsioneel beskikbaar. Een uitstaande kenmerk wat vir die eerste keer in ‘n BMW met die M-kenteken gebruik word, is ‘n M Sport-ewenaar in die voorste as gemonteer is.  Onder hoogs dinamiese bestuurs-omstandighede verminder hierdie sluitbare ewenaar moontlike verlies aan vastrap vermoë op die voorwiele. Daarby is die M 35 se remstelsel opgeknap. Die M Sport-remstelsel word met vaste donkerblou remknypers toegerus terwyl remskywe van 18 duim voor en 17 duim agter konsekwente kort remafstande onder die moeilikste omstandighede verseker. Die M Sport-stuurstelsel dra ‘n indrukwekkend presiese en direkte gevoel aan die bestuurder oor.

Die sportiewe karakter word ook in die buitestilering weerspieël. Dit is gebaseer op die X2 se M Sport-pakket en sluit verskeie unieke stilerings elemente in Cerium-grys afwerking in. Die kopligte en misligte spog met volle hoë definisie-tegnologie; die sierrooster is in dié kleur afgewerk tesame met kantlug-uitlate om die beste moontlike verkoeling vir die enjin en die remme te verseker.  Die buitespieëls is in dieselfde grys kleur afgewerk. Aan die agterkant is daar ‘n kenmerkende drukvlerk met ‘n M Sport-uitlaat stelsel met twee pype, elk 100 mm in deursnee. Dansy die aangepaste knal-demper stelsel spog die M 35i met ‘n sportiewe enjin klank. Die M 35i het 19-duim allooiwiele in die 715M-patroon as standaard toerusting terwyl 20-duim-wiele in twee kleure met die 721M-patroon opsioneel beskikbaar is.

Soos met die buitekant is die motor se binnekant ‘n verdere aanduiding van sy karakter; ‘n M Sport-stuurwiel met ratspane is standaard toerusting en aan die binnekant is daar stroke met die M 35i-kenteken.  Die opsionele M Sport-sitplekke word met geïntegreerde kopstutte toegerus; dit bied nie net die nodige ondersteuning onder dinamiese bestuurs-toestande nie, maar ook gemak en veiligheid. Wat die bekleedsel betref, is die keuses beskikbaar; material en Alcantara in swart met blou afwerking, swart Dakota-leer en Dakota Magmared-leer. Daar is ook  bypassende sitplek gordels met die M-embleem.

Die M 35i spog met ‘n inligting-en-vermaak stelsel wat onder meer uit die volgende bestaan: voorbereiding vir Apple Car Play, satelliet navigasie, werklike inligting oor verkeers-toestande, intelligente vermoë om nood-oproepe te maak, en ‘n koordlose selfoonlaaier. Die mees gevorderde vertoonpaneel tussen die instrumentepaneel en die voorruit van ‘n voertuig in hierdie marksegment is opsioneel beskikbaar.

Die prys van die X2 M 35i, wat ‘n BMW Motorplan van vyf jaar of 100 000 km insluit, begin by R 809 100.

%d bloggers like this: