Breaking News

Citroën Serenity sorg vir uitstekende naverkoopdiens

Toe Citroën  teen die einde van 2019 sy hertoetrede tot die Suid-Afrikaanse mark gemaak het, was daar baie vrae oor die naverkoopdiens wat eienaars sou geniet.

Daarom het die vervaardiger Citroën Serenity bekendgestel, om seker te maak dat eienaars die gemoedsrus kry wat hulle nodig het en Peugeot en Citroën se langtermynverbintenis tot die Suid-Afrikaanse mark te herbevestig.

Die pakket, wat vir die C3, die C3 Aircross en die C5 Aircross beskikbaar is, sluit die volgende in; ‘n waarborg en diensplan van vyf jaar of 100 000 km, ‘n hoflikheids-motor, ‘n komplimentêre ondersoek van die voertuig se toestand, vasgestelde onderdelepryse en Microdot, wat die voertuig vinnig en maklik kan uitken indien dit gesteel word.  Die klante diens-sentrum is 24 uur in werking, en bied padbystand, asook ‘n herinnering wanneer die motor se lisensie, diensplan en waarborg verval. Citroëns kan by enige geakkrediteerde Peugeot-en-Citroën-handelaar gediens word.

Volgens Xavier Gobille, die besturende direkteur van Citroën Suid-Afrika, is klantediens die maatskappy se hoogste prioriteit en die oogmerk is om lojaliteit by klante te kweek en die handelsmerk se waarde te verhoog. Dit verseker dat die voertuig professioneel in stand gehou word, en net egte onderdele word hiervoor gebruik. Daar is ook gee versteekte kostes binne die waarborg-tydperk nie. Dit alles maak die ervaring om ‘n Citroën te besit, meer aangenaam en gee die motor se hervekoopwaarde ‘n hupstoot. 

Die kombinasie van ‘n toegewyde span, ‘n opwindende modelreeks en ‘n hoogs gemotiveerde handelaars-netwerk wat klantediens eerste stel, dui volgens Gobille daarop dat daar ‘n opwindende toekoms vir Citroën in Suid-Afrika voorlê.

%d bloggers like this: