Breaking News

Splinternuwe Toyota luikrug is nou Corolla

Deur Gerrie Smit.

Toyota se nuwe luikrug heet nou Corolla. Die vorige geslagte Toyota luikrugte het hulle eie identiteit gehad; dink maar aan die Conquest, Die Run-X en die Auris. Internasionaal word Toyota se deelnemers in die C-segment nou almal Corolla’s genoem. Hierdie nuwe 12de geslag Corolla-reeks bestaan uit ‘n koepee-, sedan-, luikrug-, “liftback”- en ‘n stasiewa. Suid-Afrika kry net die luikrug-weergawe.

Die nuwe Corolla Hatch soos die Suid-Afrikaanse Corolla luikrug-model voortaan bekend sal staan is algeheel 40 mm langer, 30 mm breër en 25 mm laer as die Auris-model wat dit vervang.

Die nuwe Corolla-luikrugreeks het ook ’n splinternuwe binneruim met ’n groot, moderne en samehangende kajuitomgewing waarin nuwe teksture, kleure en beslag die beste visuele en tasbare gehalte bied.

Die Corolla Hatch is gebou op die nuwe Toyota Nuwe Globale Argitektuur-platform (TNGA). Die TNGA platform vir die C-segment beoog om ʼn meer genotvolle bestuurservaring te verkry deur die swaartepunt met 10 mm te verlaag, ’n standaard-veelskakelagtervering en bakwerk wat 60% stewiger is met staalversterking in kerngedeeltes. Al hierdie faktore dra by tot beter hantering en stabiliteit, sonder om gemak en rygenot in te boet. Alle nuwe TNGA-voertuie gee voorkeur aan die hoogste aktiewe en passiewe veiligheidstandaarde. Die nuwe Corolla is ontwerp om aan die veiligheidsvereistes van onafhanklike botstoetsprogramme te voldoen.

In die bakwerk word veral aluminium, versterkte staal en warm-gestempelde materiale gebruik om die voertuig se gewig te verminder en sodoende brandstofdoeltreffendheid te verhoog.

Die nuwe Corolla gebruik Macpherson-stutte in die voorvering en ’n nuwe veelskakelstelsel aan die agterkant.

Die kompakte verpakking van die nuwe veelskakel-agtervering beteken ’n groter bagasieruim.

Die nuwe Corolla het 16”-allooiwiele.

’n Oorvloedige gebruik van klankabsorberende en -dempende materiaal in die enjinruim, sowel as drie lae klankdempende materiaal in die paneelbord, verminder die hoeveelheid enjin- en transmissieklank wat in die kajuit deursypel. Ander maatreëls sluit in die gebruik van ʼn ingeboude klankdempende materiaal in die vloer, die verhoogde gebruik van bakseëlwerk in die gapings tussen panele en die gebruik van skuimmateriaal in verskeie dele van die bakwerk om die binnedringing van wind- en padgeraas te verminder.

Daar is 3 Corolla Hatch-modelle in Suid-Afrika beskikbaar. Daar is twee graderings: Xs  (middelgradering) en Xr (hoëgraad). Daar is twee “Xs”-modelle; Een met ‘n sesgang-ratkas en die ander met ‘n 10-gang CVT-outomatiese ratkas. Die standaard-spesifikasievlak van die X-gradering bied oorvloedige gemak- en geriefstoerusting soos ligdiode-kopligte met ligdiode-dagrylite, dubbelsone-klimaatbeheer, sleutellose toegang, spoedbeheer, elektries beheerde verhitte buitespieëls, inligting-kleurskerm, truratkamera, elektries beheerde vensters en spoedsensitiewe deursluiting.

ʼn Elektriese parkeerrem werk ekstra instinktief deur outomaties te sluit wanneer die voertuig afgeskakel word en ontkoppel wanneer die motor aangeskakel en in rat gesit word sodra die bestuurder die versneller trap. Opdraande-wegtrekhulp wat die motor langer op een plek hou is in die stelsel ingebou.

Die Xr-weergawe bou hierop voort en voeg Sport-voorsitplekke in ʼn leer-en-Alcantara-kombinasie, elektries verstelbare bestuurder-laerugsteun en sitplekverhitting vir die bestuurder en voorste passasier by. Blindekolmonitering rond die Xr-pakket af.

Die Corolla Hatch het verskeie aktiewe en passiewe veiligheidskenmerke met lugsakke vir die bestuurder en voorste passasier sowel as kant-, gordyn- en bestuurdersknielugsakke. Voertuigstabiliteitsbeheer is standaard deel van die volledige pakket elektroniese hulpmiddels (sluitwerende remstelsel, elektroniese remkragverdeing, remhulp en opdraandewegtrekbeheer). ISOFIX-kindersitplekankerpunte word ook verskaf.

Daar word slegs die turbo-aangejaagde 1,2ℓ vier-silinder wat ook in die C-HR aangewend word, vir al drie van die nuwe Corolla ingespan. Die 1.2T-enjin, wat ’n verplasingsinhoud van 1 197 cm3 het, het ‘n kraglewering van 85 kW en ’n konstante wringkragkurwe van 185 Nm tussen 1 500 en 4 000 r/min. Die handrat Corolla Hatch versnel van 0 tot 100 km/u in 9,5 sekondes (10,4 sekondes vir die CVT) en het ’n topspoed van 200 km/u (190 km/u vir die CVT).

Al drie die modelle se amptelike brandstofverbruik 6,1 ℓ/100 km.

Die Corolla Hatch is met twee soorte ratkas beskikbaar – ’n handratkas of palwissel-transmissie (CVT). Die 6-gang-handratkas is toegerus met Toyota se intelligente handratwerking (iMT). Hierdie gebruiker-kiesbare stelsel bied terugskakeling wat by die enjinspoed inskakel, verminder die waarskynlikheid om die enjin te laat stol en lewer soepel ratwisseing wat ’n moeitelose ryervaring bied. ’n Nuwe 10-gang- Sport-sekwensiële palwisseltransmissie (CVT) bied outomatiese wisseling terwyl die handratmodus van die CVT 10 voorafgeprogrammeerde wisselstappe aktiveer wat konvensionele ratverhoudings namaak.

Dit bied ook ’n nuwe meganiese wegtrekrat om vinnige versnelling “van die lyn af” te bevorder en ’n meer direkte gevoel te skep wanneer die motor wegtrek.

Al die Corolla Hatch-weergawes het ʼn 90 000 km-diensplan vir ses versienings en ʼn driejaar-/100 000 km-waarborg. Dienstussensposes is elke 12 maande of 15 000 km.

Pryse:

  • Corolla Hatch 1.2T Xs 6MT – R336 800
  • Corolla Hatch 1.2T Xs CVT – R347 400
  • Corolla Hatch 1.2T Xr CVT – R367 100

 

 

23 thoughts on “Splinternuwe Toyota luikrug is nou Corolla

  1. I love what you guys tend to be up too. This
    sort of clever work and exposure! Keep up the amazing works
    guys I’ve added you guys to my personal blogroll.

  2. Appreciating the dedication you put into your website and detailed information you provide.
    It’s good to come across a blog every once in a while
    that isn’t the same outdated rehashed information. Wonderful read!
    I’ve bookmarked your site and I’m adding your RSS feeds to my Google account.

  3. It’s perfect time to make some plans for the future and it’s time to be
    happy. I have read this post and if I could I want to suggest
    you some interesting things or tips. Maybe you could write next articles referring to
    this article. I wish to read even more things about it!

  4. Hello everyone, it’s my first go to see at this web page, and article is actually fruitful in favor of me,
    keep up posting these posts.

  5. Tһiis is reaally interesting,You are a very professional
    bⅼoggeг. I’ve jοіned your rѕs feeⅾ and sit up for
    searching for moe of your fantastic post. AԀditionalⅼy, I have
    shated your site in my social networks

  6. I’m not sure why but this web site is loading incredibly slow for
    me. Is anyone else having this problem or is it a issue on my end?
    I’ll check back later on and see if the problem still exists.

  7. Hey I know this is off topic but I was wondering if
    you knew of any widgets I could add to my blog that automatically tweet my newest twitter updates.
    I’ve been looking for a plug-in like this for quite some
    time and was hoping maybe you would have some experience with something like this.
    Please let me know if you run into anything. I truly enjoy reading
    your blog and I look forward to your new updates.

  8. It’s perfect time to make a few plans for the longer term and it’s time to be happy.

    I’ve learn this put up and if I could I want to recommend
    you few interesting things or tips. Perhaps you can write next articles regarding this
    article. I want to learn even more issues approximately it!

  9. Its like you read my mind! You seem to know a lot about
    this, like you wrote the book in it or something.
    I think that you could do with a few pics to drive the message home a little bit,
    but other than that, this is excellent blog.
    A fantastic read. I will definitely be back.

  10. It is perfect time to make a few plans for
    the long run and it’s time to be happy. I have read this post and if I may just
    I wish to recommend you few interesting things or suggestions.
    Maybe you can write subsequent articles regarding this article.
    I want to learn even more things about it!

  11. Hi, I do believe this is an excellent web site. I stumbledupon it
    😉 I am going to return yet again since i have bookmarked it.
    Money and freedom is the best way to change, may you be rich and continue to guide others.

  12. you are in reality a just right webmaster. The site loading
    pace is incredible. It sort of feels that you’re doing any distinctive trick.

    Moreover, The contents are masterpiece. you have done a wonderful activity on this topic!

  13. Hello There. I found your blog using msn. This is a really well written article.
    I’ll be sure to bookmark it and return to read more of
    your useful info. Thanks for the post. I will definitely comeback.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: