Breaking News

Drie Jack Roush Mustangs op pad na Suid-Afrika

Ter viering van Jack Roush se opname in die NASCAR-heldesaal, het Roush Performance  ‘n spesiale 2020 Jack Roush-weergawe van die Ford Mustang bekendgestel.

Daar sal net sestig van hierdie motors vir die Amerikaanse mark gebou word en net nog tien vir die internasionale mark. Drie van hulle sal na Suid-Afrika kom, wat hom dadelik ‘n versamelaars item sal maak. Die Jack Roush-weergawe sal met ‘n hand- of outomatiese ratkas beskikbaar wees.

Die 2020 Jack Roush Mustang maak gebruik van  die bekende vyfliter V8-enjin met ‘n Roush fase 3-drukaanjaer wat maksimum kraglewering van 578 kW en wringkrag van 908 Nm moontlik maak. Dit beteken dat die 2020 Jack Roush Mustang die kragtigste Mustang ooit is. Roush het elke aspek van hierdie Mustang ingestel, onder meer die enjin verkoeling, die aërodinamika, die remme en die rekenaar beheerde Magne Ride-veerstelsel.  Soos met die meeste hedendaagse sportmotors spog die 2020 Jack Roush Mustang met ‘n aktiewe drukvlerk wat van koolvesel gemaak is en al hoe beter funksioneer soos wat die motor se snelheid toeneem.

Enigiemand wat meer inligting nodig het, kan in verbinding tree met Performance Centre by info@performancecentre.co.za, of 012 003 7000.

%d bloggers like this: