Breaking News

Elektriese‌ ‌Audi’s‌ ‌gou‌ ‌hier‌ ‌

Meer as ‘n honderd jaar lank is Audi al bekend vir tegnologiese uitnemendheid,soos die quattro-tydrenmotors van die 1980’s en die Le Mans-wenners wat van gevorderde diesel-tegnologie gebruik gemaak het, bewys.

Nou is Audi gereed om dit verder te voer met die e-tron; die eerste ten volle elektriese Audi-modelreeks wat in die eerste kwartaal van 2022 in Suid-Afrika bekendgestel sal word. Altesaam ses modelle oor drie modelreekse sal beskikbaar wees. 

Audi is ten volle verbind tot die internasionale neiging na volle volhoubaarheid en sien uit daarna om Suid-Afrikaanse motoriste se persepsie van elektriese motors te verander.  Die bekendstelling van die e-tron-reeks sal die hoogtepunt wees van die maatskappy se algehele vernuwing van sy modelreeks, wat reeds die jongste in die marksegment vir weeldemotors is.

Die reeks sal bestaan uit twee sportnuts-voertuie, naamlik die e-tron 50 en 55, die e-tron Sportback en Sportback S, wat omtrent so groot soos die A5 Sportback is en twee hoëverrigtings-modelle wat omtrent dieselfde grootte as die A7 Sportback is, naamlik die e-tron GT en die RS e-tron GT. Audi beplan om teen 2026 heeltemal met binnebrand enjins weg te doen, en alle modelle wat van daardie jaar af bekendgestel word, sal ten volle elektries wees. 

Die maatskappy sal verdere besonderhede van die modelreeks binne die volgende paar maande bekendmaak, totdat die e-tron vroeg in 2022 in Suid-Afrika bekendgestel word. Pryse en spesifikasies sal met die bekendstelling aangekondig word.

 

%d bloggers like this: