Breaking News

Elektriese Jaguar is hier

Een van die mees lang verwagte nuwe modelle van 2019, wat ook pas as Europese Motor van die Jaar aangewys is, is pas in Suid-Afrika bekendgestel.

Die Jaguar i-Pace is die eerste elektriese sportnuts-voertuig op die Suid-Afrikaanse mark, en kan tot 470 km aflê voordat die battery weer gelaai moet word. Dit is die eerste elektriese voertuig op die Suid-Afrikaanse mark wat bekendgestel word tesame met ‘n openbare netwerk wat maak dat die battery vining gelaai kan word. Nie net bied die i-Pace ‘n besoedelings-vrye alternatief vir mense wat gereeld pendel nie, dit stel eienaars ook in staat om langer ritte te onderneem as wat voorheen met ‘n elektries-aangedrewe voertuig moontlik was.

Die i-Pace gebruik ‘n gevorderde lithium-ionbattery met 432 selle wat op verskillende manière gelaai kan word, onder meer die 7,4 kW-kragbokse wat tuis geïnstalleer kan word asook openbare laaistasies langs die Jaguar Powerway, ‘n netwerk van laaistasies by winkelsentrums, stedelike roetes wat gereeld gebruik word en elke Jaguar Land Rover-handelaar in Suid-Afrika.

Volgens Brian Hastie, die spanleier van die elektrifisering van Jaguar Land Rover in Suid-Afrika en Afrika suid van die Sahara, is dit so goed soos om elke dag ‘n vol brandstoftenk te hê wanneer die i-Pace tuis gelaai word. Elke i-Pace het ‘n universele kragkabel wat by huishoudelike kragpunte gebruik kan word, as standaard toerusting; dit duur 24 uur om die motor se battery vol te laai indien hierdie metode gebruik word. Die opsionele kragboks wat by die eienaar se huis aangebring kan word, kos R 25 000 en die motor kan op hierdie manier binne 12 ure vol gelaai kan word, wat beteken dat dit ideal sal wees vir diegene wat hul motors oornag wil laai. Die tyd wat dit duur om die battery by ‘n openbare laaistasie te laai, hang af van die kapasiteit van die stasie, maar dit duur omtrent 72 minute om die battery tot by 80% te laai met ‘n 60 kW-laaistasie terwyl dit nog 20 minute duur om dit vol te laai. Dit is belangrik om kennis te neem van die feit dat die laai van die battery grootliks verskil van die manier waarop ‘n binnebrand-enjin se brandstof-tenk volgemaak word. Die brandstof-tenks van motors met binnebrand-enjins word volgemaak terwyl die tenk nog leeg is, maar dit sal selde gebeur dat ‘n elektriese motor se battery gelaai word wanneer dit 0% vol is. Dansy slim tegnologie sal die battery van die i-Pace outomaties toeneem of afneem om te verseker dat die beste moontlike reikafstand behaal word voordat die motor wegtrek.

Twee Jaguar-ontwerpte elektriese enjins, met dryfaste wat deur die enjins self loop om kompaktheid te verseker, is op elke as geplaas en lewer uitsonderlike krag, naamlik 294 kW en wringkrag van 696 Nm, terwyl vierwiel aandrywing standaard toerusting is. Die werk-verrigting vergelyk goed met dié van ‘n sportmotor, en dit duur net 4,8 sekondes om van 0 tot 100 km/h te versnel. Daarby bied die i- Pace uitsonderlike rygerief en bestuursgenot.

Daar is op hierdie stadium niks wat met die i-Pace kan vergelyk wat voorkoms of bestuurs ervaring betref nie. Sy koepee-agtige silhoeët is deur die Jaguar CX-75-supermotor geïnspireer en die ontwerp met die kajuit so ver vorentoe as moontlik tesame met die regaf agterkant maak ‘n sleurkoëffisiënt van 0,29 moontlik.

Die binnekant is só uitgelê dat daar soveel ruimte moontlik vir alle insittendes is, en die aandag wat aan detail gegee word, onderskei dit as ‘n rasegte Jaguar. Die buitontwerp en elektriese kragbron maak ruimte wat vergelykbaar is met dié van ‘n groot sportnuts voertuig moontlik. Aangesien daar geen ratkastonnel is nie, was dit vir die ontwerpers moontlik om ‘n groot bêreplek vir los goedere, met ‘n kapasiteit van 10,5 liter, in die middel van die kajuit aan te bring. Daarby kan ‘n skootrekenaar onder die agter-sitplekke gebêre word. Die bagasierum hou 656 liter met die agter-sitplekke regop en 1 453 liter wanneer die sitplekke platgevou word.

Die i-Pace is die eerste Jaguar met die Touch Pro Duo-inligting-en-vermaakstelsel. Dit maak onder meer van raakskerms en fisiese kontroles gebruik en kan maklik baasgeraak word. Dit sal ook makliker wees vir eienaars om gereelde inligting oor die energiebeheer van die battery en ander inligting te kry aangesien programmatuur oor die internet beskikbaar sal wees. Daar is drie afwerkingsvlakke vir die i-Pace beskikbaar. Die S word toegerus met onder meer allooiwiele van twintig duim, ‘n tru-kamers, spoedbeheer, LED-kopligte, satellietnavigasie en 360 grade parkeerhulp. Die SE voeg onder meer die volgende kenmerke by; ‘n agterklap met elektriese werking, kopligwassers, elektries verstelbare voorsitplekke met tien verstellings pleks van agt, verhitte trusspieëls wat elektries kan invou en ‘n blindekolmonitor. Die HSE is die vlagskip van die reeks; onder sy bykomende standaardkenmerke is ‘n agterklap wat ook met handgebare beheer kan word, geventileerde voorsitplekke met agttien verstellings asook verhitte agtersitplekke en ‘n 360 grade-kamera.

Jaguar Powerway is ‘n landwye netwerk van laaistasies, nie net by alle Jaguar Land Rover-handelaars nie, maar ook in winkelsentrums in stede soos Pretoria, Johannesburg, Bloemfontein, Kaapstad, Port Elizabeth en Oos-Londen. Verder sal daar ook laaistasies wees op die N1 tussen Gauteng en Kaapstad, die N2 van Kaapstad tot Oos-Londen, en die N3 tussen Gauteng en Durban. Jaguar Land Rover-eienaars sal ‘n RFID-kaart kry om laaistasies te aktiveer en die elektriese rekening sal op hierdie kaart bestuur word. Hierdie kaarte kan deur middel van elektroniese oorplasings aangevul word op dieselfde manier wat selfoonlutyd gekoop word. Daar sal ook ;n 25%-afslag vir eienaars van Jaguar-elektriese voertuie wees. Die tarief, wat soos die brandstofprys wissel, is tans tussen R 3,00 en R 3,50 per 1kWH’ dit beteken dat dit tussen R 270 en R315 sal kos om ‘n 90 kWH-battery te laai; ‘n breukdeel van die koste van ‘n vol tenk brandstof.

Die pryse van die i-Pace-reeks, wat ‘n batterywaarborg van agt jaar of 160 000km insluit, lyk soos volg:

i-Pace S: R 1 687 200
i-Pace SE: R 1 745 400
i-Pace HSE: R 1 820 900
i-Pace First Edition: R 1 920 700

20 thoughts on “Elektriese Jaguar is hier

  1. Great work! This is the type of information that are supposed to be shared across the web.

    Shame on the search engines for no longer positioning this submit
    higher! Come on over and seek advice from my web site .
    Thanks =)

  2. Yⲟu can definitely see yoᥙr skіlls in the article you write.
    The arna hoples for mߋre passionate writers like you who aren’tafraid to mentiߋn how thewy believe.
    At aⅼⅼ times follow your heart.

  3. Undeniably belieѵe that which you statеd. Yoսr favorite juѕtificаtiߋn sеemed to be
    on the іnternet the easiest thing to be aware of.
    I say to you, I definitely ցet irked wuile people tthink
    about worries that they just don’t ҝnow about.
    Yoou managed to hit thee nail upon the top as well as defined out the whole thing without hɑving side-effeсts , peopⅼe can take a signal.
    Will likely be back to get more. Thanks

  4. Hi, Neat post. There is a pгoblem along with your site iin internet explorer, would
    test this? IE nonetheless is thе marketplsce leader and a
    good component to other folks will misѕ your great writing duee to
    this probⅼem.

  5. Link еxchanmge is nothing else except іt is onl placіng the
    other person’s blog ⅼink on your page at proper place and other
    person wull alѕo do similar in suppߋrt of you.

  6. I hsѵe been exploring for a littⅼe bit for any high quality
    articles οг blog posts in this kind of house .
    Exploring in Yahoo I finalⅼy stumble uⲣon this websitе.
    Reading this info So i’m satisfied to eⲭpress thnat I’ve
    an incrediЬly just right uncanny feeling I found outt exactly whɑt
    I needed. I such a lot nno doubt will make sure to don?t fail to remember thіs weƄsіtе and provides it a look on ɑ continuing basis.

  7. My programmer is trying to persuade me to move to .net from PHP.
    I have always disliked the idea because of the expenses.
    But he’s tryiong none the less. I’ve been using
    Movable-type on several websites for about a year and am concerned about switching to another platform.

    I have heard very good things about blogengine.net.
    Is there a way I can import all my wordpress content into it?
    Any help would be really appreciated!

  8. This design is wicked! You most certainly know how to keep a reader entertained.

    Between your wit and your videos, I was almost moved to start my own blog (well, almost…HaHa!) Great job.
    I really enjoyed what you had to say, and more than that,
    how you presented it. Too cool!

  9. Hօwdy! This is mmy firstt visіt to your blog! We are а collection of volunteers and starting a new initiatіve in a community in the ѕame niche.
    Yourr blog provіded us valuable information to work on. You have done a wwonderful job!

  10. Wonderful beat ! I wish to apprentice while you amend your website,
    how can i subscribe for a blog site? The account helped
    me a acceptable deal. I had been a little bit acquainted of this your broadcast provided bright clear idea

  11. This is really interesting, You’re a very skilled blogger.

    I have joined your feed and look forward to seeking more of your
    excellent post. Also, I’ve shared your web site in my social networks!

  12. I was rеcommended this wеbsite by my сousin. I am nnot sure whether this post iss
    writtеn by him as nobody else know such detaіled about my trouble.You’re wonderful!
    Thanks!

  13. Howdy just wanted to give you a quick heads up. The text in your content seem to
    be running off the screen in Chrome. I’m not sure if this is a format issue
    or something to do with internet browser compatibility but I figured I’d post
    to let you know. The layout look great though! Hope you get the problem
    solved soon. Many thanks

  14. Hello to all, since I am really keen of reading this webpage’s post to be updated regularly.
    It includes fastidious material.

  15. Ahaa, its fastidious dialogue concerning this article here at this web site, I have
    read all that, so at this time me also commenting
    at this place.

  16. Hi, i think that i saw you visited my website thus i came to “return the
    favor”.I am attempting to find things to improve my website!I suppose its
    ok to use some of your ideas!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: