Breaking News

FAW se seston-staatmaker groot rede vir sukses

Ses jaar gelede het FAW Trucks ‘n model op die mark gebring wat sedertdien ‘n belangrike rol in dié vervaardiger se sukses op die Suid-Afrikaanse mark gespeel het.

Die 8.140 FL is miskien die kleinste model in die plaaslike FAW-vragmotorreeks maar ondanks sy kompakte afmetings is dit ‘n praktiese en veelsydige werkesel wat groot byval by boere en eienaars van sakeondernemings vind. FAW Trucks het sekergemaak dat die 8.140 FL kostedoeltreffendheid met die beste moontlike loonvrag kombineer en so min tyd moontlik in die werkswinkel deurbring. Dit alles word gedoen sonder om die gehalte waarvoor die handelsmerk bekend is, in te boet.  Die maatskappy is geloof vir die bekendstelling van ‘n modelreeks wat dieselfde duursaamheid en werksvermoë as sy groter stalmaats bied, maar net met kleiner afmetings.

Volgens Yongjun Li, die uitvoerende hoof van FAW Trucks in Suid-Afrika, is die terugvoer van klante ‘n belangrike rede vir die 8.140 FL se sukses die afgelope ses jaar; asook die feit dat veeleisende toetse op hom uitgevoer is voordat hy in Suid-Afrika bekendgestel is. Dit is gedoen om te verseker dat hierdie model die moordende en unieke omstandighede toestande waarin vragmotors in Afrika moet kan werk, kan baasraak.

Li voeg by dat die Suid-Afrikaanse mark uiters mededingend is; daarom verwag klante dat hul vragmotors taai en duursaam moet wees terwyl brandstof-doeltreffendheid en ‘n lae massa uiters belangrik is. Daarby moet die vragmotor ook tegnologies gevorderd wees. Danksy FAW Trucks se verbintenis tot volgenoue navorsing, ontwikkeling en toetse, voldoen die 8.140 FL aan al hierdie vereistes en soveel meer. Die 8.140 FL is afkomstig van China en word in die Coega-distrik van die Nelson Mandelabaai-metrogebied vervaardig.

Die 8.140 FL is ‘n praktiese en veelsydige werkesel, met ‘n loonvrag van ses ton en plek vir ‘n bestuurder en twee passasiers. Die ruim kajuit word toegerus met lugversorging en ‘n radio met ‘n MP 3-speler en ‘n USB-kragpunt. Hierdie model bied trouens al die kenmerke van ‘n swaar vragmotor teen die prys van ‘n middelslag-vragmotor.

Wanneer die kajuit gekantel word, kry ‘n mens toegang tot die 3,8 liter Cummins ISF-turbo-diesel enjin wat oor ‘n water- en tussenverkoeler beskik. Hierdie enjin lewer 105 kW teen 2 600 opm en wringkrag van 450 Nm teen tussen 1 200 en 2 200 opm. Tot dusver was ‘n ZF- handratkas met ses gange en ‘n enkelplaat-hidouliese koppelaar met lugbystand standaard toerusting. In Julie vanjaar is die reeks uitgebrei toe ‘n bykomende model met die Allison 1000-outomatiese ratkas met ses gange bekendgestel is. 

Die 8.140 FL word toegerus met ‘n lugveringstelsel met ABS en ‘n parkeerrem wat die veiligheid van die bestuurder , die vragmotor en dir vrag wat vervoer word, verseker. Soos dit ‘n werkesel betaam, word ‘n leerraam-onderstel, met semi-elliptiese bladvere gebruik. 

Verskeie bakwerk-opsies is vir die 8.140 FL gebruik, onder meer ‘n valkantbak, ‘n wipbak en ‘n onderstel en kajuit wat die eienaar in staat stel om die bak wat aan sy behoeftes te voldoen, te monteer. Die vragmotors word gerugsteun deur ‘n onbeperkte waarborg van twee jaar, en die nasionale verspreidingsentrum vir onderdele by Spartan in Kempton Park voorsien onderdele aan take in Durban, Harrismith en Kaapstad. 

Die prys van die standaardmodel met ‘n onderstel en kajuit is R 315 000. 

%d bloggers like this: