Breaking News

FAW se tienton-staatmaker vind wyd byval

Die Chinese vragmotorvervaardiger FAW het hom die afgelope jaar al hope meer in die Suid-Afrikaanse mark gevestig, en di maatskappy se handelaarsnetwerk het ‘n silwer toekenning tydens die NADA-indeks vir handelaarstevredenheid gewen.

Een van die belangrikste redes vir FAW se volgehoue sukses is die 15-180, met ‘n loonvrag van 9,8 ton, wat beskikbaar is as ‘n vragdraer en ‘n model met net ‘n onderstel en kajuit. en ook die keuse van ‘n wipbak bied. Volgens die verbaardiger is hierdie modelreeks uiters geskik vir boere, kontrakteurs, maatskappyvlote en koerierdienste.

Al die modelle in hierdie reeks word aangedryf deur ‘n 6,5 liter turbodieselenjin met ‘n tussenverkoeler. Hierdie enjin, wat aan ‘n sesgang-handratkas gekoppel word, lewer 132 kW teen 2 300 opm en wringkrag van 650 Nm teen tussen 1 400 en 1 600 opm. ABS-remme en kragstuur is standaardtoerusting en die brandstoftenk in alle modelle kan 150 liter hou. Aan die binnekant is lugversorging, asook ‘n radio met ‘n MP 3-speler en ‘n USB-kragpunt standaardtoerusting.

Die 15-180 beskik oor ‘n vasgenaelde leerraamonderstel met semi-elliptiese bladvere en skokbrekers met ‘n dubbele aksie aan die voorkant. Aan die agterkant is daar semi-elliptiese bladvere met hulpvering. 

Daar is verskeie bakvorms wat by verskillende gebruikers se behoeftes pas. Benewens die gewone valkantbak kan die 15-180 FL  met ‘n paneelwa-agtige bak bestel word . Daarby kan die voornemende koer bloot een met ‘n onderstel en kajuit koop en die geskikte bak vir die doeleindes waarvoor die vragmotor gebruik word, laat monteer.  Die 15-180 FT is ‘n voorhaker waaraan ‘n sleepwa gemonteer kan word; sy bruto kombinasiemassa is 24 ton. Die wipbakmodel is die 15-180 PT; hierdie model vind veral byval by die konstruksiebedryf, veral as geolg van sy lonvrag van 10,3 ton.

Ten einde FAW-eienaars se behoeftes aan onderdele te bevredig, is ‘n sentrale pakhuis by Spatan naby Kempton Park in Gauteng opgerig, van waar dit na Gauteng, Harrismith, Durban en Kaapstad versprei word. Daar is ook ‘n handelaarsnetwerk met opgeleide tegnici wat versienings en herstelwerk kan uitvoer. Die vragmotors word in die Coega-gebied van die Nelson Mandelabaai-metrogebied vervaardig.

Die reeks word gerugsteun deur ‘n waarborg van twee jaar ongeag die vragmotor se kilometerafstand terwyl ‘n diensplan van drie jaar of 180 000 km teen ekstra koste beskikbaar is. Die handelaarsnetwerk strek oor Suid-Afrika, Mosambiek, Lesotho, eSwatini en Namibië.

%d bloggers like this: