Ford Figo trek sy stapstewels aan

0 Comments

Ford het pas sy gewilde Figo-reeks uitgebrei met die toevoeging van twee Freestyle-modelle.

Die Freestyle word as ‘n kompakte nutsvoertuig bemark, en is gemik op jong kopers wat op soek is na ‘n goedkoper en meer kompakte alternatief vir ‘n sportnuts-overtuig, maar wat nog steeds hy hul aktiewe en avontuur-lustige leefstyle sal inpas. Die Figo Freestyle is die intreemodel van Ford se sportnuts-voertuig-reeks, wat ook die Eco Sport, die Kuga en die Everest insluit. 

Daar is twee modelle in die Figo Freestlye-reeks, naamlik die Trend en die Titanium. Albei modelle spog met stilerings-kenmerke soos dakspore, dubbelspeek-allooiwiele van 15 duim, swart wielboë, skermplate voor en agter wat die bakwerk teen moontlike skade beskerm, swart omhulsels vir die misligte, spesiale kantstrepe en ‘n Freestyle-kenteken op die agterklap. Die Freestyle se grondvryhoogte van 190 mm verseker ‘n hoë sitposisie en maak hom uiters geskik vir grond paaie.

Aan die binnekant is daar unieke bekleedsel vir albei modelle met gestreepte elemente en kontrasterende sitkwerk teen ‘n swart agtergrond. Daar is ook skermplate aan die binnekant van die deure met die Freestyle-kenteken. Albei modelle het parkeer-sensors as standaard toerusting en die klankstelsel bevat Bluetooth-verbinding, saam met USB- en AUX-kragpunte. Daar is ook plek om ‘n selfoon te monteer terwyl dit gelaai word.  Die Titanim spog met verskeie bykomende kenmerke, soos ‘n trukamra, die Sync 3-inligting-en-vermaak stelsel met stembeheer en Android Auto- asook Apple Car Play-verbinding, sleutel-lose toegang met ‘n aansit knoppie, outomatiese klimaat-beheer en outomatiese kopligte en ruitveërs. Die Titanium word ook met Ford se MyKey-stelsel toegerus. Dit stel eienaars in staat om ‘n sleutel vir jong bestuurders te programmer; die volume van die klankstelsel kan beperk word, inkomende foon-oproepe kan verhinder word, die voertuig se topsnelheid kan beperk word en  die klank stelsel kan afgeskakel word wanneer die motor se sitplek-gordels nie gebruik word nie.

Die Freestyle het presies dieselfde enjin as die ander modelle in die Figo-reeks. Dié drie-silinder eniin van 1,5 liter lewer 91 kW teen 6 500 opm en wringkrag van 150 Nm teen 4 250 opm.  Volgens die vervaardiger is die Figo se gemiddelde brandstof verbruik 5,5 liter per 100 km.  Albei modelle word met ‘n handratkas met vyf gange toegerus.

Albei modelle word toegerus met veiligheids kenmerke soos ABS-remme, deure wat outomaties sluit wanneer die motor wegtrek, ‘n alarm en immobiliseerder en parkeersensors, Die Titaium voeg ook kant-en gordynlugsakke daarby. 

Die pryse van die twee Freestyle-modelle, wat ‘n waarborg van vier jaar of 120 000 km en ‘n diensplan van vier jaar of 60 000 km, asook onbeperkte padbystand van drie jaar en ‘n waarborg teen korrosie van vyf jaar ongeag die motor se kilometer afstand insluit, lyk só:

 

Figo 1,5 Freestyle Trend: R 226 700
Figo 1,5 Freestyle Titanium: R 247 500

Categories:
%d bloggers like this: