Ford Ranger opgeknap

0 Comments
Ford het sopas die jongste weergawe van sy uiters gewilde Ranger-reeks in Suid-Afrika bekendgestel en dié nuweling beloof om nuwe standaarde vir bakkies te stel. Hoewel die beproefde 2,2 en 3,2 liter-turbodiesel enjins steeds beskibaar sal wees, is die groot nuus die toevoeging van twee splinternuwe tweeliter-turbodiesel enjins op sekere modelle wat aan ‘n tiengang-outomatiese ratkas gekoppel word. Hierdie twee 2 liter-enjins is ysters! Die een het dubbel turbo’s op en die ander een ‘n enkel turbo. Die enjin met die dubbel turbo’s het ‘n kraglewering van 157 kW en ‘n wringkrag van 500 Nm tussen 1 750 en 2 000 omwentelinge. Die enjin met die enkelturbo staan nie terug nie. Dit lewer 132kW en het ‘n wringkrag van 420 Nm tussen 1 750 en 2 500 opm.
Met omvattende veranderinge, onder meer die nuwe enjins en ratkas, asook ‘n nuwe veerstelsel is dit die grootste verbetering wat tot dusver aan die Ranger-reeks aangebring is. Die gewilde XLT-reeks se vooraansig het ‘n meer horisontale ontwerp, en die sierrooster is nou in twee verdeel. Daar is ook ‘n nuwe laer rooster wat in die voorstamper gemonteer is; die stamper is splinternuut en komplementeer die vooraansig.

Die Ford Ranger Wildtrak met die twee lietr diesel-enjin met twee turbo’s.

Die XL en XLS deel dieselfde vooraansig. Die splinternuwe Wildtrak spog met LED-dagryligte en hoë definisiekopligte. Daar is ook “neusgate” in die ontwerp van die sierrooster asook bykomende luguitlate om verkoeling te verbeter. Die Wildtrak se voorstamper bevat ‘n breër laer rooster en ‘n silwer skermplaat asook LED-misligte wat hom verder van sy stalmaats onderskei. Die Wildtrak is ook beskikbaar met ‘n nuwe oranje kleur, wat gekombineer word met ‘n donker titanium-voorkoms vir die sierrooster en die luguitlate aan die kante. Hierdie titanium-aksentkleur word ook gebruik vir die buitespieëls, deur-handvatsels en relings op die laaibak.
Die nuwe tweeliter enkel- en dubbel-turbo enjins word by die Struandale-aanleg in Port Elizabeth vervaardig. Die enkelturbo-dieselenjin sal beskikbaar wees vir die XLT 4×2- en 4×4-dubbelkajuit en is spesifiek ontwerp om beter werk-verrigting teen laer enjin-snelhede te lewer in vergelyking met die bestaande 2,2 TDCI-enjin. Hierdie enjin het ‘n kraglewering van 132 kW en ‘ n wringkrag van 420 Nm. Die dubbelturbo-enjin sal binnekort sy buiging in die Raptor maak maar intussen is dit vir die Wildtrak beskikbaar. Hierdie enjin, soos reeds genoem, het ‘n fantastiese kraglewering van 157 kW en ‘n wringkrag van 500 Nm. MotorPlus het tydens die amptelike bekendstelling die geleentheid gehad om die Ranger-modelle met beide hierdie nuwe twee liter dieselenjins te ry. Wat beindruk het was hoe stil beide hierdie enjins loop en met die vinnige oorskakeling op die 10-spoed outomatiese ratkas, was steil 4×4 paaie ‘n piekniek.
Die 3,2 TDCI-vyfsilinder-enjin wat in die vorige reeks diens gedoen het, sal steeds vir die XLT- en Wildtrak-dubbelkajuit beskikbaar wees, asook vir die XLS- en XLT Super Cab-modelle.
Die 2,2 TDCI-enjin sal steeds vir enkelkajuit-, Super Cab- en dubbelkajuitmodelle beskikbaar wees.
Die weergawe wat 88 kW en 285 Nm lewer, word met ‘n vyfgang-handratkas gekombineer, terwyl die luukser modelle, wat met ‘n hand- of outomatiese ratkas met ses gange elk toegerus is, Hierdie modelle se enjin lewer 118 kW en wringkrag van 385 Nm. Volgens Mashinini is derduisende mense tevrede met dié enjins se betroubaarheid en werkverrigting; daar is net vier modelle in die huidige reeks wat nie hierdie enjins gebruik nie.
Die nuwe tiengang-ratkas wat vir die twee-liter modelle gebruik word, het homself al in onder meer die Ford F 150 en die Mustang bewys en bied ‘n groter verskeidenheid ratverhoudings. Hierdie ratkas beskik oor verskeie gevorderde kenmerke soos ‘n ratwissel-skedule wat die ratkas in staat stel om by veranderende omstandighede aan te pas en maak dat die beste moontlike rat telkens gekies word om werkverrigting, brandstof verbruik en verfyndheid te verbeter. Volgens gegewens wat deur
Ford se ingenieurs versamel is, is die gemiddelde brandstofverbruik van die dubbelturbo-enjin tot 9% beter as dié van die 3,2. Daar is ook ‘n SST (Select Shift Transmission)-knoppie wat verhinder dat sekere rat-verhoudings in die outomatiese modus gekies kan word; dit kan gebruik word in glibberige toestande, wanneer ‘n steil opdraand aangedurf word of wanneer daar met die voertuig gesleep word. Daar is ook ‘n sport-modus wat werk-verrigting verbeter, en wanneer dit gekies word, kan ratte deur middel van knoppies aan die kant van die ratkiester gewissel word sonder om ‘n koppelaar te gebruik.
Hoewel die Ranger reeds bekend is vir indrukwekkende rygerief en hanterings-eienskappe is die nuwe reeks nog verder verbeter om ritgehalte soortgelyk aan dié van ‘n sportnuts voertuig te verseker. Die voorste teen-kantelstaaf is verskuif van die voorkant van die ten volle onafhanklike verig na ‘n nuwe posisie agter die voor-as. Dit verseker dat bak-rol beheer word en dit gee die nuwe Ranger beter rygerief en werkverrigting. Dit maak ook dat die voertuig nie stamperig is nie, en verbeter die presisie van die stuurstelsel, selfs wanneer die voertuig gelaai word. Die Ranger se sleepvermoë van 3 500 kg bly onveranderd.

Die Ford Ranger Wildtrak.

Die nuwe Ranger stel nuwe standaarde in veiligheid. Die nuwe Wildtrak beskik oor ‘n semi- outomatiese parallel-parkeer hulp-stelsel, soos die een wat vir die Everest beskikbaar is, as standaard toerusting. Dié stelsel bevat sensors op die voor-en agterstampers wat parkeerplekke wat groot genoeg vir die voertuig is, te identifiseer. Hierdie sensors werk saam met die stuurstelsel om die voertuig te parkeer en die bestuurder hoef net met die ratte, die rempedaal en die versneller te werk. Die XLT en Wildtrak spog met ‘n passiewe toegang- en-aansitstelsel; die intelligente stelsel maak dat die voertuig oop- of toegesluit kan word sonder dat die sleutel uit die bestuurder se sak gehaal hoef te word, en daar is ‘n aansit-knoppie waarmee die voertuig aangesit kan word terwyl die rem getrap word. Al die modelle het ook ‘n meganiese sleutel wat gebruik kan word wanneer die afstand beheer se battery pap is.
Die SYNC 3-inligting-en-vermaakstelsel, wat standaard toerusting vir die XLT en Wildtrak is, bevat satelliet-navigasie en werk met ‘n raakskerm van agt duim. Daarby kan handgebare gebruik word om opdragte te gee en die stembeheer is só ontwerp dat dit Afrikaans kan verstaan. Daarby is Apple Car Play en Android Auto deel van die stelsel en verkeers-inligting kan deur middel van die raakskerm en stembeheer deurgegee word. Die XLS-modelle word toegerus met die SYNC 1.1-stelsel met Bluetooth-verbinding. Hierdie stelsel is opsioneel vir die XL-modelle beskikbaar.
Een van die mees vindingryke kenmerke van die XLT en Wildtrak is die EZ (Easy) Lift-agterklap, wat makliker en ligter as die gemiddelde bakkie-agterklap is om te gebruik; dit is tot 70% ligter as gewoonlik. Die Wildtrak Bi-Turbo word ook toegerus met die Active Noise Control, wat wind- en meganiese geraas tot die minimum beperk.
Volgens Me. Doreen Mashinini, die algemene bemarkingsbestuurder van die Ford motor-maatskappy in Suid-Afrika is die Ranger tot dusver ‘n ongelooflike suksesverhaal, nie net as een van die gewildste voertuie op die Suid-Afrikaanse mark nie, maar ook as Suid-Afrika se vernaamste handelsvoertuig- uitvoerproduk na markte in Europa, die Midde-Ooste en Afrika.
 Die pryse van die Ranger-reeks, wat ‘n waarborg van vier jaar of 120 000 km en ‘n diensplan van ses jaar of 90 000 km, met diens tussen-poses van 15 000 km insluit, lyk as volg:
Enkelkajuit
2.2 TDCi Base 5MT 4×2                                             R287 100
2.2 TDCi XL 6MT 4×2                                                 R359 800
2.2 TDCi XL 6AT 4×2                                                  R372 300
2.2 TDCi XL 6MT 4×4                                                 R411 400
2.2 TDCi XLS 6MT 4×2                                               R390 900
2.2 TDCi XLS 6AT 4×4                                               R449 200
3.2 TDCi XLS 6MT 4×2                                               R401 800
3.2 TDCi XLS 6AT 4×4                                               R460 100
SuperCab
2.2 TDCi Base 5MT 4×2                                             R336 500
2.2 TDCi XL 6MT 4×2                                                 R381 400
2.2 TDCi XL 6AT 4×2                                                  R393 800
2.2 TDCi XL 6MT 4×4                                                 R429 300
2.2 TDCi XLS 6AT 4×2                                               R426 400
2.2 TDCi XLS 6AT 4×4                                               R472 400
3.2 TDCi XLS 6MT 4×2                                               R424 900
3.2 TDCi XLS 6MT 4×4                                               R480 900
3.2 TDCi XLT 6AT 4×4                                               R568 600
Dubbelkajuit
2.2 TDCi Base 5MT 4×2                                             R350 000
2.2 TDCi XL 6MT 4×2                                                 R409 400
2.2 TDCi XL 6AT 4×2                                                  R428 800
2.2 TDCi XL 6MT 4×4                                                 R455 300
2.2 TDCi XL 6AT 4×4                                                  R474 700
2.2 TDCi XLS 6MT 4×2                                               R455 100
2.2 TDCi XLS 6AT 4×4                                               R508 400
2.0 SiT XLT 10AT 4×2                                                R514 300
2.0 SiT XLT 10AT 4×4                                                R570 200
3.2 TDCi XLT 6MT 4×2                                               R542 600
3.2 TDCi XLT 6AT 4×2                                               R571 400
3.2 TDCi XLT 6MT 4×4                                               R604 800
3.2 TDCi XLT 6AT 4×4                                                R617 300
3.2 TDCi Wildtrak 6AT 4×2                                        R609 800
2.0 BiT Wildtrak 10AT 4×2                                         R632 300
2.0 BiT Wildtrak 10AT 4×4                                         R678 200
Categories:

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: