Kort nadat Ford groot veranderinge aan sy Ranger-reeks aangekondig het, het dit tyd geword om die Everest ook ingrypend op te knap.

Volgens Doreen Mashinini, Ford se algemene bemarkingsbestuurder, het die Everest die maatskappy gehelp om ‘n groot mark aandeel te kry in ‘n segment wat nie net in Suid-Afrika nie, maar ook wêreldwyd groei te midde van kopers wat op soek is na veelsydige voertuie wat geskik, is vir gesinne en hul aktiewe leefstyle weerspieël.

Hoewel die 2,2- en 3,2 liter-turbodiesel enjins van die vorige reeks steeds in sommige modelle gebruik sal word, is die groot nuus die bekendstelling van twee nuwe 2 liter turbodiesel enjins. Die enkel turbo-model het ‘n kraglewering van 132 kW teen 3 500 opm.  Dit het ‘n wringkrag van 420 Nm tussen 1 750 en 2 500 opm. In die XLT 4×2-model.met hierdie enjin skop die wringkrag van 340 Nm reeds teen slegs 1 250 opm in. 

Ford se nuwe Bi-turbo enjin.

Die dubbel turbo-model, wat onder meer in die Ranger Wildtrak gebruik word en standaard toerusting vir die Ranger Raptor sal wees, lewer 157 kW teen 3 750 opm en 500 Nm teen 1 500 en 2 000 opm. Dit is ‘n verbetering van 10 kW en 30 Nm bo die 3,2-enjin. Die modelle met die nuwe enjins word toegerus met ‘n splinternuwe outomatiese ratkas met tien gange, wat nuwe standaarde in hierdie marksegment stel. Die ratkas het ‘n intelligente stelsel wat die bestuurder in staat stel om sekere ratte in die outomatiese modus oor te slaan.

Daar is ‘n minus-knoppie wat gedruk kan word as die ratkieser in Drive is; al die beskikbare ratte sal op die instrumente paneel vertoon word en die ratkas sal self die gepaste rat kies. Wanneer die plus-knoppie gedruk word, kan die ratkas hoër verhoudings kies. Daar is ook ‘n sportmodus wat die reaksietyd van die ratkas verbeter.

Die Everest spog met ‘n verbeterde veerstelsel om rygehalte en verfyndheid verder te verbeter, met die voorste stabiliseerstaaf, wat na die agterkant van die vooste as geskuif is. Dit verbeter bakrol beheer en hantering. Die sleepkapasiteit van die meeste modelle is 3 000 kg, maar dié van die dubbelturbo-modelle is 3 100 kg.

Een belangrike nuwe kenmerk vir die XLT- en Limited-modelle is sleutellose toegang met ‘n aansitknoppie.  Die voertuig kan oop – of toegesluit word wonder om die sleutel te gebruik; dit kan byvoorbeeld in die bestuurder se sak wees, solank dit net bespeur word. Die topmodel van die reeks, die Limited, beskik oor ‘n parallel-parkeerhulp stelsel, wat die bestuurder in kennis stel as daar ‘n opp parallel-parkeerplek is, en deur middel van sensors help om die motor te parkeer terwyl die bestuurder bloot die remme, versneller en ratte beheer. Onder die ander veileigheidskenmerke wat standaardtoerusting vir die Limited is, is aanpasbare spoedbeheer, voorbotsings waarskuwing met ‘n sensor wat voetgangers of ander hindernisse in die pad bespeur, baan-hou hulp, baandwaal-waarskuwing, blindekol-monitor en ‘n band-druk monitor. Die hele reeks sal voortaan beskik oor vastrap- en stabiliteits beheer, wegtrek hulp, sleep-swaai beheer, ‘n stelsel wat bakrol keer en afdraandehulp vir die 4×4-modelle.

Die XLT en Limited word toegerus met Ford se Sync 3-inligting-en-vermaak stelsel, met ‘n agtduim-raakskerm, Bluetooth-verbinding en twee USB-kragpunte. Die stelsel bevat navigasie en kan opdragte deur middel van handgebare en stembeheer uitvoer.

Die navigasie stelsel beskik oor volkleur-grafika en plekke van belang word daarop aangedui. Bestemmings kan op dieselfde manier opgesoek word as wat ‘n mens op Google sou doen deur die adres, plek van belang, koördinate, poskode of die naam van die dorp of stad in te tik. “Tracks for Africa” bevat kaarte van meer as twintig Afrika-lande en dié kaarte word vyf jaar lank gratis jaarliks bygewerk. Die stem-beheer verstaan Afrikaans, Engels, Zoeloe, Arabies, Frans, Duits, Spaans en Portugees. Die stelsel beskik verder oor Android Auto- en Apple Car Play.  Die Everest XLS beskik oor die Sync 1-stelsel met Bluetooth-verbinding, stembeheer. ‘n skerm van 4,2 duim en USB- en AUX-kragpunte. Die Sync 3, met navigasie, is opsioneel vir die XLS beskikbaar.

Die pryse van die verskillende modelle, wat ‘n waarborg van vier jaar of 120 000 km, padbystand van drie jaar ongeag die motor se kilometer afstand, asook ‘n diensplan van ses jaar of 90 000 km insluit, lyk soos volg:

2.2 TDCi XLS 6AT 4×2                                    R499 900

2.0 SiT XLT 10AT 4×2                                    R584 900

2.0 BiT XLT 10AT 4×2                                    R607 600

3.2 TDCi XLT 6AT 4×4                                    R626 900

2.0 BiT XLT 10AT 4×4                                    R669 500

2.0 BiT Limited 10AT 4×4                                R741 100

 

%d bloggers like this: