Ford se Transit-reeks raak veelsydiger

0 Comments

In 1965 het Ford se Britse afdeling ‘n modelreeks bekendgestel wat nie net vandag nog op die mark is nie, maar al hoe gewilder geword het.

Die Transit-reeks het nog altyd uit ‘n paneelwa, bakkie en minibus bestaan, maar die minibus-modelle het later die Tourneo-naam gekry. Die reeks is sedert 2013 na ‘n afwesigheid van omtrent veertig jaar weer in Suid-Afrika beskikbaar gemaak.

Nou het Ford ‘n aantal  modelle wat op die meer aktiewe en avontuurlustige koper gemik is, by die Britse reeks gevoeg.  Die Transit en Tourneo-reeks is met die toevoeging van die “Trail” en “Active”-modelle uitgebrei en sal as ‘n paneelwa en ‘n minibus beskikbaar wees.

Die voorwiel-aangedrewe Trail-modelle beskik oor ‘n meganiese vastrap-ewenaar en intelligente vierwiel-aandrywing is vir die Transit Trail beskikbaar. Hierdie aandrywing-stelsel beskik oor twee bykomende modusse vir gladde padtoestande en modder onderskeidelik. Dit word met ‘n beheerknop op die paneelbord gekies. Die Trail se stabiliteits-beheer stelsel is aangepas om in harmonie met die vastrap-ewenaar te werk. Die ewenaar verspei wringkrag na die wiel wat dit die nodigste het na gelang van padtoestande en stel die voertuig in staat om grondpaaie en ander moeilike paaie baas te raak. 

 Aan die buitekant kan die Trail onderskei word deur middel van ‘n unieke dowwe swart sierrooster met die Ford-naam in groot letters, soos met die Ranger Raptor, en breë swart skermstroke aan die onderkant van die bakwerk. Daar is ook unieke swart 16-duim allooiwiele. DieTrail-modelle beskik verder oor ‘n paar unieke kenmerke aan die binnekant, soos leerbekleedsel as standaard toerusting, buitespieëls wat elektries ingevou kan word Die vastrap-ewenaar is opsioneel vir die Active-modelle beskikbaar en verdere kenmerke wat hulle onderskei, is allooiwiele van 17 duim, ‘n gaas-sierrooster met die ovaalvormige Ford- kenteken, breë skermstroke onder aan die bakwerk en dakspore. Daar is ook ‘n Active-kenteken oor die volle breedte van die agterkant asook twee Active kentekens aan die kante. Die Tourneo Custom Active se binnekant kan na gelang van behoeftes aangepas word, en die middelste ry sitplekke kan omgedraai word vir ‘n konferensie-agtige uitleg.  Die Active is opsioneel met die meganiese vastrap-ewenaar beskikbaar. Voornemende kopers kan tussen drie weergawes kies: die Tourneo Custom Active met agt sitplekke, die Transit Custom Active-paneelwa met ‘n kort of lang asafstand en die Transit Custom Active met ses sitplekke met ‘n kort of lang asafstand. 

Die Trail en Active-modelle vind baat by die tegnologie wat sedert verlede jaar vir die hele reeks beskikbaar is. Die Eco Blue-dieselenjin van twee liter is beskikbaar met krag-lewerings van 98 kW, 127 kW of 138 kW, afhangende van die model en spesifikasievlak. Al die modelle is met ‘n keuse tussen ‘n hand- en outomatiese ratkas beskikbaar. Daar is ook die Eco Blue-hibriedemodel met ‘n 48V- ligte hibriede batterypak wat brandstof-doeltreffendheid verbeter. Dit word moontlik gemaak deur energie te spaar wanneer spoed verminder word. 

Dit is nog nie seker of, en indien wel wanneer, hierdie modelle in Suid-Afrika beskikbaar gestel sal word nie.

Categories:
%d bloggers like this: