Breaking News

Fuso verleng Canter se waarborg

Die Japanese vragmotor-vervaardiger FUSO het pas aangekondig dat feitlik sy hele Canter-reeks, behalwe die Canter FG 4×4, van die 1ste April vanjaar deur ‘n langer waarborg gerugsteun sal word. Die waarborg van die Canter-reeks is van twee jaar, ongeag die voertuig se kilometer afstand, na vier jaar of 240 000 km verleng, en getuig van die vertroue wat Daimler Trucks and Buses Suider-Afrika in die FUSO-handelsmerk en veral in die uiters belangrike Canter-reeks het, asook hoe belangrik terugvoer van klante vir die maatskappy is.

Ziyad Gaba, die bestuurder van FUSO Vragmotors en Busse het gesê die maatskappy het kennis geneem van klante se behoefte na ‘n verlengde waarborg; sekere Canter-modelle is hiervoor geïdentifiseer, en ‘n aantal uitgesoekte handelaars ondersteun dié waarborg. Die maatskappy sal veranderende neigings in die mark gedurig dophou.

Die nuwe waarborg sal alles dek, met die uitsondering van normale slytasie-items. Volgens Gaba sal die nuwe waarborg vir klante bykomende gemoedsrus gee. Die Canter-reeks bestaan uit die FE 6- 109 FC, die FE 7-136 TD en die twee FG 4×4-modelle, naamlik die FG 6-136 TD en die FG 6-136 SWA, en almal word aangedryf deur ‘n turbo-diesel enjin van 3,9 liter met ‘n vyfgang-handratkas. Die pryse van die verskillende modelle wissel tussen R 344 510 en R 486 600.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: