Breaking News

Futuroad  van 18 tot 21 September by NASREC

Deur Daantjie Badenhorst.

Die twee-jaarlikse vragmotorskou, Futuroad, gaan van 18 tot 21 September by die NASREC-uitstallingsperseel, Suid van Johannesburg,  gehou word.

Die mark vir middelslag-, swaar en ekstra swaar vragmotors het in die eerste vier maande van 2019 positiewe groei getoon.

Dit is ‘n goeie teken, veral met die naderende Futuroad-uitstalling wat vir nou die tweede keer by NASREC gehou word. Die vorige Futuroad was in 2017.

In teenstelling met die mark vir passasiersmotors wat gekrimp het en die vir ligte handelsvoertuie wat min groei getoon het, was daar ‘n toename in verkope van 14,7% vir middelslagvragmotors en 6,9 en 1,6% vir swaar en ekstra swaar vragmotors onderskeidelik.

Joshua Low.

Volgens mnr. Joshua Low, die besturende direkteur van Messe Frankfurt Suid-Afrika, wat die Futoroad aanbied, beteken dit dat naderende Futuroad die ideale platvorm vir vervaardigers gaan wees om hul produkte aan besoekers vanuit Afrika Suid van die Sahara, ten toon te stel.

Aangesien uitstallers besef dat besoekers aan die vervaardigers se produkte blootgestel wil word, sal daar ook geleentheid wees vir besoekers om toetsritte te onderneem. Die RFA (Road Freight Association) en SABOA (South African Bus Operators Association) sal ook konferensies tydens die uitstalling aanbied.

Volvo en sy Japanese filiaal UD Trucks, wat pas die Kuzer en Quester in onderskeidelik die middelslag- en ekstra swaar marksegmente bekendgestel het, het reeds bevestig dat hulle by die uitstalling sal wees. Onder die ander vervaardigers wat ook hul deelname bevestig het, is FAW, Tata, Daewoo, Powerstar, JMC en Fiat Professional.

Messe Frankfurt is een van die grootste organiseerders van handelsuitstallings en besef hoe belangrik vragmotors en busse in die internasionale vervoerbedryf is. Daarom word Futuroad as ‘n alleenstaande uitstalling aangebied, tesame met ‘n uitstalling van onderdele, dienste en bykomstighede vir vragmotors en busse.

Besoek die volgende webwerf vir meer inligting: www.za.messefrankfurt.com

6 thoughts on “Futuroad  van 18 tot 21 September by NASREC

  1. Wow, awesome blog layout! How long have you been blogging for?
    you made blogging look easy. The overall look of your web site
    is magnificent, as well as the content!

  2. I don’t even know the way I ended up here, but I assumed this publish was great.
    I don’t recognise who you are but definitely you’re going to a
    well-known blogger if you aren’t already. Cheers!

  3. Hello there, I found your website via Google while searching for a comparable matter,
    your site got here up, it appears to be like good. I’ve bookmarked it
    in my google bookmarks.
    Hello there, just become alert to your weblog thru Google, and found that it’s really informative.
    I’m gonna be careful for brussels. I will be grateful when you proceed this in future.
    Many people will likely be benefited out of your writing.
    Cheers!

  4. Thanks for finally talking about > Futuroad van 18 tot 21 September
    by NASREC | MotorPlus < Liked it!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: