Geen Festival of Motoring in 2020

0 Comments

Messe Frankfurt, die organiseerders van die jaarlike SA Festival of Motoring op die Kyalami-renbaan het aangekondig dat dié geleentheid weens COVID 19 nie vanjaar sal plaasvind nie.

SA Festival of Motoring, wat deur WesBank aangebied word, is die grootste motorten-toonstelling in Afrika en is die enigste  geleentheid wat deur die Suid-Afrikaanse motorbedryf ondersteun en die Nasionale Vereneging van Motor-vervaardigers in Suid-Afrika (NAAMSA) onderskryf word.

“ In die lig van die onsekerheid rodom die COVID 19-pandemie en die uitwerking daarvan op die plaaslike motorbedryf  het ons, in die beste belang van alle aandeelhouers, besluit om die geleentheid na 2021 uit te stel,” sê Joshua Low, die besturende direkteur van Messe Frankfurt.

Volgens hom roem hulle daarop om geleenthede van wêreld-gehalte aan te bied en hierdie besluit is nie ligtelik geneem nie. Hy sê dis belangrik dat Messe Frankfurt die motorbedryf ondersteun en ‘n plaftorm bied wat aan sy vereistes kan voldoen. Hulle het die afgelope twee maande kontak  met die motorbedryf gehad; die bedryf wil die geleentheid graag ondersteun en is van plan om dit in 2021 ook te doen. 

Messe Frankfurt is tans besig om datums vir 2021 se geleentheid te finaliseer en die nuwe datums sal bekendgemaak word sodra dit bevestig is. Die uitstalling bied ‘n ideale platform om te wys wat die motorbedryf bied en het ‘n gunsteling onder motor-geesdriftiges en gesinne geword. 

Low sê daar is groot planne vir 2021 se Festival of Motoring, onder meer ‘n uitstalling van motorfietse, asook van elektriese voertuie en byderwetse leefstyl-uitstallings en ander nuwighede wat byval by alle besoekers sal vind.

Categories:
%d bloggers like this: