Deur Daantjie Badenhorst.

Toe die nuwe VW Polo Vivo-reeks in Februarie vanjaar bekendgestel is, het die reeks net uit luikrugmodelle bestaan en daar was vrae oor die moontlikheid van ‘n sedan-weergawe in die Polo Vivo-reeks.

Volgens Volkswagen Suid-Afrika  (VWSA) sal die sedan in die nuwe Polo-reeks die gaping tussen die Polo Vivo en die nuwe Polo-reeks vul.

Daar is ook geen planne om die Polo-gebaseerde sedan wat as die Virtus bekendstaan en verlede jaar oorsee bekendgestel is, na Suid-Afrika te bring nie. Die nuwe Polo Vivo-reeks bly egter onveranderd, behalwe dat die Maxx bygevoeg is.

Die gewildheid van sedans is besig om in Suid-Afrika af te neem en al hoe meer motorkopers verkies sportnutsvoertuie.  VWSA is van plan om al eerder nuwe SNV-modelle na Suid-Afrika te bring. VWSA het ook gesê dat die volgende Jetta nie in Suid-Afrika bekendgestel sal word nie en dat die huidige reeks steeds beskikbaar sal wees totdat voorraad opraak. Volgens die maatskappy behoort dit teen die einde van 2019 te wees.

%d bloggers like this: