Giniel eindig sesde in eerste Dakar-skof

Deur Daantjie Badenhorst

Die voorloper na die eerste skof van Dakar 2019 is  Nasser Al Attiyahj van Katar, wat, soos Giniel de Villiers, deelneem met ‘n Toyota Hilux wat in Suid-Afrika vervaardig is. Nasser se Toyota Gazoo Racing SA-Hilux het die skof in een minuut en 49 sekondes voor die Spaanse jaer Carlos Sainz (senior) wat in ‘n MINI deelneem, klaargemaak.  Jakub Przygonski van Pole in ‘n MINI was derde, gevolg deur ‘n privaat ingeskrewe Toyota Hilux van Vladimir Vasilyev van Rusland. Yasheen Al Rajhi was vyfde in nog ‘n MINI.

Die Suid-Afrikaanse renjaer Giniel de Villiers het vanjaar se Dakar-wedren goed begin deur sesde in die eerste skof te kom.

Stephane Peterhansel, wat aan sy dertigste agtereenvolgende Dakar-wedren deelneem, het die skof in die sewende plek voltooi in nog ‘n MiINI, gevolg deur Bernhard ten Brinke in nog ‘n Toyota Gazoo Racing SA-Hilux,

Die Suid-Afrikaanse nuweling Shameer Variawa het sy eerste Dakar-skof in ‘n Red Lined SVR Nissan Navara in die 45 ste plek voltooi.

Altesaam 334 voertuie, onder meer137 motorfietse, 26 vierwielmotorfietse, 130 motors en 41 vragmotors asook 541 bemanningslede het die 41ste Dakar-wedren, wat vanjaar in Peru gehou word, begin. Die dag het begin met ‘n skof van 427 km langs die kus van die Stille Oseaan waarna die jaers 84 km in die duine van Pisco gejaag het.

 

%d bloggers like this: