GWM se P-reeks eindelik hier

0 Comments

In 2007 was Great Wall Motors (GWM) die eerste Chinese vervaardiger wat tot die Suid-Afrikaanse mark toegetree het, en deur die jare het dié vervaardiger homself in die Suid-Afrikaanse mark gevestig.

Die jongste bakkie uit die GWM-stal, die P-reeks, is pas in Suid-Afrika bekendgestel; die reeks is as ‘n enkel- en dubbelkajuit beskikbaar, en twee verskillende weergawes van die dubbelkajuit, onderskeidelik vir die werk- en ontspanningsmark, is beskikbaar. Die hele reeks word aangedryf deur ‘n turbo-aangejaagde diesel enjin van twee liter wat 120 kW en 400 Nm lewer. 

Die enkel-kajuit is in twee modelle beskikbaar, naamlik die Commercial SX en die Commercial DLX.  Die SX spog met standaard kenmerke soos 17 duim-allooiwiele, kleur-gekordeerde buite-spieëls en deurhandvatsels, ‘n 3,5 kleur-instrumente-paneel, twee USB-kragpunte en ‘n 12 Volt-kragpunt, spoedbeheer, Bluetooth-verbinding met ‘n veelfunksie-stuurwiel, ‘n AM/FM-radio met twee luidsprekers, elektriese buitespieëls wat met die hand ingevou kan word, dagryligte en lugversorging. Verder is veiligheids-kenmerke soos vastrap- en stabiliteits-beheer, deure wat outomaties oopsluit en brandstoftoevoer wat dadelik afgesny word wanneer die voertuig in ‘n botsing betrokke raak, wegtrekhulp , agterste parkeersensors, twee lugsakke en deure wat outomaties sluit wanneer die voertuig wegtrek. Die DLX voeg die volgende kenmerke by: ‘n leerstuurwiel, ‘n kragpunt vir ‘n navigasie-stelsel, sitplekke wat gedeeltelik met leer oorgetrek is, ‘n elektries verstelbare bestuurder-sitplek, ‘n negeduim-raakskerm, Android Auto en Apple Car Play, buitespieëls wat invou met die druk van ‘n knoppie, outomatiese ruitveërs en kopligte, volg-my-en-lei-my-kopligte en outomatiese lugversorging. Die DLX se bykomende veiligheids-kenmerke is ‘n trukamera, kantlugsakke en afdraande-beheer. Die spesifikasievlakke van die Commercial-dubbelkajuit modelle stem met dié van die enkelkajuite ooreen, behalwe dat ‘n outomatiese agtgangratkas met ratspane beskikbaar is en die DLX-dubbelkajuit met ‘n elektriese sondak wat kan kantel en skuif toegerus is. Die 4×2 en 4×4-modelle is met albei spesifikasie-vlakke en ratkaste beskikbaar,

Daar is ook twee dubbelkajuit-spesifikasie-vlakke wat op die ontspanningsmark gemik is, en as die Passenger LS en LT bekendstaan. Albei is beskikbaar as ‘n 4×2 of ‘n 4×4, maar die outomatiese ratkas is standaardtoerusting. Die LS-modellle spog met kenmerke soos 18 duim-alloiwiele, ‘n vertelbare stuurkolom, agterste ewenaarslot, verskillende bestuursmodusse, wat laestrek vir die 4×4 insluit, Torque on Demand saam met ‘n agterste ewenaarslot, ‘n elektroniese parkeerrem, ‘n trukamera, volle leerbekleedsel, ‘n banddruk-monitor, ISOFIX-hegpunte vir die agtersitplekke, voorste-, kant- en gordynlugsakke, outomatiese ligdiode-kopligte, skyfremme voor en agter en outomatiese lugversorging. Die LT se bykomende kenmerke sluit die volgende in: chroomdeurhandvatsels, ‘n chroom-rolstaaf, ‘n trappie vir die agterklap, ‘n seweduim, instrumente-paneel, verhitte voorsitplekke, sleutellose toegang met ‘n aansitknoppie,  ses luidsprekers pleks van vier, asook veiligheids-kenmerke soos padteken-herkenning, dwarsverkeer-waarskuwing, baanhou-hulp en baandwaal-waarskuwing, aanpasbare spoedbeheer, stembeheer, ‘n 360 grade kamera en ‘n blindekol-monitor. 

Die pryse van die verskillende P-reeks-modelle, wat ‘n waarborg en diensplan van vyf jaar of 100 000 km en padbystand van vyf jaar insluit, lyk só:

Commercial SX 4×2 6MT: R339 900
Commercial SX 4×4 6MT: R384 900
Commercial DLX 4×2 6MT: R359 900
Commercial DLX 4×4 6MT: R404 900

Commercial SX 4×2 6MT: R369 900
Commercial SX 4×2 8AT: R404 900
Commercial SX 4×4 6MT: R414 900
Commercial SX 4×4 8AT: R449 900
Commercial DLX 4×2 6MT: R389 900
Commercial DLX 4×2 8AT: R424 900
Commercial DLX 4×4 6MT: R434 900
Commercial DLX 4×4 8AT: R469 900

Passenger LS 4×2 8AT: R434 900
Passenger LS 4×4 8AT: R479 900
Passenger LT 4×2 8AT: R499 900
Passenger LT 4×4 8AT: R544 900