GWM verbeter naverkoopdiens vir bakkies

0 Comments

In Maart 2007 het Great Wall Motors (GWM) die eerste Chinese motorvervaardiger geword wat tot die Suid-Afrikaanse mark toegetree het en sedertdien het dié vervaardiger se bakkies toenemend gewild geword te midde van voortdurende verbetering.

Die mees onlangse toevoeging tot die reeks was die nuwe weergawe van die Steed 5, wat ‘n paar detailveranderinge gekry het; verder bestaan die reeks uit die Steed 5E, die Steed 6 en die H5- sportnutsvoertuig. Daar is ‘n model wat aan die meeste behoeftes voldoen.

Nou het GWM aangekondig dat die waarborg van alle nuwe voertuie wat van 1 Maart 2019 af verkoop word, verleng gaan word; dit sal nou twee jaar langer as voorheen geldig wees, naamlik vyf jaar of 100 000km. Dié waarborg is van krag op alle enkel- en dubbelkajuitmodelle. Die dubbelkajuitmodelle kry egter ‘n bykomende voordeel; die maatskappy het ook aangekondig dat ‘n diensplan van drie jaar of 45 000 km voortaan by die prys van elke GWM-dubbelkajuitbakkie ingesluit sal word.

 

Die pryse van die GWM-bakkiereeks lyk soos volg:

Steed 5 2,2 MPI 4×2 Workhorse Enkelkajuit : R 159 900

Steed 5 2,0 VGT 4×2 Workhorse Enkelkajuit: R 189 900

Steed 5 2,0 VGT 4×4 Workhorse Enkelkajuit: R 219 900

Steed 5 2,2 MPI Base 4×2 Dubbelkajuit: R 179 900

Steed 5 2,2 MPI SX 4×2 Dubbelkajuit: R 204 900

Steed 5 2,0 VGT 4×2 SX Dubbelkajuit: R 239 900

Steed 5 2,0 VGT 4×4 SX Dubbelkajuit: R 269 900

Steed 5E 2,4 SX 4×2 Dubbelkajuit: R 219 900

Steed 5E 2,4 Xscape Dubbelkajuit: R 239 900

Steed 5E 2,0 VGT SX Dubbelkajuit: R 259 900

Steed 5E 2,0 VGT Xscape Dubbelkajuit: R 279 900

Steed 6 2,0 VGT SX Dubbelkajuit: R 284 900

Steed 6 2,0 VGT Xscape Dubbelkajuit: R 314 900

Categories:

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: