Breaking News

Haastige C-klas-modelle opgeknap

Kragtige enjins, loutere bestuursgenot en uitsonderlike ontwerp het die Mercedes-AMG C 63 S-reeks ‘n gunsteling onder motorlief-hebbers gemaak en nou is die jongste weergawes in Suid-Afrika beskikbaar.

Soos voorheen is die C 63 S-reeks beskikbaar in ‘n sedan, ‘n koepee en ‘n afslaan-kap en aangesien die AMG C-klas die top verkoper in Mercedes-Benz se reeks is, word dit as ‘n uiters belangrike model beskou. Die nuwe modelle is meer opvallend as ooit , nie net as gevolg van sy AMG-spesifieke sierooster nie, maar ook sy herontwerpte agter-aansig, wat tot sy atletiese voorkoms bydra.  Volgens Selvin Govender, die bemarkings bestuurder van Mercedes-Benz, is die C 63 AMG S ‘n agterwiel aangedrewe ikoon en sy AMG-spesifieke onderstel maak van hom ‘n uitsonderlike verrigtings-motor.

Een van die belangrikste nuwe kenmerke van die opgeknapte reeks is die AMG Speedshift MCT 9G-ratkas met nege gange pleks van sewe; dit sorg vir meer spontane reaksie op versnelling. Die vastrap-ewenaar op die agteras word op alle modelle elektronies beheer, en dit verbeter sy vastrap-vermoë aansienlik. Dit maak dat die gly op die agteras in nege stadiums beheer kan word; en veral geesdriftige bestuurders sal dit veral op renbane en veranderlike pad-toestande waardeer. Boonop verhoog die nuwe dinamiese hanterings beheerstelsel, AMG Dynamics, bestuurs-genot aansienlik.

Die oogmerk met die ontwikkeling van die nuwe ratkas was om ‘n dinamiese bestuurs-ervaring te verseker. Die koppel-omsetter word met ‘n nat aanvangs-koppelaar vervang; dit bespaar massa en verbeter reaksie op versnelling, veral wanneer daar weggetrek word. Die veelvuldige afrat-funksie sorg vir ‘n spontane uitbarsting van snelheid terwyl die Sport en Sport +-funksies vir ‘n meer genotvolle bestuurs-ervaring sorg.  Die handrat funksie kan gekies word deur middel van ‘n aparte knoppie op die middelkonsole gekies word; die rat-wisseling word bepaal deur die gekose bestuurs modus en word deur ratspane agter die stuurwiel beheer. Die hanterings eienskappe van die C 63 S word bepaal deur een van die volgende bestuurs modusse te kies: Slippery, Comfort, Sport, Sport +, Race en Individual. Dit word deur middel van ‘n kontrole op die middel konsole gekies en op die multimedia-vertoon paneel en die instrumente paneel aangedui.

Slippery word gebruik vir gladde pad-toestande soos reën, en hoewel krag verminder word, is die wringkrag kurwe in hierdie versnelling platter. Comfort is vir alle-daagse gebruik; daar word vinniger na ‘n hoër rat oorgeskakel vir die beste moontlike brandstof doel-treffendheid en die stuur- en veerstelsel word ingestel om gemak te verhoog.  In Sport word die reaksie-tyd van die versneller verhoog, die rat-wissel tye word verkort, en daar is ‘n meer dinamiese instelling vir die veer-en stuurstelsel. Sport + is nog meer dinamies, met ‘n verhoogde luier-snelheid en vinniger versnelling. Individual stel die bestuurder in staat om die motor se veerstelsel, ratkas, stuurstelsel, AMG Dynamics en uitlaat stelsel volgens persoonlike behoefte in te stel, terwyl Race uitsluitlik vir renbane bedoel is aangesien alle stelsels vir maksimum verkverrigting ingestel word.

Verder bied die nuwe reeks   AMG Dynamics, ‘n nuwe kenmerk van die AMG Dynamic Select-berstuurs programme. Hierdie ingeboude hanterings beheer-stelsel brei die elektroniese stabilteits program se funksies uit; dit verhoog algehele ratsheid en hand-haaf terselfdetyd ‘n hoë vlak van stand-vastigheid terwyl dit ook vastrap-vermoë om draaie verhoog.  Die vier modusse wat deel hiervan uitmaak is Basic, Advanced, Pro en Master. Die gekose bestuurs program wat op die multimedia-skerm aangedui word, toon voortaan die AMG Dynamics-simbool aan saam met die program.

Basic werk saam met die Slippery en Comfort-modus; dit sorg vir uiters stabilele hantering. Die Advanced-program werk saam met die Sport-modus en maak steeds dat die motor neutraal gebalanseerd is. Hierdie program werk veral goed wanneer daar op kronkelende paaie bestuur word.  Pro (natuurlik die afkorting vir professional) word aan die Sport+-modus gekoppel ; die bestuurder kry nog verdere hulp om die ervaring nog meer dinamies te maak terwyl ratsheid en presisie deur draaie verder verhoog word. Master werk saam met die Race-modus en is net bedoel vir beperkte omgewings soos renbane. In hierdie program kan die dinamiese vermoëns van die motor ten volle benut word.

Die C 63 S is die enigste motor in sy klas wat ‘n V8-enjin met twee turbo-aanjaers bied. Dié enjin, met ‘n verplasings-inhoud van vier liter, lewer 375 kW teen 5 500 en 6 250 opm  en wringkrag van 700 Nm teen 2 000 en 4 500 opm. Daar kan binne 3,9 sekondes van 0 tot 100 km/h versnel word en die topselheid van die sedan en koepee is 290 km/h. Dié van die afslaankap word elektronies tot 280 km/h beperk. Hierdie enjin word reeds in ander Mercedes-AMG-modelle gebruik.

Die buitestilering is eie aan die C 63 S-modelle; daar is ‘n modelspesifieke sierrooster met vertikale hortjies in hoëglans chroom.  Die lug-uitlate aan die kant van die motor, tussen die voorste modderskerms en die deure, is herontwerp en ander opvallende kenmerke aan die kant van die motor is sportiewe syskorte en AMG-allooi wiele van 19 duim. Aan die agterkant is daar vier uitlaatpype, twee aan die linkerkant en twee aan die regterkant. Die lugverdeler wat in die agterste stamper gemonteer is, is ook meer opvallend as voorheen.  Daar is ook ‘n klein drukvlerk op die bagasiebak-deksel in dieselfde kleur as die bakwerk. Daar is ook ‘n aërodinamiese pakket opsioneel vir die C 63 S-koepee beskikbaar. Die voorste en agterste lugverdeler is meer opvallend vir hierdie pakket en daar is ook groter syskorte.

Die binne-afwerking weerspieël die dinamiese aard van al die C 63 S-modelle. Met ‘n keuse van hout- koolvesel en aluminium afwerking vir die paneelbord en die stroke binne-in die deure.  AMG-sport sitplekke, wat maksimum ondersteuning bied vir wanneer daar deur draaie bestuur word, is opsioneel beskikbaar. Die sitplekke, wat geïntegreerde kopstutte bevat, kan op drie vlakke geventileer word, terwyl die Airscarf-verhitting stelsel vir die insittendes se nekke, ‘n opsie vir die afslaankap is. Al die motor se funksies kan deur middel van ‘n kontrole op die middel konsole, knoppies op die stuurwiel of stem-opdragte beheer word.  

Nog ‘n hoogtepunt is die opsionele digitale instrumente paneel met drie vertoon keuses, naamlik Classic, Sporty of Supersport. Daar is ook ‘n spesifieke AMG-kieslys wat die bestuurder in staat stel om toegang tot bykomende inligting te kry, om die bestuurs-ervaring nog meer aangenaam te maak, waaronder ‘n hand-beheerde stophorlosie om rondte-tye te bepaal, ‘n vertoning van heersende G-kragte, asook die instelling van AMG Dynamics, die veerstelsel, die ratkas en die uitlaatstelsel. Daarby word die snelheid en die huidige rat digitaal aagedui. Die handratfunksie word deur middel van ‘n geel M aangedui en ‘n waarskuwing om na ‘n hoër rat te skakel sodra maksimum enjintoere bereik word, is ‘n kenmerk wat deur Formule 1 geïnspireer is.  Die sentrale mediavertoon paneel is 10,25 duim groot en alle funksies van die motor, onder meer bestuurs-hulpmiddels en kommunikasie stelsels, word daarop aangetoon.

Die nuwe stuurwiel het ‘n dinamiese en sportiewe ontwerp met ‘n plat onderkant, terwyl die greep-area geperforeer is. Dit is opsioneel in nappa-leer met klavierswart afwerking beskikbaar.  Die ingeboude Touch Control-knoppies is ‘n nuwe kenmerk en kan gebruik word om die funksies van die instrumente paneel en multimedia stelsel (aan die regter- en linkerkant onderskeidelik) te beheer. Die spoed beheer word aan die regterkant beheer en die kontroles aan die linkerkant word gebruik vir die stembeheer, die telefoon en die klankstelsel.

Die pryse van die C 63 S-modelle, wat Mercedes-Benz se Premium Drive-onderhoudsplan van ses jaar of 100 000 km insluit, lyk soos volg:

Mercedes-AMG C 63 S sedan:  R 1 546 600

Mercedes-AMG C 63 S-koepee: R 1 609 100

Mercedes-AMG C 63 S-afslaankap:  R 1 728 700

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: