Hino 500-reeks uitgebrei

0 Comments

Sedert sy bekendstelling in 2017 het die Hino 500 Wide Cab-reeks ‘n gunsteling in die Suid- Afrikaanse vragmotormark geword, en nou is twee modelle by die reeks gevoeg.

Die 1627 Crew Cab is beskikbaar met ‘n handratkas met ses gange of ‘n outomatiese Allison-ratkas, en is ‘n dubbelkajuit met vier deure. Volgens Ernie Trautmann, die visepresident van Hino SA, stel die Crew Cab die maatskappy in staat om aan nog meer behoeftes te voldoen. Hy glo die Crew Cab sal byval vind by munisipaliteite, meubelvervoerondernemings, insleepdienste asook die konstruksiebedryf en die mynwese.

Die Crew Cab beskik oor kenmerke soos lugversorging, elektriese vensters, ‘n klankstelsel en spoedeheer asook wegtrekhulp vir die handratmodel. Die Crew Cab se meganiese spesifikasies stem ooreen met dié van die ander 1627-modelle; sy sessilinderenjin, met ‘n verplasingsinhoud van 7 684 cc, lewer 191 kW teen 2 500 opm en wringkrag mvan 794 Nm teen 1 500 opm.

Volgens Hino SA maak die kragtiger enjin, volle outomatiese ratkas, ‘n volle lugremstelsel, ‘n bruto- voertuigmassa van 16 ton, ‘n groot brandstoftenk en ‘n klein draaisirkel hom een van die mees gedugte mededingers in sy segment.

Categories:

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: