Honda kry motoriste weer aan die gang

0 Comments

Honda Motor Suider-Afrika het pas ‘n veldtog van stapel gestuur om motoriste te help om nuwe motors te midde van die COVID 19-pandemie te koop.

Die Get Moving Again-veldtog is daarop gemik om aan die behoeftes van kopers van die Amaze, Jazz, BR-V en CR-V te voldoen; hulle kry 10% afslag op die voorgestelde kleinhandel prys en daar is verskillende maniere waarop kopers dit kan aanwend om by hul behoeftes te pas.

Hulle kan een of meer van die volgende opsies kies wanneer hulle hul motors finansier: kontant terug, ‘n betaalvakansie- wat beteken dat hulle nie dadelik die motor begin afbetaal nie, ‘n deposito, inruilbystand of ‘n onderhouds plan. Vandag se voornemende kopers stel belang in kontant terug, jare se gemoedsrus met ‘n onderhouds plan of, veral wanneer ‘n koper ‘n kleiner motor wil koop, inruil-bystand, wat kan help om die gaping tussen die motor se waarde en die aflosbedrag te vul. Die voornemende koper kan een, of dalk ‘n kombinasie van al vier, kies sonder om ekstra daarvoor te betaal.

Die Amaze is een van die min intreevlak-sedans op die plaaslike mark en die BR-V is die enigste sportnuts voertuig in sy klas met sewe sitplekke. Die Jazz se Magic Seat-stelsel sorg vir uitsonderlike ruimte benutting en die CR-V is al meer as twintig jaar lank een van die gewildste sportnutsvoertuie in sy prysklas.

Alle nuwe Honda-modelle word gerugsteun deur ‘n waarborg van vyf jaar of 200 000 km, asook drie jaar se AA-padystand.

Hierdie aanbod is geldig tot die einde Julie; meer inligting is beskikbaar op www.honda.co.za/cars.

Bepalings en voorwaardes geld.

 

Categories:
%d bloggers like this: