Die nuwe Honda Civic Type R is in Februarie 2018 in Suid-Afrika bekendgestel. Die Type R is Honda se teenvoeter vir die VW Golf GTI, Ford Focus ST en die Opel Astra OPC,

Die Honda Civic Type R is gebaseer op die Civic-reeks, maar dit is ligter en het ‘n sterker onderstel as die die ander Civics…. en dit is natuurlik heelwat kragtiger en baie meer padvas as jou gewone Civic. Die Type R is ‘n yster. ‘n Monster. Die Type R kan in 5,8 sekondes van 0 tot 100 km/u versnel en kan ‘n topsnelheid van 272 km/h bereik.

Die nuwe Type R se enjin is toegerus met V Tec-wisselende kleptydreëling, regstreekse inspuiting en ‘n turbo-aanjaer. Hierdie enjin lewer 228 kW teen 6 500 opm en het ‘n wringkrag van 400 Nm  tussen 2 500 en 4 500 opm. Dié enjin is reeds deur die gesaghebbende webtuiste WardsAuto as een van die tien beste enjins vir 2018 aangewys.

Daar is drie bestuursmodusse om van te kies. Gewoonlik word die Sport-modus gebruik, maar wanneer groter rygerief nodig is, kan die besurder die Comfort-modus kies. Vir meer geesdriftige bestuurders is die +R-modus ook beskikbaar; dit verhoog die reaksietyd van die versneller en die stuurstelsel; dit is ook geskik vir wanneer die motor op ‘n renbaan gebruik word. Wanneer die  +R-modus gekies word, kan die vastrap- en stabiliteitsbeheer heeltemal agfeskakel word.

Die sesgang-handratkas beskik oor ‘n nuwe funksie wat verseker dat enjinsnelhede nie te hoog of te laag is wanneer ratte gewissel word nie, maar dit word aangepas na gelang van die bestuursmodus wat gekies word.

Die Type R is ook toegerus met Honda se “Agile Handling Assist”, ‘n stabiliteitsbeheerstelsel wat spesifiek vir die Type R aangepas is. Dit is natuurlik ook nie nodig om by te voeg dat die Type R ’n besonder goeie remstelsel het nie; aan die voorkant is daar  geventileerde 350mm-skyfremme met Brembo-knypers en agter is die soliede 350mm-skyfremme 9 mm groter as voorheen.

Danksy ‘n aantal aërodinamiese hulpmiddels wat daarop gemik is om die motor so padvas moontlik teen hoë snelhede te maak, vertoon die stilering van die nuwe Type R as uiters aggressief,. Die nuwe Type R is 165 mm langer en 36 mm laer as sy voorganger; nie alleen gee dit die motor ‘n meer sportiewe voorkoms nie,  maar dit verbeter ook sy binneruimte. Die oorheersende kenmerk van die voorkant is twee groot horisontale  luguitlate wat die voorste misligte bevat, asook twee bykomende vertikale luguitlate in die hoeke van die stampers.

Die draad-agtige voorste sierrooster bevat LED-kopligte asook dagryligte en die liggewig-enjinkap wat van aluminium vervaardig word, bevat ‘n groot luguitlaat. Aan die kant van die motor staan die swart Berlina-allooiwiele van 20 duim uit; hierdie wiele bevat bande van 245/30 R 20, wat die modderskerms behoorlik vul. Behalwe die breë stamper is die twee uitstaande kenmerke aan die agterkant die baie groot druvlerk op die luikdeur en die drie uitlaatpype wat binne-in die agterste luguitlaat aan die onderkant van die stamper gemonteer word. Aan die bokant van die dak is ‘n lugraad in die vorm van ‘n haaivin.

Soos die nuwe Civic-sedan het die Type R ‘n nuwe platform wat ligter en stewiger as dié van sy voorganger is. Die veerstelsel is só ontwikkel dat dit uitstaande hantering met rygerief kombineer. Nie net is stabiliteit wanneer daar gerem word, verbeter nie maar bakrol word tot die minimum beperk.

Die binnekant van die nuwe Type R weerspieël die sportiewe aard van die motor; die opvallende rooi aksente, sportsitplekke met hoë rugleunings, veelfunksie-sportstuurwiel met ‘n dik rand en aluminium-rathefboomknop bring hulde aan die vorige Type R-modelle maar dit lyk meer modern as voorheen. Die voorste sitplekke is in rooi materiaal, wat soos suéde lyk, afgewerk terwyl die agtersitplekke swart materiaalbekleedsel het. Die leerstuurwiel bevat rooi stikwerk en die stuurkolom kan op en af, asook in en uit, verstel word. Daar is koolvesel-agtige insetlsels in die paneelbord, en dit word met ‘n rooi strepie omlyn. Sportiewe allooipedale is ook standaardtoerusting. Die instrumentepaneel wat voor die bestuurder geleë is, bevat virtuele instrumente asook ‘n uitleespaneel wat volgens die bestuurder se behoeftes aangepas kan word. Dit sluit onder meer ‘n ratwyser, tuerbodrukmeter en rondtetyd-aanwyser in. Die bestuurder kan deur middel van die veelfunksiestuurwiel toegang tot die inligtingskerms kry terwyl die Bluetooth-verbinding, die klankstelsel en spoedbeheer ook met met behulp van kontroles op die stuurwiel beheer word.

Aan die bokant van die paneelbord is daar ‘n volkleur-raakskerm wat toegang bied tot die klankstelsel wat agt luidsprekers bevat, die klimaatbeheer en die navigasiestelsel. Daarby bevat dit ook ‘n trukamera, en die stelsel sal gereed wees vir Apple Car Play. Die middelste armleuning bevat twee kompartemente en bieg toegang tot USB- en HDMI-sokke. Onder die ander kenmerke waarmee die Type R toegerus word, is ‘n elektriese parkeerrem, verhitte buitespieëls wat ingevou kan word, asook elektriese vensters voor en agter.

Die bagasiebak beskik oor ‘n seiltjie wat van die kant af oopgemaak kan word en verwyder kan word. Dit het 414 liter stoorplek in die bagasiebak. Dié syfer word na 780 liter vergroot wanneer die sitplek platgeslaan word.

Die Type R spog met verskeie veiligheidskenmerke; die ABS-remstelsel bevat eletroniese remverspreiding en  noodremhulp, terwyl wegtrekhulp en stabiliteitsbeheer ook standaardtoerusting is. Laasggenoemde bevat ook Honda se “Agile Handling Assist”. Daarby is hy toegerus met outomatiese ruitveërs en kopligte, LED-dagryligte en parkeersensors. Daar is voorste-, kant- en gordynlugsakke en ISOFIX-hegpunte vir die agtersitplekke. Die deure sluit outomaties wanneer die motor wegtrek en die sleutellose toegang gee die bestuurder die keuse om net een deur, of al die deure oop te sluit.

 

Padindrukke: Wat sê Charlen?

Motorjoernalis  Charlen Raymond was MotorPlus se verteenwoordiger by die Dezzi Motorrenbaan buite Port Shepstone in Natal met die media-loodsing van die Type R. Hier volg sypadindrukke oor die Type R:

“‘n Mens moet seker eers noem dat die vorige Honda Civic Type R ʼn uiters ferm rit gehad het. In Normal’ modus was die kar baie styf gespan en in ‘R mode’ was dit so styf soos die rieme wat die Guptas hulself in vasgeloop het. So met die nuwe model het Honda werklik moeite gemaak om die kar van ʼn goeie rit te voorsien; iets wat aanpasbaar met die alledaagse lewe is. Daarom het die vervaardiger ‘Comfort’ bygevoeg wat die motor van ʼn gemaklike ritgehalte voorsien. En dit werk! Dog steeds hard, voel dit nie of jy aambeie begin kry nie. ‘R mode’ is natuurlik die pret modus en Honda het sy motors op die Dezi Raceway in Port Shepstone, Kwazulu-Natal, losgelaat dat mens dit kan ervaar.

Sodra geaktiveer maak dit die stuurgevoel meer direk, die versneller meer sensitief, die ses-spoed handratkas en koppelaar stywer, en die suspensie op en wakker om die voorgenoemdes se beste na vore te bring. Die 2.0-liter enjin laat al sy krag (228kW/400Nm) los vir ʼn 0-100km/h versnellopie van 5.8 sekondes. Top spoed is 272km/h. Om die baan wou die Type R net los wees. Dit skiet die pylvak af en elke skakeling van die ratte is presies en direk. Die remme, al was dit hoe gekook, het bly byt en het byna geen verswakking getoon nie. Om die draaie en vinnige esse het die kar soos ʼn vlieg aan jam geklou en het dit amper gevoel of dit vir die bestuurder skree: “Is dit al wat jy het?!”

Met elke rondte om Dezi Raceway het die kar vinniger gegaan, asof dit die baan leer ken. Die bestuurder raak meer konfyt met die kar se vermoëns en waar die limiete is. Die bande het wel ʼn paar keer geraas wanneer daar té warm in ʼn draai in gejaag word, maar dit is gou vergete wanneer ʼn beter lyn om dieselfde draai gekies word. Die kar voel geplant deur die draaie, veral omdat lugvloei onderdeur, bo-oor, en teen die kante help om die kar geplant te hou. En daardie groot drukvlerk is verantwoordelik om die agterkant stabiel te hou – en dit doen sy taak goed.

Teen R627 900 is die Honda Civic Type R nie goedkoop nie, maar dit dwing respek by beide die kompetisie en aanhangers af. Vir alledaagse gebruik is die kar nou baie meer aanpasbaar en vergeeflik, maar wanneer dit vereis word kan dit steeds daardie uitklophou gee wat met die Type R-naam geassosieer word. Dis ʼn lieflike kar, hierdie Type R, en die mark op wie dit gemik is weet presies wat hulle van die motor verwag en op te wagte kan wees.

Dis net dat met hierdie generasie is die kar meer volledig. En dis ʼn goeie ding.”

 

Daar is ses kleure vir die Type R beskikbaar, naamlik skakerings van wit, swart, blou, rooi en silwer asook twee skakerings van grys.

Die prys van R 627 900 sluit Honda se omvattende waarborg van vyf jaar of 200 000 km in, asook drie jaar se padbystand van die AA en ‘n diensplan van vyf jaar of 90 000 km. Dienstussenposes is elke 10 000 km.

Met die Type R wys Honda wat hy in sy motorsport-verbintenisse geleer het. Die Type R is vir mense wat dit geniet om  ‘n hoë verrigting motor te bestuur. Mense wat spoed geniet, maar dit ook wil beheer.


NEW HONDA CIVIC TYPE R

Raising the high-performance hatchback bar

  • All-new Honda Civic Type R sets high-performance hatch benchmark
  • Lightweight, ultra-rigid platform further enhances handling and refinement
  • Aggressive styling a direct expression of efficient aerodynamics
  • Six-speed manual transmission now features rev-matching technology
  • Racy interior offers spacious seating and Type R-specific features
  • Class-leading balance between ride comfort and engaging handling
  • The Honda Type Rrockets from rest to 100 km/h in a mere 5,8 seconds, and achieves a top speed of 272 km/h.
%d bloggers like this: