Hoogste NCAP-gradering vir Lexus UX

0 Comments

Lexus se onlangs bekend-gestelde UX het pas het pas ‘n vyf-ster gradering in die jongste Euro NCAP-botsings toetse behaal.

Hierdie uitslag plaas die UX in die geselskap van die veiligste motors van sy soort vir die beskerming van bestuurders en passasiers; dit het 96% vir die doeltreffende beskerming van volwassenes en 85% vir kinders behaal.

Die UX het ook die hoogste gradering van enige motor wat nog onder die Euro NCAP se strenger kriteria vir die beskerming van fietsyers en voetgangers behaal en die outomatiese noodrem het ‘n 82% gradering vir die beskerming van kwesbare padgebruikers verseker.

Die nuutste weergawe van Lexus se Safety System SE+ is standaard toerusting vir die UX; dit behels ‘n aantal nuwe en verbeterde aktiewe veiligheids-eienskappe wat die bestuurder kan waarsku en alledaagse botsings-risiko’s kan vermy. Die erns van onafwendbare botsings word ook deur hierdie stelsel verminder. Die gevorderde tegnologie sluit ‘n voorbotsstelsel in; dit bespeur voetgangers voor in die pad van die voertuig bedags en snags, terwyl fietsryers in daglig bespeur kan word.

Aanpasbare spoed-beheer en baanhou-hulp is twee belangrike kenmerke wat outomatiese bestuurs-ondersteuning bied. Die aanpasbare spoed beheer reguleer die volgafstand tussen die bestuurder en die motor voor hom of haar en tydens ‘n verkeersknoop sal die motor tot stilstand gebring word en weer teen die voorafgestelde snelheid laat beweeg as die bestuurder dit wil hê en die pad oop is. Baanhou-hulp lees padmerke om die motor in sy baan te hou; hierdie twee stelsels verlig die bestuurder se las terwyl hy of sy steeds in beheer van die voertuig is.

Die stelsel bied ook padteken-hulp, ‘n baandwaal-waarskuwing, asook outomatiese hoëligstraal. Onder die passiewe veiligheids-kenmerke is daar agt lugsakke en sitplekgordels met styftrekkers en lasbeperkers.

Die UX beskik verder oor ‘n reeks voertuigrem- en stabiliteits-beheer kontroles wat deur die maatskappy se geïntegreerde voertuig-dinamika beheer gekoördineer word. Dit sluit stelsels soos ABS-remme, vastrap beheer, stabiliteitsbeheer en wegtrekhulp in. Daarby stel ‘n blindekol-monitor en ‘n agter-dwarsverkeerswaarskuwingstelsel die bestuurder van voertuie of ander gevare buite die siglyn in kennis en dit help om die voertuig teen botsings te beskerm wanneer daar van bane verwissel word of wanneer daar agteruit uit parkeerruimtes gery word.

Categories:

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: