Breaking News

Hyundai i30 N in SA

Na die suksesvolle internasionale bekendstelling van die sportiewe Hyundai i30 N is dit goeie nuus om te hoor dat hierdie hoë verrigting motor sopas in Suid-Afrika geloods is. Die i30N is toegerus met ‘n 2 liter-enjin wat ‘n kraglewering van 202 kW en ‘n wringkrag vir 353 Nm bied. Om hierdie krag in perspektief te stel: Die Golf7 GTI se 2 liter enjin lewer slegs 169 kW en het ‘n wringkrag van 350 Nm. 

Die Hyundai i30 N sal net deur 15 uitgesoekte Hyundai-handelaars verkoop word en Hyundai Suid-Afrika verwag om ongeveer 50 eenhede per jaar in Suid-Afrika te verkoop. 

%d bloggers like this: