Hyundai Kona wen Amerikaanse toekenning

0 Comments

Die Hyundai Kona en sy stalmaat, die Kona Electric CUV, is gesamentlik as die wenners van die Noord- Amerikaanse Nutsvoertuig van die Jaar aangewys. Dié toekenning word sedert 1994 deur die Noord- Amerikaanse Motor-Nutsvoertuig- en Vragmotor-van-die-jaar-mediajurie , wat bestaan uit ‘n onafhanklike paneel van vooraanstaande joernaliste en ontleders van die VSA en Kanada, gemaak. Vanjaar is 54 publikasies verteenwoordig; dit bestaan onder meer uit joernaliste van koerante, radio, televisie, tydskrifte, aanlynmedia, rubriekskrywers en vryskutjoernaliste.

Hierdie toekenning word elke jaar by die Noord-Amerikaanse Internasionale Motorskou in Detroit oorhandig en vanjaar is dit die eerste keer dat dit deur ‘n Hyundai gewen word. Die Kona is ook ‘n finalis in die Suid-Afrikaanse Motor-van-die-Jaar-kompetisie. Vanjaar se wenner word in April aangekondig.

Daarbenewens het die Kona ook verskeie ander toekennings gewen. Die Kona het onder meer ‘n iF- ontwerper stoekenning in die kategorie vir voertuie gewen; dit is een van die heel belangrikste ontwerp toekennings ter wêreld. iF staan vir International Forum en gee sedert 1953 erkenning aan produkte op alle gebiede van vervaardiging vir uitstaande ontwerp. Die Hyundai i20 , die Tucson en die nuwe i30, wat nog nie in Suid Afrika beskikbaar is nie, het dié toekennings in 2015, 2016 en 2017 onderskeidelik gewen. Vroeër in 2018 het die Kona ook die Red Dot-ontwerpers toekenning gewen; dit is een van die belangrikste toekennings wat erkenning gee aan uitnemende ontwerp en innovering. Die Hyundai NEXO-brandstofsel voertuig is saam met die Kona in die kategorie vir motors en motorfietse bekroon.

Ander toekennings wat die Kona die afgelope jaar gewen het, sluit in die kompakte sportnuts-voertuig van die jaar-toekenning van die Texas Auto Writers Association en die ABC-toekenning vir die beste motor van die jaar in Spanje, wat gemaak word deur ‘n jurie van 36 joernaliste van alle mediavorme, asook die mening van die publiek wat op die webtuiste van die koerant ABC vir hul gunsteling gestem het. Die toekenning neem verskeie faktore in ag; onder meer binne- en buiteontwerp, tegnologie, betroubaarheid, veiligheid en werkverrigting asook die algehele waarde wat ‘n voertuig bied. Die Kona het in elke opsig uitgeblink.

Die Kona is sedert Oktober 2018 in Suid-Afrika op die mark en is in twee modelle beskikbaar. Die 2,0 NA Executive is met ‘n sesgang-outomatiese ratkas beskikbaar en die 1,0 T GDI Executive is net beskikbaar met ‘n sesgang-handratkas.

Categories:

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: