Breaking News

Hyundai Santa Cruz bakkie kom 2021 eers na VSA

Eers VSA en dan die res van die wêreld?

Hyundai het nou amptelik aangekondig dat ‘n Hyundai ‘n bakkie vir die Amerikaanse mark ontwikkel het en dit sal as die Santa Cruz Pickup Truck bekendstaan. Dit gaan vanaf 2021 in Hyundai se aanleg in Montgomery in die Amerikaanse staat Alabama vervaardig word.

 

Hyundai se konsep van sy beplande Santa Cruz bakkie is reeds in 2015 by die Noord-Amerikaanse Internasionale Motorskou in Detroit vertoon, maar die eintlike produksiemodel kan moontlik anders lyk.

.

Soos met die meeste bakkies waarteen hy sal meeding, sal die Santa Cruz oor ‘n leerraam-onderstel beskik; dit beteken dat ‘n vierwielaangedrewe model met ‘n lae-strekratkas so te sê ‘n uitgemaakte saak is. Die moontlikheid bestaan dat die Santa Cruz met verskillende tipes kajuite beskikbaar sal wees, hoewel geen besonderhede nog bekendgemaak is nie.

Die moontlikheid bestaan dat die Santa Cruz met dieselfde 3-liter turbo-dieselenjin, wat in die Genesis GV 80-sportnutsvoertuig wat nie in Suid-Afrika beskikbaar is nie, voorkom, toegerus sal word.

Daar word daar bespiegel dat Hyundai se N-afdeling aan ‘n moontlike Ford Ranger Raptor-mededinger werk; hierdie model sal dalk toegerus word met dieselfde enjin as die Huyndai i30 N wat sopas in Suid-Afrika bekendgestel is. Die verwagte maksimum kraglewering van hierdie enjin is 225 kW.

Verdere besonderhede sal later bekendgemaak word.

%d bloggers like this: