Breaking News

Hyundai stel nog ‘n klein sportnuts bekend

Die Hyundai maatskappy het sopas sy internasionale beskikbare reeks sportnutsvoertuie, wat uit die Kona, Creta, Tucson, Santa Fe en Palisade (wat nie in Suid-Afrika beskikbaar is nie) uitgebrei met die toevoeging van die Venue, wat by die New York-motorskou bekendgestel is.

Volgens Stanley Anderson, die verkoopsdirekteur van Hyundai Automotive Suid-Afrika, word die Venue vir Suid-Afrikaanse bekendstelling oorweeg, sodra ‘n lewensvatbaarheid studie voltooi is. Mnr. Anderson beskryf die Venue as klein maar prakties en veelsydig terwyl hy ook oor hope karakter beskik. Die Venue sal in Suid-Korea en in Indië vervaardig word en beloof om vir intreevlak-kopers ‘n unieke voertuig te bied wat ‘n moderne en veelsydige ontwerp asook tegnologies gevorderde kenmerke het.

Die Venue se ontwerp bou voort op die nuwe rigting wat Hyundai deesdae met sy sportnut voertuie, veral die nuwe Santa Fe en die Kona inslaan. Die hoë dagryligte en die groot kopligte wat laer gemonteer is, gee die Venue ‘n onmiskenbare voorkoms terwyl die agterligte hoog gemonteer is. Sang Yup Lee, die uitvoerende visepresident vir ontwerp van die Hyundai-groep, sê die Venue is dalk klein, maar sy unieke en dinamiese ontwerp laat hom by ander voertuie in sy klas uitstaan. Hoewel die Hyundai-ontwerprigting dudelik in die Venue na vore kom, sal hy op ‘n ander teikenmark as ander sportnuts voertuie in Hyundai se reeks gemik wees.

Ondanks die Venue se kompakte buite-afmetings bied die Venue se binnekant voldoende ruimte vir die stedelike pendelaar en die plat voubare agter sitplek wat in ‘n 60/40-verhouding verdeel is, maak dat groter items in die bagasie-bak gelaai kan word wanneer dit nodig is. Daar is ook gevorrderde tegnologiese kenmerke wat die binnekant vir die bestuurder so gemaklik as moontlik maak. Die raak-skerm van agt duim bevat volle slimfoon-verbinding met Android Auto en Apple Car Play, asook toepassings gebaseerde navigasie en stembeheer. Verdere geriefskenmerke is twee USB-kragpunte, ‘n trukamera, en ‘n 3,5 duim TFT-instrumente paneel wat alle moontlike inligting gee.

Die sentrale tema van die model-benamings van Hyundai se sportnuts voertuie is plekke, en in die geval van die Venue is dit “’n plek waar mense gesien wil word.” Die naam simboliseer die karakter-eienskappe van “die plek om te wees” terwyl ‘n mens jou finale bestemming bereik, waar dit ook al is, asook ‘n byderwetse en unieke styl wat presies reg vir Hyundai se kleinste sportnuts voertuig is.

Verdere besonderhede, soos tegniese spesifikasies en die Suid-Afrikaanse bekend-stellings datum, sal later bekend gemaak word.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: