Isuzu brei X-Rider-reeks uit

0 Comments

Isuzu Motors Suid-Afrika het pas ‘n nuwe model by sy uiters suksesvolle X-Rider reeks gevoeg.

Die X-Rider is aanvanklik in 2016 as ‘n beperkte model bekendgestel maar sy gewildheid het gemaak dat dit gou ‘n permanente model geword het en nou in vier modelle beskikbaar is.

Die jongste X-Rider word toegerus met dieselfde drie-liter turbo-diesel enjin as wat in ander modelle van die D-Max-reeks, onder meer die LX gebruik word. Hierdie enjin, wat net met ‘n outomatiese ratkas met ses gange beskikbaar is, lewer 130 Nm teen 3 600 opm en wringkrag van 380 Nm teen tussen 1 800 en 2 800 opm. Die nuweling is net as ‘n 4×2 beskikbaar.

Soos sy X-Rider-stalmaats spog die 3,0  TD met swart dakspore, ‘n swart rolstaaf met die X-Rider-kenteken, ‘n klankstelsel met ‘n veelfunksie-raakskerm van agt duim, ‘n trukamera en ‘n trekstang wat hom in staat stel om ‘n woonwa of sleepwa van tot 3,5 ton te sleep, asook 18 duim diamantsnit-allooi wiele wat teen geen ekstra koste ook in swart beskikbaar is.  Slegs drie kleure is beskikbaar, naamlik wit, rooi en silwer.

Die prys van die X-Rider 3,0 TD, wat ‘n waarborg van vyf jaar of 120 000 km en ‘n diensplan van vyf jaar of 90 000 km insluit, is R 551 100.

Categories:
%d bloggers like this: