Isuzu se gewilde vragmotors verbeter

0 Comments

Die afgelope ses jaar is Isuzu se middelslag- en swaar vragmotors die topverkoper in hul marksegmente, aangesien hierdie vervaardiger die grootste verskeidenheid modelle bied en die voorste vervaardiger is vir onderstel-en-kajuit-modelle wat toegerus met ‘n laaibak of ‘n ander tipe bak na aanleiding van die verlangde loonvrag en doel.

Die N-reeks word geklassifiseer as ‘n middelslag-vragmotor met ‘n bruto voertuigmassa van tussen 3 500 tot 8 500 kilogram. Dit beteken dat ‘n loonvrag van tussen 1,5 ton en 4,5 ton gedra kan word afhangende van die massa van die laaibak. Die F-reeks maak voorsiening vir die marksegment vir vragmotors met bruto-voertuigmassas van tussen 8 500 en 16 500 kg asook vir die segment bokant 16 500 kg.

Vragmotors wat vir vervoer-doeleindes gebruik word, word gekies na aanleiding van hul bruto-voertuigmassa, wat die massa van die voertuig en die vrag insluit, en daarom is een voertuig nie geskik vir alle doeleindes nie. Die voertuig se bruto-massa, naamlik die massa van die voertuig en die loonvrag kan, tesame met prys, ‘n kritieke faktor in die keuse van ‘n vragmotor wees. Die hele Isuzu-reeks maak gebruik van ‘n voorstuurkajuit en die N- en F-reekse deel sekere komponente, onder meer deure. Die voorstuurkajuit bied sekere belangrike voordele vir bestuurders en vlooteienaars, waaronder optimale bakgrootte vir verskeie lang- en kortasafstand toepassings, maksimum gebruik van as-kapasiteite vir ideale massaverspreiding van die loonvrag, die ideale bestuurs posisie vir verkeer, laaiareas en alle padtoestande, ‘n kajuit wat kantel om toegang tot die enjin te kry om versiening so vining en maklik as moontlik te maak, en maklike toegang tot die kajuit vir die bestuurder en ander insittendes.

Die moderne, tegnologies gevorderde kajuitontwerp van die N- en F-reekse is, in ooreenstemming met die Japanse Kaizen-filosifie van voortudrende verbetering, nog verder ontwikkel. Aangesien die bestuurder-sitplek heelwat straf moet verduur wanneer daar gedurig in en uit die voertuig geklim moet word, is ‘n nuwe swaardiens-bestuurdersitplek nou standaard toerusting vir die N-reeks. Die hele N- en F-reeks word ook nou toegerus met ‘n sentrale sluitstelsel wat met die sleutel werk; dit gee die bestuurder beheer oor die veiligheid van die insittendes en die voertuig self en verminder die moontlikheid van voertuigkaping. Daarmee saam is elektriese vensters ook standaard toerusting vir die N- en F-reekse. Die vlagskip-modelle van albei reekse word ook toegerus met AMT (Automated Manual Transmission)-ratkaste en ‘n 24V-radio-en-luidspreker stelsel wat ‘n CD-speler, ‘n USB- kragpunt en Bluetooth-verbinding.

Ingevolge die dertiende wysiging van die Padverkeers-wet, wat op 4 Mei 2007 in Staatskoerant 29865 gepubliseer is, is daar geen beperking op die aantal persone wat agter op ‘n goederevoertuig gedra mag word nie, maar daar mag geen gereedskap of ander goedere, behalwe persoonlike besittings, terselfdetyd op die laaibak wees tensy dit deur ‘n afskorting geskei word nie. Isuzu het hier die leiding geneem deur dubbelkajuitmodelle van sy 4×2 middelslag- en swaardiensmodelle op die mark te bring. Daar is sewe dubbelkajuitmodelle in die N-reeks, naamlik twee met ‘n bruto-voertuigmassa (BVM) van 5 200 kg, twee met ‘n BVM van 6 200, waaronder ‘n 4×4, en twee met ‘n BVM van 7 500. Daar is drie dubbelkajuitmodelle in die F-reeks, almal met ‘n BVM van 13 500kg, onder meer ‘n 4×4 en een met ‘n AMT-ratkas. Die dubbelkajuite het plek vir sewe mense, wat die bestuurder insluit, en elkeen het ‘n aparte sitplekgordel. Isuzu stel die standard vir die vervoer van mense en goedere. Aan die begin van 2019 is daar reeds onderskeidelik 2 601 en 456 dubbelkajuit-modelle van die N- en F- reeks verkoop.

Die Isuzu AMT-ratkas het die standard geword waaraan outomatiese ratkaste vir vragmotors gemeet word. Teen die einde van 2018 is daar onderseidelik 9 624 en 4 536 N- en F-reeks AMT-modelle verkoop. Die Isuzu N-reeks was die eerste vragmotor wat in Suid-Afrika met ‘n AMT-ratkas verkoop is, en die F-reeks AMT het in 2010 gevolg. Die gladde ratwisseling van die AMT-ratkas maak ‘n groot verskil in die bestuurservaring en maak dat die bestuurder swaar verkeer makliker kan baasraak. Die afwesigheid van ‘n koppelaar verminder loopkostes en maak dat die voertuig nie lank buite aksie is nie. Die ratkas het ook ‘n handratfunksie wat gebruik kan word wanneer toestande dit vereis of toelaat.

Veiligheid is van kritieke belang en daarom word die N- en F-reekse met die volgende veiligheids-kenmerke toegerus: ‘n dubbelkring-remstelsel wat maak dat die een nog steeds die voertuig tot stillstand bring indien die ander een dalk buite werking sou wees, ‘n uitlaatrem as standaard toerusting op alle modelle en ABS-remme vir die 4×4-modelle. Die kajuit wat kantel om toegang tot die enjin te kry, beskik oor drie slot meganismes wat keer dat dit per abuis vanself kantel en Isofix-gemonteerde sitplekgordels is standaard toerusting vir alle modelle.

Die N-reeks is beskikbaar met ‘n keuse van twee enjins; ‘n viersilinder-dieselenjin met ‘n verplasings-inhoud van 2 999cc wat 96 kW teen 2 800 opm en wringkrag van 330 Nm teen 1 600 lewer en ‘n viersilinder-dieselenjin met ‘n verplasingsinhoud van 5 193cc wat 110 kW teen 2 600 opm en wringkrag van 404 Nm teen tussen 1 500 en 2 600 opm lewer. Die F-reeks is ook met twee enjins beskikbaar, ‘n dieselenjin met vier silinders en ‘n verplasingsinhoud van 5 193cc wat 154 kW teen 2 600 opm en wringkrag van 637 Nm teen tussen 1 600 en 2 600 opm lewer en ‘n sessilinder- dieselenjin met ‘n verplasingsinhoud van 7 790 cc wat 176 kW teen 2 400 opm en wringkrag van 706 Nm teen tussen 1 450 en 2 400 opm lewer.

Alle Isuzu-vragmotors word gerugsteun deur ‘n waarborg van twee jaar ongeag die voertuig se kilometerafstand en daar is 37 handelaars landwyd. Die volledige N- en F-reekse se pryse lyk soos volg:

 

N-reeks:

(sonder BTW) (BTW ingesluit)
NLR 150 R327 750,00 R376 912,50

NMR 250 R348 400,00 R400 660,00
NMR 250 AMT R367 100,00 R422 165,00
NMR 250 SWB AMT R367 100,00 R422 165,00
NMR 250 CREW CAB AMT R448 900,00 R516 235,00

NPR 275 AMT R381 600,00 R438 840,00

NPR 300 R385 750,00 R443 612,50
NPR 300 AMT R405 950,00 R466 842,50

NPR 400 R416 450,00 R478 917,50
NPR 400 SWB R416 450,00 R478 917,50
NPR 400 AMT R432 600,00 R497 490,00
NPR 400 CREW CAB AMT R520 650,00 R598 747,50

NPS 300 4X4 ABS R500 300,00 R575 345,00
NPS 300 4X4 SWA ABS R518 300,00 R596 045,00
NPS 300 4X4 CREW CAB ABS R600 550,00 R690 632,50
NPS 300 4X4 CREW CAB SWA
ABS R614 400,00 R706 560,00

NQR 500 R448 100,00 R515 315,00
NQR 500 SWB R448 100,00 R515 315,00
NQR 500 AMT R464 800,00 R534 520,00

F-reeks:

(Sonder BTW) (BTW ingesluit)
FRR 550 R620 150,00 R713 172,50
FRR 600 AMT R609 450,00 R700 867,50

FSR 750 CREW CAB AMT R877 200,00 R1 008 780,00
FSR 800 R703 750,00 R809 312,50
FSR 800 AMT R741 100,00 R852 265,00
FSR 800 SWB R703 750,00 R809 312,50

FTS 750 4X4 ABS R917 050,00 R1 054 607,50
FTS 750 4X4 SWA ABS R932 800,00 R1 072 720,00

FTR 850 R747 100,00 R859 165,00
FTR 850 AMT R784 800,00 R902 520,00
FTR 850 SWB R739 950,00 R850 942,50
FTR 850 LWB R775 400,00 R891 710,00
FTR 850 COMPACTOR R775 400,00 R891 710,00

FVR 900 R903 500,00 R1 039 025,00

FVM 1200 R905 350,00 R1 041 152,50

FVZ 1400 R1 059 800,00 R1 218 770,00
FVZ 1400 AUTO R1 262 250,00 R1 451 587,50
FVZ 1400 SWB R1 096 050,00 R1 260 457,50
FVZ 1600 COMPACTOR R1 105 300,00 R1 271 095,00

Categories:

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: