Jeep Cherokee: 44 jaar en vier miljoen eenhede later

0 9 Comments

Deur Daantjie Badenhorst.

In 1974 het die destydse American Motors Corporation (AMC) ‘n nuwe model bekendgestel wat gemik was op jong 4×4-geesdriftiges wat meer ruimte nodig gehad het as wat die “tradisionele’ CJ-reeks kon bied.

Die Cherokee SJ was gebaseer op die reeds gevestigde Wagoneer-stasiewa maar was aanvanklik net met twee deure beskikbaar. Hierdie model het die rewolusionêre Quadra Trac-vierwielaandwywingstelsel gehad; dit het outomaties verbeterde vastrapvermoë verseker deur middle van ‘n derde ewenaar wat die vastrapvermoë na al vier wiele gedurig gemonitor het.In 1977 is ‘n vierdeurmodel by die reeks gevoeg en dit het hom meer geskik gemaak vir alledaagse gebruik. Daar was drie modelle beskikbaar, die intreemodel, die S en die Chief. In 1978 is ‘n Levi-weergawe vy die reeks gevoeg; sy sitplekke het dieselfde partoon as die bekende Levi Strauss-denimbroeke gehad. Onder die Cherokee se standaardkenmerke was voorste vrywielnawe, ‘n voorste teenkantelstaaf en ‘n ten volle gesinchroniseerde handratkas met kort ratverhoudings en vier gange. Die SJ was beskikbaar met ‘n sessilinderenjin van 4,2 liter, of V8-enjins van 5,9 of 6,6 liter.

In 1984 is die XJ, die tweede geslag van die Cherokee, in die VSA bekendgestel, terwyl die Europese markte met linkerhandstuur hom aan die begin van 1985 gekry het. Gedurende die XJ se lewensduur het AMC ophou bestaan nadat Lee Iaccoca die voorsitter van die Chrysler-korporasie geword het. Iaccoca het Jeep se toekoms verseker deur dit deel van die Chrysler-groep te maak en die Cherokee het onder sy leiding ‘n groot sukses geword. Dit was die heel eerste splinternuwe Jeep sedert die SJ Wagoneer wat in 1963 bekendgestel is. Pleks van ‘n afsonderlike bakwerk en onderstel het die XJ Cherokee ‘n liggewig-, kompakte en ruimtedoeltreffende geïntegreerde bak- en raamontwerp gehad. Die aanvanklike reeks het petrolenjins van 2,5 liter met vier silinders, 2,8- en vier liter met ses silinders (die 2,8 was ‘n V6 en die vier liter ‘n reguit ses) en turbo-dieselenjins van 2,1 of 2,5 liter, elk met vier silinders, gehad. In 1997 het die XJ-reeks ‘n aantal veranderinge ondergaan en net die 2,5 liter-petrolenjin, die vierliter-petrolenjin en die 2,5 liter-turbodieselenjin was nog beskikbaar. Dit was ook in hierdie tyd dat die Cherokee vir die eerste keer in Suid-Afrika bekendgestel is nadat Chrysler weer tot die plaaslike mark toegetree het. Verskeie vlakke van afwerking was oorsee beskikbaar, maar net die Sport, Limited en Country is in Suid-Afrika bekendgestel.

In 2001 is die derde geslag van die Cherokee, wat in die VSA as die Liberty bemark is, bekendgestel. Twee splinternuwe enjins is bekendgestel, naamlik 2,4 liter- en 3,7 liter petrolenjins met onderskeidelik vier en ses silinders. Die turbodieselenjin het ‘n verplasingsinhoud van 2,5 liter gehad. Laasgenoemde was die eerste Jeep wat in die CSA met ‘n dieselenjin beskikbaar was sedert die Cherokee en die Comanche-bakkie in 1987. Daar was drie spesifikasievlakke, naamlik Sport (die intreemodel), Renegade (met ‘n meer sportiewe voorkoms) en Limited, wat die topmodel was. Dié geslag was ‘n internasionale sukses maar is in 2007 deur ‘n nuwe geslag vervang.

Die voorkoms van die nuwe model het baie herinner aan dié van die destydse Dodge Nitro, wat ‘n meer hoekige bakvorm as voorheen gehad het. Die bekendstelling van die kleiner Patroit en Compass het ook die einde van ‘n viersilinder-opsie vir die Cherokee beteken. Hierdie keer was daar net twee spesifikasievlakke, naamlik Sport en Limited, onderskeidelik die intree- en vlagskipmodelle.

Die vyfde, en huidige geslag van die Cherokee is al sedert 2014 op die mark en twee enjins is beskikbaar. Die Longitude, die intreemodel, is weer met ‘n viersilinderenjin, hierdie keer een met ‘n verplasingsinhoud van 2,4 liter beskikbaar en die Limited en die Trailhawk word toegerus met ‘n V6-enjin van 3,2 liter. Die Trailhawk is die veldry-weergawe en het ‘n lae-strekratkas as standaardtoerusting.  Die hele reeks word toegerus met ZF se jongste outomatiese ratkas met nege gange. In Januarie 2018 is ‘n hersiene weergawe van die Cherokee in die VSA bekendgestel en dié nuwe model sal na verwagting later vanjaar na Suid-Afrika kom. Onder die enjinkeuses is ‘n splinternuwe turbopetrolenjin van twee liter maar daar is nog geen sprake van ‘n dieselenjin nie. Onder die stileringsveranderinge is nuwe LED-kopligte en ‘n nuwe agterklap met ‘n meer moderne voorkoms.  Daar sal ook nuwe  afwerking vir die binneruim wees, tesame met ‘n meer gevorderde inligting- en-vermaakstelsel. Verdere besonderhede oor die nuwe modelreeks sal bekendgemaak word sodra dit beskikbaar is.

 

 

Categories:

9 thoughts on “Jeep Cherokee: 44 jaar en vier miljoen eenhede later”

  1. certainly like your web-site however you have to take
    a look at the spelling on quite a few of your posts. A number of them are rife with spelling problems and I find it very bothersome to inform the truth then again I’ll definitely come again again.

  2. Taruhan Judi Casino Online Terbaik Asia.
    Minimal deposit 15ribu Rupiah dan dapatkan Promo member baru 100%.
    Komisi Mingguan Terbaik. Proses pembayaran dan withdraw cepat.

    Menerima Pembayaran melalui 6 bank besar di indonesia yaitu Bca,Mandiri,
    Bri,Bni,Cimb dan Danamon.

  3. Web Judi Casino Online Terbaik Indonesia.
    Minimal deposit 15ribu Rupiah dan dapatkan Bonus member baru 100%.
    Komisi Mingguan Terbesar. Proses pembayaran dan penarikan cepat.

    Menerima Pembayaran melalui 6 bank besar di indonesia yaitu
    Bca,Mandiri,Bri,Bni,Cimb dan Danamon.

  4. Situs Judi Slot Online Terbaik Indonesia.
    Minimal deposit 15ribu Rupiah dan dapatkan Promo member baru 100%.

    Komisi Mingguan Terbesar. Proses deposit dan penarikan cepat.

    Menerima Pembayaran melalui 6 bank besar di indonesia yaitu Bca,Mandiri,Bri,Bni,Cimb dan Danamon.

  5. Situs Judi Tembak Ikan Online Terbaik Asia.
    Minimal deposit 15ribu Rupiah dan dapatkan Bonus member baru 100%.
    Komisi Mingguan Tertinggi. Proses pembayaran dan penarikan cepat.

    Menerima Pembayaran melalui 6 bank besar di indonesia yaitu Bca,
    Mandiri,Bri,Bni,Cimb dan Danamon.

  6. Situs Judi Casino Online Terlengkap Asia.
    Minimal deposit 15ribu Rupiah dan dapatkan Promo
    member baru 100%. Komisi Mingguan Terbaik. Proses deposit dan withdraw cepat.

    Menerima Pembayaran melalui 6 bank besar di indonesia yaitu Bca,Mandiri,Bri,Bni,Cimb dan Danamon.

  7. Great article! We are linking to this particularly great post oon our website.
    Keep up the good writing.

  8. I’m gone to inform my little brother, that he should
    also go to see this webpage on regular basis to take updated from latest gossip.

  9. Can you tell us more about this? I’d love to find out more details.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: