Koop kwaliteit bande

0 Comments

Dit is vreemd dat sommige motoriste ‘n duur, kwaliteit voertuig sal koop, maar wanneer dit tyd is om bande te vervang die goedkoopste bande van ‘n heeltemal onbekende vervaardiger sal aankoop.

Goedkoop koop is duur koop.

As jou veiligheid ter sprake is, is dit die reine waarheid; daarom het die bande-handelaar Tiger Wheel
& Tyre ‘n veldtog van stapel gestuur om mense bewus te maak van die gevare van goedkoop
bande.

Hoewel goedkoop bande onder normale omstandighede hoofsaaklik goed genoeg is, sê hulle dat nat
padtoestande die kaf van die koring skei. Daarom het hulle met hul Best in the wet-veldtog besluit
om bande van hoogstaande gehalte teen redelike pryse beskikbaar te stel. Hierdie veldtog duur van
24 Oktober tot 17 November 2019.

Die belangrikste rede hoekom ‘n mens liewer meer vir bande van gehalte moet betaal, is veiligheid.
Bekende vervaardigers soos Bridgestone, Goodyear, Continental, Hankook en Michelin is almal deel
van hierdie veldtog. Hulle almal bestee jaarliks miljoene aan navorsing en ontwikkeling; met die
volgende gevolge: uitsonderlike rubbersamestellings wat beter vastrapvermoë in nat toestande
verseker en loopvlakpatrone wat ontwerp is om die beste moontlike balans tussen werkverrigting
en veiligheid te bied, tesame met die beste moontlike verwydering van water en korter
remafstande. Die moontlikheid dat die motor in nat toestande gly, word ook so ver moontlik
uitgeskakel.

Nogtans sê Tiger Wheel & Tyre dat selfs die beste bande se leeftyd beperk is en dat enige band
met die minimum loopvlak, of wat baie naby daaraan is, ‘n motor se remvermoë nadelig beïnvloed
en maklik op ‘n nat pad kan gly. Onlangse toetse in nat toestande deur die Duitse tydskrif Auto Bild
het dit duidelik uitgewys. Met nuwe Continental-bande het ‘n motor binne 29,58 meter van 80
km/h af tot stilstand gekom; die afstand met goedkoop bande was 38,02 meter. Daarom is dit
duidelik dat geen kompromie gesluit moet word met die aankoop van bande nie; dit moet nie net
geskik wees vir alledaagse gebruik nie, maar ook vir nat toestande wat hul vermoëns tot die uiterste
beproef.

Enigiemand wat vrae het of die verskillende opsies wil bekyk, kan by hul naaste tak of www.twt.to ‘n
draai gaan maak om die nodige antwoorde asook bande teen redelike pryse te kry.

Categories:
%d bloggers like this: