Laaste Golf 7-weergawe amper hier

0 Comments

Volkswagen Suid-Afrika (VWSA) is van plan om die nuwe Golf 8-reeks later vanjaar bekend te stel, maar intussen kan motor lief-hebbers uitsien na ‘n laaste weergawe van die Golf 7.

Die Golf 7 GTI TCR sal van vandeesmaand af op spesiale bestelling by Volkswagen-handelaars beskikbaar wees, en is gebaseer op die renmotor met dieselfde naam wat die TCR-wedrenreeks twee keer gewen het.  Die TCR is die laaste weergawe van die Golf 7, waarvan 40 128 eenhede sedert sy bekendstelling in 2013 verkoop is. Altesaam 33% hiervan was GTI’s, wat Suid-Afrika een van  die tien grootste wêreld markte vir die Golf GTI maak.

Die GTI TCR sal net met vyf deure in Suid-Afrika beskikbaar wees en word onderskei deur Reifnitz-allooi wiele van negentien duim, geperforeerde skyfremme, dofswart buitespieëls, ‘n drukvlerk op die dak, heuningkoek-agtige kantstrepe en ‘n agterste lugverdeler.  Aan die binnekant is daar Alcantara-insetsels vir die deurpanele en die rathefboom, sportsitplekke met GTI TCR-afwerking en nuwe materiaal asook vloermatte met rooi en swart stikwerk, klimaat beheer en ‘n eksklusiewe sport-stuurwiel. Elke motor word individiueel genommer,en elke motor se nommer is net onder die GTI-kenteken op die agterklap.

Onder die tegnologiese hoogtepunte is dinamiese onderstelbeheer met verskillende bestuurders-profiele om van te kies, asook parallel-parkeer-hulp en ligdiode-kopligte. Die GTI TCR se turbo-aangejaagde twee-liter enjin lewer 213 kW  en wringkrag van 380 Nm teen tussen 1 950 en 5 300 opm en hy kan binne 5,6 sekondes van 0 tot 100 km/h versnel.

Daar is geen opsionele ekstras beskikbaar nie, en die enigste kleurkeuses is wit, rooi en grys. 

Net 300 eenhede sal beskikbaar wees teen ‘n prys van R 669 000.  Hierdie prys sluit ‘n waarborg van drie jaar of 120 000 km en ‘n  diensplan van vyf jaar of 90 000 km 

Categories:
%d bloggers like this: