Mustang Mach kom terug in 2021

0 Comments

Legendariese Mustang-model naam gou terug

In 1969 het Ford ‘n nuwe model tot die Mustang-reeks gevoeg wat beter werkverrigting as die Mustang GT gelewer het, maar meer bekostigbaar as die Boss en Shelby was.

Twee jaar later was die Mach 1 ook deel van die groter Mustang-reeks wat daardie jaar bekendgestel is, en hy was met ‘n reeks enjins beskikbaar. Die Mustang II, wat in 1974 op die mark gekom het, was kleiner as sy voorganger en die Mach 1 was beskikbaar met ‘n opsionele sportveer-stelsel wat sy hantering en padhou-vermoë aansienlik verbeter het. Hierdie model was vyf jaar lank op die mark. In 2003 en 2004 was die Mach 1 terug, en hierdie model het ontwerpelemente van die oorspronklike weergawe met moderne werkverrigting gekombineer. 

 

Nou het Ford aangekondig dat ‘n nuwe Mach 1 vir die 2021-modeljaar bekendgestel sal word.  Die oogmerk van die nuwe model, wat net in beperkte getalle beskikbaar sal wees, is om aan Mustang gees-driftiges ‘n motor te bied wat uitsonderlike werkverrigting sal lewer en ‘n versamelaarsitem sal word.

Volgens Dave Pericak, die direkteur van Ford Icons, sal die nuwe model getrou wees aan die Mach 1-erfenis en nie net ‘n aantreklike voorkoms hê nie, maar ook uiters geskik wees vir motorrenne. 

Verdere besonderhede, soos spesifikasies, prys en die moontlike bekendstelling in Suid-Afrika, is nog nie bekendgemaak nie.

Categories:
%d bloggers like this: