Lexus se nuwe IS aanstaande jaar hier

0 Comments

Die jongste weergawe van die Lexus IS is pas Australië bekendgestel en die goeie nuus is dat dié nuweling op pad is na Suid-Afrika.

Lexus Suid-Afrika se eerste voorraad sal na verwagting in die eerste kwartaal van 2021 hier aankom en die bekendstelling sal kort daarna plaasvind. Die plaaslike reeks sal uit drie modelle bestaan, en almal sal ‘n kombinasie van inspiredende ontwerp, verbeeldingryke tegnologie en toonaangewende bestuurs-dinamika bied.

Die nuwe modelle sal vir die eerste keer met allooiwiele van 18 duim vir die twee intreemodelle bied terwyl die vlagskip met 19 duim-wiele toegerus sal word. Die voetparkeerrem van die huidige reeks word met ‘n elektronies parkeerrem vervang en ‘n nuwe raakskerm van 10,3 duim sal onder meer Android Auto en Apple Car Play bied. Twee modelle sal ook met aktiewe spoedbeheer en baanhouhulp toegerus word. Daarby is sleutellose toegang met ‘n aansitknoppie, ‘n nuwe multimedia-klankstelsel met ‘n keuse van 10 of 17 luidsprekers afhangende van die model en elektroniese multiskerm-navigasie standaard toerusting. Die topmodel sal ook met ligdiode-kopligte met outomatiese hoostraalwerking toegerus word.

Die kenmerkende uurglas-sierrooster wat ‘n Lexus-stilerings-kenmerk is, is hersien vir die IS en behels ‘n drie-dimensionele struktuur wat uit die voorste punt van die rooster kom. Blokvorms wat op ‘n spilmotief gemonteer is, kombineer met ‘n maaspatroon om ‘n sportiewe indruk te bewerkstellig.

Hoewel nadere besonderhede van die samestelling van die modelreeks en die standaard-kenmerke waarmee elke model toegerus word, eers met die bekendstelling aangekondig word, sal een model toegerus word met ‘n aangepaste 2,5 liter-enjin wat aan ‘n hibriede-elektriese stelsel gekoppel sal word ; dit sorg vir meer instinktiewe reaksie en verbeterede werkverrigting. 

Lexus se toonaangewende fabriekswaarborg en instand-houdingsplan sal standaard toerusting wees wanneer die nuwe reeks hier bekendgestel word.

 

Categories:
%d bloggers like this: