Lexus se RX gou opgeknap

0 Comments

Lexus het pas ‘n verbeterde weergawe van sy RX-sportnuts voertuig internasionaal bekendgestel.

Dit is die jongste in ‘n reeks verbeterings wat dié model-reeks sedert sy buiging ondergaan het,en is ‘n teken van dié Japanse vervaardiger se voort-gesette toewyding om sy status as baan-breker in die segment vir luukse sportnuts voertuie te behou.

Die nuwe buitekant behou die kragtige en sportiewe voorkoms van sy voorganger terwyl die karakter-lyn wat van die voor-tot agterkant strek, verbeter is om die die motor uitsonderlik vloeiend en konsekwent te laat lyk. Die gevolg is ‘n elegante en dinamiese buitekant wat Lexus se huidige ontwerp-rigting beklemtoon.

Die nuwe RX se ritgehalte is baie dieselfde as dié van die LS-sedan en LC-koepee terwyl die ingenieurs elke deel van die voertuig ondersoek en die stewigheid van die bakwerk en veerstelsel verbeter het en ‘n nuwe rembeheer-stelsel bygevoeg het.

Die gevolg is ‘n voertuig met ‘n uitstekende hanterings-gevoel en akkuraatheid. Die RX word ook toegerus met die wêreld se eerste Blade Scan Type AHS en die jongste weergawe van Lexus se Safety System +.

Herontwerpte voor- en agter-stampers bied ‘n vloeiende integrasie van karakter-lyne van voor na agter; dit verhoog die voertuig se dinamiese voorkoms. Die koppel vlakke is in ‘n reguit lyn aan die onderkant van die sier-rooster verbind om ‘n gevoel van verhoogde krag en stabiliteit te bied. Die ontwerpers het die onderste stamper met die wielnisse gekoppel, wat met die raam-grafiek  op die onderste deel van die agterste pilaar versmelt om ‘n duidelik elegante en kragtige vorm aan die agterkant te verleen. Daar is nuwe, slanker kopligte aan weerskante van Lexus se kenmerkende uurglas-vormige sier-rooster en die agterlig-samestellings het nou ‘n L-vormige motief.

Lexus is ‘n baanbreker in beligtings-tegnologie en was die eerste vervaardiger wat aanpasbare hoëligstraal (AHS) ontwikkel het om veiligheid met aankomende verkeer te verbeter.  Met die RX word dit nog verder gevoer met die bekendstelling van die Blade Scan-kopligte. Dit beheer die lig-verspreiding presies deur die rotasie van die lemspieël te sinchroniseer en die ligdiodes aan en af te skakel. Omdat die effek van die hoëstraal-ligte op ‘n natuurliker manier vergroot kan word, word kolle wat met gewone hoëligstraal-stelsels, soos die skouer van die pad, verlig. Dit stel die bestuurder ook in staat om voetgangers en padtekens gouer raak te sien sonder dat die sig van die bestuurder of diegene wat in die teenoor-gestelde rigting beweeg, belemmer word. Die Blade Scan-ligstelsel sal weens plaaslike wetgewing nie noodwendig in alle lande beskikbaar wees nie.

Die nuwe RX word ook toegerus met die jongste Lexus Safety System +, wat gevorderde veilgiheids- en ongeluks-voorkomings tegnologie bied. Die voorbots-stelsel gebruik ‘n kamera in die voertuig asook ‘n millimeter golf-radar in die sier-rooster om fietsryers in daglig en voetgangers in lae-lig toestande te bespeur. Die kombinasiese van dinamiese radar spoed-beheer en baandwaal-waarskuwing maak dit vir die bestuurder makliker om op die oop pad in sy of haar baan te bly. Laas-genoemde stelsel gebruik ‘n hoorbare en visuele waarskuwing of deur die stuurwiel te laat vibreer en kan ook ‘n klein stuurwiel-korreksie doen.

Die nuwe inligting-en-vermaak stelsel maak van ‘n raak-skerm eerder as ‘n beheerknop gebruik; dit kan benewens Lexus se raak-koppelvlak gebruik word. Daar is ‘n nuwe foonhouer met ‘n USB-kragpunt en die stelsel is versoenbaar met Apple Car Play, Android Auto en Baidu Car Life. Stembeheer word deur middel van die wolkverbinding hanteer, of deur Apple Siri 6, Google Assostant of Baidu Car Life. Die Lexus-navigasie stelsel of die eienaar se selfoon kan vir navigasie gebruik word.

Die samestelling van die plaaslike reeks, asook pryse, sal bekendgemaak word wanneer die nuwe modelle in September vanjaar bekendgestel word.

Categories:

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: