Lexus se sportnutse nou luukser

0 Comments

Lexus het pas aangekondig dat sekere van sy sportnutsvoertuie voortaan met nuwe toerusting sal spog. 

Die LX is die vlagskip van die reeks, en is een van die min voertuie wat weelde met ware veldry-vermoë en sitplek van tussen vyf en agt mense kan kombineer.  Twee modelle is beskikbaar, naamlik die LX 570 en die LX 450d. Die 570 word toegerus met ‘n 5,7 liter V8-enjin wat 270 kW teen 5 600 opm en wringkrag van 530 Nm teen 3 200 lewer en gekoppel word aan ‘n outomatiese ratkas met agt gange. Die 450d se  V8-turbo-diesel enjin met verplasing-sinhoud van 4,5 liter lewer 195 kW teen 3 400 opm en wringkrag van 650 Nm teen tussen 1 600 en 2 600 opm en word aan ‘n outomatise sesgangratkas gekoppel. Die volgende nuwe kenmerke is standaardtoerusting vir die LX: koordlose  kopstukke, ‘n gonser wat die bestuurder waarsku as die sitplekgordel nie gebruik word nie, ‘n nuwe kleur, naamlik Terran Khaki, wat oorspronklik net vir die UX beskikbaar was, en ‘n nuwe binneruim-beslag, naalik Ochre, ‘n natuurlike klei-aardepigment met ‘n mengsel van klei- en sandskakerings. Albei LX-modelle se pryse sluit ‘n onderhoudsplan van sewe jaar of 100 000 km in.

Daar is vier modelle in die RX -reeks. Die RX 350 EX, die RX 350 L EX en die RX 350 F-Sport word toegerus met ‘n ses-silinder enjin van 3,5 liter. Die EX en F-Sport se enjin lewer 221 kW teen 6 300 opm en wringkrag van 370 Nm teen tussen 4 600 en 4 700 opm. Die RX 350 L EX se weergawe lewer 216 kW teen 6 300 opm en wringkrag van 358 Nm teen tussen 4 600 en 4 700 opm. Albei enjins word aan ‘n outomatiese agtgangratkas gekoppel. Die RX 450h SE word toegerus met ‘n hibriede-enjin van 3,5 liter met ‘n palwissel (CVT)-ratkas wat 193 kW teen 6 000 en wringkrag van 335 Nm teen 4 600 opm lewer. Die hele reeks kry nuwe sitplekbekleedsel; die EX kry natuurlike leersitplekke en die L en SE natuurlike hoëgraadse leersitplekke. Die EX-modelle sal ook voortaan met dieselfde Dynamic Auto-kopligte as die res van die reeks toegerus word. 

Die NX-reeks het die meeste verbeteringe ondergaan, en die hibriedemodel is nou as EX en SE-weergawes beskikbaar. Die reeks bestaan uit die NX 300 EX, die NX 300h EX en SE en die NX 300 F-Sport. Die 300 NX en F-Sport se tweeliter-turbo-petrol enjin lewer 175 kW teen tussen 4 800 en 5 600 opm en wringkrag van van 350 Nm teen tussen 1 650 en 4 000 opm. Hierdie enjin word aan ‘n outomatiese sesgangratkas gekoppel. Die hibriedemodel se enjin, wat aan ‘n palwissel-ratkas gekoppel word, lewer 114 kW teen 5 700 opm en wrinkgrag van 210 Nm teen tussen 4 200 en 4 400 opm. Die hele reeks kry ‘n nuwe kleur vir die toereteller; die gedeelte naaste aan die rooi lyn sal voortaan pienk wees. Die  ontwerp van die toetergedeelte van die stuurwiel is verander en  die kompakte Lexus-embleem word voortaan gebruik. Die EX-modelle se agterklap sal ook voortaan oor sleutellose toegang beskik.  Die F-Sport en Hybrid SE se klankstelsel word opgegdareer: hierdie modelle beskik nou oor ‘n Mark Levinson-klankstelsel met veertien luidsprekers. Die Hybrid SE se wielontwerp word van Base Alloy na High Alloy verander en die parkeerafstandbeheer vir die EX en SE beskik oor inteliggente sonars voor en agter om ruimtes te beheer. Drie nuwe kleure word vir die EX, SE en hibriedemodelle bekendgestel, naamlik Terrane Khaki, Celestial Blue en swart, terwyl al hierdie kleure, saam met White Nova, ook vir die F-Sport beskikbaar sal wees.

Die UX-reeks, wat onlangs uitgebrei is toe die UX 250h EX bygevoeg is, bly onveranderd.

Die pryse van die Lexus-sportnutsvoertuie, wat ‘n onderhoudsplan van sewe jaar of 100 000 km vir die LX en sewe jaar of 105 000 km vir die RX en NX insluit, lyk só:

NX 300 EX: R 760 900

NX 300 F-Sport: R 901 500

NX 300h SE: R 992 000

RX 350 EX: R 1 053 100

RX 350 L EX: R 1 131 400

RX 350 F-Sport: R 1 178 200

RX 450h SE: R 1 369 200

LX 450d: R 1 894 100

LX 570:  R 1 827 600

Categories:
%d bloggers like this: