Breaking News

Mahindra KUV 100 kry pretmodelle by reeks

Mahindra het 2020 afgeskop deur te kyk hoe kan hulle die ander sleutels op die sleutelbord soos die plusteken  (+) en die “hekkie” (#) in hulle benamings van modelle  gebruik en … siedaar: Twee spesiale weergawes van die KUV 100 bekend as die Mahindra KUV K2+ #DARE en die Mahindra KUV K6+ #DARE is by sy reeks te voeg.

Die #DARE kan van sy gewone stalmaat onderskei word deur middel van swart allooi-wiele, ‘n swart dak, asook #DARE-kentekens op die agterdeure en die agterklap. Mahindra het die #DARE, wat deur Mahindra se spesiale passentrum in Gauteng geskep is, ‘n permanente model in die reeks gemaak, aangesien die eerste besending gou uitverkoop is en nou is die reeks uitgebrei met die toevoeging van die Mahindra KUV 100 K6+ model (Of te wel die K6+ #DARE), wat net onder die K8+ in die reeks inpas.

Die K6+ #DARE lyk presies dieselfde as die K2+-weergawe, maar aan die buitekant word hy met ‘n agterste ruitveër en verwarmer toegerus. Aan die binnekant spog hy met matte met die Mahindra-naam, asook ‘n klank-stelsel met ‘n volkleur-raakskerm van sewe duim en Bluetooth-verbinding en ‘n veelfunksie-stuurwiel. Soos die res van die reeks, spog die K6+#DARE ook met twee lugsakke en ABS-remme met elektroniese remkrag-verspreiding. Die KUV 100+-reeks het vyf sterre tydens Indië se BNCAP-assesserings program verwerf. Een jaar se omvattende versekering word by die K6+ #DARE se prys ingesluit.
Só lyk die KUV 100 NXT-reeks se pryse:

KUV100 NXT K2 Petrol R142 999

KUV100 NXT K2+ #DARE Petrol R155 999

KUV100 NXT K6 Petrol R184 999

KUV100 NXT K6+ #DARE Petrol R195 999

KUV100 NXT K6+ Diesel R214 999

KUV100 NXT K8+ Petrol R209 999

KUV100 NXT K8+ Diesel R234 999

%d bloggers like this: