Breaking News

Mahindra se veldryer meer avontuurlustig

Mahindra het sy ikoniese veldryer, die Thar, nog meer avontuurlustig as ooit tevore gemaak met die toevoeging van die Adventure Series, wat oor ‘n paar ekstra bykomstighede beskik.

Die Adventure Series is gebaseer op die Mahindra Thar, maar het die volgende kenmerke by: spesiale allooi-wiele, stampers wat vir veldry toestande ontwerp is, ‘n snorkel en ‘n staalkappie.

Die belangrikste bykomstigheid is die nuwe voorstamper, wat van Bundu Gear afkomstig is. Nie net loop die kante van die stamper skuins na bo om die reeds indrukwekkende invalshoek van 44 grade verder te verbeter nie, maar die sleephakke is helderkleurig en daar is hegpunte vir ‘n domkrag en ‘n bosbreker wat die sierrooster beskerm. Benewens die LED-ligte is daar ook plek vir ‘n voorste trekstang en ‘n elektriese wenas. Die agterste stamper beskik oor ‘n ingeboude trekstang en helderkleurige sleephakke asook hegpunte vir ‘n domkrag.

Benewens die normale seildak is ‘n staal kappie wat deur Getec verskaf word, en waarvan die voorste en agterste dele vir ‘n oopdak-bestuurs ervaring verwyder kan word, standaard toerusting. Daarby is ‘n snorkel met ‘n luguitlaat bokant die dak standaard toerusting vir diegene wat deur water wil bestuur. Laastens is A-Line-allooiwiele standaard toerusting terwyl bande wat meer geskik vir veldrytoestande soos Hankook Dynapro AT’s, wat beter vastrapvermoë in modder en sand bied, teen ekstra koste bestel kan word.

Die oorspronklike weergawe van die Thar was op die Willys Jeep van die Tweede Wêreldoorlog, wat die maatskappy onder lisensie vervaardig het, gebaseer. Die huidige model is baie meer modern, en word toegerus met ‘n turbo diesel-enjin van 2,5 liter wat 78 kW teen 3 800 opm en ‘n wrinkrag van 247 Nm met ‘n plat wring kragkurwe van tussen 1 200 en 2 000 opm lewer. Die Thar word toegerus met ‘n vyfgang-handratkas en ‘n lae-strekratkas.

Onder die bakwerk is ‘n leer-raam onderstel met bladvere, ‘n stabiliseerstaaf en hidrouliese skokbrekers. Dit gee die Thar ‘n grondvyhoogte van 200mm. In Suid-Afrika is ‘n meganiese agterste ewenaarslot en wielnawe wat outomaties sluit, standaard toerusting. Die vierwiel aandrywing-stelsel is in samewerking met Borg Warner en laestrek kan deur middel van ‘n skakelaar gekies word. Daar is hoë- en laestrekopsies in wierwiel aandrywing. Hoewel die Thar bedoel is vir veldrytoestande is kenmerke soos twee bekerhouers, lugversorging, kragstuur en ‘n 12 volt-kragpunt standaard toerusting.

Daar is drie kleure vir die Thar beskikbaar, naamlik Rocky Beige, Red Rage en DSAT Silver. Die prys van die Adventure Series, wat ‘n waarborg van twee jaar of 50 000 km insluit, is R293 999, terwyl ‘n diensplan van drie jaar of 60 000 km teen ‘n verdere R19 999 beskikbaar is.

9 thoughts on “Mahindra se veldryer meer avontuurlustig

  1. I do consider all of the ideas you have introduced
    on your post. They’re really convincing and can certainly work.
    Still, the posts are very quick for starters. Could you please lengthen them a
    little from subsequent time? Thank you for the post.

  2. I’ve learn some just right stuff here. Definitely price
    bookmarking for revisiting. I wonder how a lot effort you set
    to make this kind of excellent informative website.

  3. I really like your blog.. very nice colors & theme.
    Did you create this website yourself or did you hire someone to
    do it for you? Plz answer back as I’m looking to design my own blog and would like to
    find out where u got this from. thank you

  4. I think this is among the most vital info for me.
    And i’m glad reading your article. But should remark on some general things, The website style is wonderful, the articles
    is really nice : D. Good job, cheers

  5. Great weblog here! Also your site loads up fast! What web host are you the usage of?
    Can I am getting your affiliate hyperlink on your host?

    I wish my site loaded up as quickly as yours lol

  6. Everything is very open with a really clear explanation of the issues.
    It was truly informative. Your website is very useful. Thank you for sharing!

  7. I think this is one of the such a lot vital info for
    me. And i’m happy reading your article. However want to commentary on some common things, The website
    style is ideal, the articles is really great : D. Just right
    job, cheers

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: