Breaking News

Tydren van Marokko: Toyota Gazoo se Nasser Al Attiyah vaar goed in Sneltrajek 4

  • 2de in Sneltrajek 4 vir Nasser Al Attiyah; behou algehele voorsprong
  • De Villiers/Winocq onttrek van Sneltrajek 4

Die viermalige wenner van die Marokkaanse tydren, Nasser Al Attiyah, en sy navigator, Mathieu Baumel, het hul algehele eerste plek posisie in die 2018-Tydren van Marokko, die voorlaaste ronde van die FIA se wêreldbekerreeks vir veldtydrenne, in Sneltrajek 4 behou deur tweede te eindig.

Al Attiyah/Baumel het Maandagoggend 8 Oktober as die tweede motor op die pad weggespring agter die pasgekroonde wêreldkampioen, Jakub Przygonski (MINI). Die Toyota Gazoo Racing SA-jaers het dinge relatief rustig in dié lang sneltrajek aangepak en is 70 km voor die einde by Przygonski verby om die naasvinnigste tyd van die dag agter die MINI-jaer Cyril Despres aan te teken. Sneltrajek 4 was 342 km lank.  Dit was ook die laaste sirkelroete van die byeenkoms en het in in Erfoud begin en geëindig.

Hierdie vertoning plaas Al Attiyah/Baumel stewig in die saal met ’n buffer van 18 minute teenoor Przygonksi en 25 minute teenoor Despres. Dit was egter ’n teleurstellende dag vir De Villiers/Winocq nadat die uitlaatspruitstuk van hul Toyota Hilux halfpad deur die sneltrajek gebreek het. Hoewel dit nie ’n noodlottige probleem vir die Hilux was nie, hou die gebreekte uitlaatspruitstuk ’n groot brandgevaar in en Glyn Hall, die spanhoof, het besluit om die span as voorsorgmaatreël aan die res van die sneltrajek te onttrek.

“Giniel en Alex was vasberade om ’n goeie en skoon sneltrajek kaf te draf, maar dit het toe nie so gebeur nie,” het die Toyota Gazoo Racing SA-spanhoof by die oornagtentkamp by Erfoud gesê. “Ons kan net nie ’n brandgevaar waag nie, maar Giniel-hulle sal more verder jaag.”

Hul spanmaats Bernhard ten Brinke en Xavier Panseri, wat in ’n identiese Toyota Hilux jaag, het in Sneltrajek 3 met die navigasiewerk gesukkel, maar hard in Sneltrajek 4 gedruk. Die Nederlandse jaer het uitgehaal so wat hy kon en die derde vinnigste tyd in die sneltrajek gehandhaaf totdat die voertuig naby die einde van die sneltrajek gerol en dit sy vordering kortgeknip het. “Die skade aan die motor is nie so erg nie,” het Hall voorts gesê, “maar die span het nogtans tyd verloor om die motor te herwin en weer aan die gang te kom.” Hulle was uiteindelik die negende vinnigste in Sneltrajek 4 en bevind hulle in die algehele sewende plek.

Die vyfde en laaste sneltrajek van die byeenkoms neem die deelnemers van Erfoud na Fes oor ’n sneltrajek van net 128 km en ’n ooppadgedeelte van 259 km. Sneltrajek 5 sal die Tydren van Marokko, wat altesaam 2 051 km behels en 1 362 km se sneltrajekte ingesluit het, afsluit. Die SA span gaan nuwe demperverstellings vir al drie motors in die laaste sneltrajek gebruik as deel van die voorbereiding vir die 2019-Dakar-veldtydren.

 

Die Tydren van Marokko is deel van die FIA se wêreldbeker vir veldtydrenne en alhoewel Nasser Attiyah huidiglik die voorloper in die ren is. Het Jakub Przygonski van Pole reeds op Sondag (7 Oktober) die titel wêreldbeker-titel beklink het nadat sy enigste oorblywende teenstander, Vladimir Vasilyev van Rusland, nie Sondag se ren kon voltooi nie.

Kry die agtergrond oor die Tydren van Marokko by: http://motorplus.co.za/toyota-gazoo-racing-marokko/

Volg die Toyota Gazoo Racing SA-renspan by www.toyota.co.za

Twitter: www.twitter.com/toyotasa

Facebook: www.facebook.com/toyotasouthafrica

 

 

 

 

Volg die Toyota Gazoo Racing SA-renspan by www.toyota.co.za

Twitter: www.twitter.com/toyotasa

Facebook: www.facebook.com/toyotasouthafrica

 

Toyota Motorsport Suid-Afrika se borge: Toyota geniet ’n gesamentlike voordelige vennootskap met Total, Toyota Finansiële Dienste en die Innovation-groep sowel as Hallspeed, Imperial Toyota, SKF, Spanjaard, OMP, NGK, Donaldson, Mastercraft, Edgecam, 3M, Bandit Signs, Shatterprufe, Supreme Springs, Smith’s Manufacturing, TRD, Peritus Forex, 4×4 Mega World, First National Battery, Duxbury Netgear en
Plan-C Productions.

47 thoughts on “Tydren van Marokko: Toyota Gazoo se Nasser Al Attiyah vaar goed in Sneltrajek 4

  1. Hello colleagues, how is everything, and what you wish for to say concerning this piece of writing, in my view its in fact remarkable in favor of me.

  2. With havin so much content do you ever run into any
    problems of plagorism or copyright violation? My blog has
    a lot of completely unique content I’ve either created myself or outsourced
    but it looks like a lot of it is popping it up all over the web without my authorization. Do you know
    any techniques to help stop content from being stolen? I’d definitely appreciate it.

  3. My coder is trying to persuade me to move to .net from PHP.
    I have always disliked the idea because of the costs.
    But he’s tryiong none the less. I’ve been using WordPress on a variety of websites for
    about a year and am worried about switching to another platform.

    I have heard excellent things about blogengine.net. Is there a
    way I can import all my wordpress content into it? Any help would be
    really appreciated!

  4. Appreciating the time and effort you put into your blog and in depth information you provide.
    It’s awesome to come across a blog every once in a while that
    isn’t the same out of date rehashed information. Great read!

    I’ve saved your site and I’m adding your RSS feeds to my Google account.

  5. Thank you for another wonderful article. The
    place else could anybody get that kind of info in such a
    perfect means of writing? I have a presentation subsequent week, and I’m at the look for
    such info.

  6. You really make it seem so easy with your presentation but I find this topic to be really something
    that I think I would never understand. It seems too complex and
    extremely broad for me. I am looking forward for your next post,
    I will try to get the hang of it!

  7. You made some good points there. I checked on the web for additional information about the issue and found most individuals will go
    along with your views on this site.

  8. If you are going for most excellent contents like
    me, only pay a quick visit this web page daily since it offers
    feature contents, thanks

  9. Full body massage will be a useful technology in many ways. It is good for relieving stress of friends and family members, and it can also help relieve pain or pain of people around them.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: