Sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog het Mercedes-Benz se Unimog ‘n reputasie opgebou as ‘n uiters veelsydige voertuig wat vir verskillende doeleindes aangewend kan word. Die nuwe Unimog U 529 is egter ‘n splinternuwe konsep, wat veral byval by boere sal vind as gevolg van sy vermoë om vir verskeie landboudoeleindes gebruik te kan word. Dit sluit onder meer besproeiing, stroping, brandbestryding en grassny in. Dit kan ook, wanneer nodig, teen hoër snelhede op die oop pad gebruik word, met bande wat gepomp kan word trerwyl die voertuig op die pad is.

Die Unimog U 529 beskik oor ‘n aantal kenmerke wat hom uiters geskik maak vir grootskaalse boerdery. Die U 529 se gekombineerde bruto-gewig is 40 ton, met ‘n wettige loonvrag van 25 ton. In vergelyking met ‘n gewone trekker is sy loopkostes en sy brandstofverbruik laer, en sy olie behoort net een keer per jaar, of na 1200 ure vervang te word. Op die oop pad kan ‘n snelheid van tot 80 km/h behaal word, hoë grondvryhoogte, die potensiaal van hoë produktiwiteit danksy die verskeidenheid moontlike aanwendings en kronkelvere op albei aste wat uitstekende rygerief verseker, en maak dat rowwe terrein teen redelike hoë snelhede aangedurf kan word.

Daarby kan die Unimog U 529 aangepas word om by die koper se spesifieke behoeftes aan te pas aangesien verskillende opsies beskikbaar is. Daar is ‘n moderne kajuit met alle bestuurs-en hidrouliese funksies wat deur middel van ‘n sentrale beheerstok werk. Die kamerastelse wat standaaardtoerusting is, het tot vier afstandbeheerde kameras en die kajuitontwerp verseker baie goeie uitsig na voor. Daar is ‘n panoramiese voorruit en ‘n berattligtingspakket met kolligte teen die dak.

Permanente vierwielaandrywing is standaardtoerusting, en Mercedes-Benz se OM 936 Euro 5- dieselenjin met ‘n verplasingsinhoud van 7,7 liter word gebruik. Hierdie enjin lewer sy wringkrag teen slegs 1 150 opm. Die Unimog UG 100-geoutomatiseerde ratkas bevat agt ratte, maar ook sestien ratte vorentoe en twaalf truratte vir werksdoeleindes. Die Unimog se tarra-gewig is ongeveer agt ton, en die maksimum- massa vir die voor- en agteraste is onderskeidelik ses en agt ton. Die voertuig se bruto-gewig is 13 500 kg wanneer 495/70 R 24- landbou-bande gebruik word, maar hierdie syfer kan na 15 500 kg verhoog word wanneer 385/65R 22,5-vragmotorbande gebruik word.

Die Unimog UGE-reeks, waarvan die U 259 ‘n deel is, verkoop baie goed in Wes-Europa, waar dit nou al drie jaar lank beskikbaar is, as gevolg van die potensiaal van hoë produktiwiteit wat hy bied. Die Duitse TLG-toetssentrum, die Duitse ekwivalent van Nebraska-trekkertoetse, het die UGE-reeks breedvoerig getoets; dit het bepaal dat die Unimog meer brandstofdoeltreffend as gewone trekkers is in omtrent 70% van alle toestande waaronder normale trekkers in Wes-Europa aangewend word. Die vraag is dan hoekom nie almal ‘n Unimog gebruik nie. Die rede daarvoor is dat middelslagtrekkers wat tussen 100 en 200 kW lewer, al hoe meer aangewend word onder omstandighede waaronder brute trekkrag nie altyd vereis word nie. Dit beteken dat daar ‘n behoefte vir ‘n voertuig soos die Unimog is.

Aangesien die Unimog besonder goeie uitsig bied, is dit makliker vir ‘n bestuurder om veranderende toestande op die pad, maar ook in die werksomgewing, te voorspel en aanpassings te maak. Dit verminder ook die risiko wanneer kruisings asook versteekte in- en uitgange voorkom, en dit beteken dat die bestuurder vinniger op gevaarlike toestande kan reageer.

 

Die hele Unimog UGE-reeks word bemark en versprei deur ‘n network van uitgesoekte Mercedes- Benz-vragmotorhandelaars in Gauteng, die Vrystaat, Mpumalanga, die Wes-Kaap, die Oos-Kaap en Kwa Zulu Natal. Die Unimog U 529 word gerugsteun deur ‘n waarborg van vier jaar of 5 000 ure.

%d bloggers like this: