Hyundai Automotive SA se reeks handelsvoertuie het pas ‘n hupstoot gekry met die bekendstelling van die nuwe EX 8 Mighty wat die HD-reeks vervang.

Hierdie nuweling spog met ‘n aantal nuwe kenmerke en die beste waarborg in sy klas. Hy word in Hyundai se monteeraanleg in Benoni aan die Gautengse Oos-Rand vervaardig en sluit hom by die H 100-bakkie en die H1-paneelwa as deel van dié maatskappy se reeks handelsvoertuie aan.

In vergelyking met die HD is die Mighty se binneruim van 2,9 na 3,5 vierkante meter vergroot terwyl die voorruit ook groter is om uitsig na buite te verbeter.  Die sitplekke ka nook 55 meter verder agtertoe as voorheen geskuif word.  Die kanttrappe, wat nie gesien kan word wanneer die deure toe is nie, is ook nou groter om dit makliker te maak om in of uit die kajuit te klim. Daar is veskeie tipes laaibakke om van te kies, onder meer ‘n toe bak vir die veilige vervoer van goedere asook ‘n wipbak.  Die  valkantbak wat standaardtoerusting is, maak dit makliker om goerede op en aft e laai.

Die nuwe dieselenjin met ‘n verplasingsinhoud van 3 907 cc voldoen aan Euro 3-besoedelingstandaarde en kom met ‘n vyfgang-handratkas  as standaardtoerusting.  Dié enjin lewer  103 kW teen 2 800 opm en wringkrag van 373 Nm teen 1 600 opm.  Volgens Griffin het die duursaamheid en betroubaarheid van Hyundai se enjins die maatskappy in staat gestel om ‘n waarborg van vier jaar ongeag die kilometerafstand, te bied.  Die maatskappy bied ook padbystand van drie jaar of 200 000km. Hyundai Automotive SA word ook dadelik in kennis gestel sodra een van sy voertuie ingesleep word, en volgens Griffin sal dit verseker dat die handelaars  die voertuig so vinnig as moontlik weer op die pad kan kry.

Die maatskappy ondersoek ook die moontlikheid om verskeie nuwe modelle, soos die groter H 350-paneelwa en bus bekend te stel, en om ‘n outomatiese ratkas vir die Mighty beskikbaar te stel.

Volgens Wade Griffin, die direkteur van handelsvoertuie van Hyundai Automotive SA , is die Mighty die begin van opwindende nuwe verwikkelinge. Hy word gerugsteun deur 40 handelaars en 37 dienssentra wat oor die hele land, asook in Bostwana, Swaziland, Zimbabwe en Namibië geleë is.  Dit verseker dat al die belangrike roetes in Suider-Afrika gedek word. Veder sê hy dat die bekendstelling van die Mighty plaasvind in ‘n tyd wanneer Hyundai baie optimisties is oor die toename in die verkope van handelsvoertuie wat binne die volgende vyf jaar behoort plaas te vind.

Hyundai se monteeraanleg is in 2014 geopen en produksie is in volle gang.  Op die oomblik kan meer as 400 eenhede van die EX 8 Mighty en die H 100-bakkie vervaardig word. Daarby kan die aanleg ook ombouings na aanleiding van klante se behoeftes uitvoer;  wipbakke en toe paneelwa-bakke  kan onder meer vir die voertuie aangebring word.

“Hyundai streef daarna om sakelui te help om hul ondernemings te laat groei deur aan hulle handelsvoertuie van hoogstaande gehalte te bied wat aan hul spesifieke behoeftes voldoen. Ons bied duursame voertuie teen goeie pryse met lang waarborge vir gemoedsrus en lae loopkoste, “ sê Griffin.

Die EX 8 Mighty-reeks se pryse sonder BTW lyk soos volg:
EX 8 Mighty  LWB (Onderstel en kajuit) R 379 500
EX 8 Mighty LWB (Onderstel en kajuit met lugversorger) R 413 100
EX 8 Mighty valkant: R413 100
EX 8 Mighty valkant met lugversorger:  R 428 100
EX 8 Mighty wipbak: R 451 500.

 

%d bloggers like this: