Mitsubishi se Mirage op pad terug

0 Comments

Die jongste weergawe van Mitsubishi se Mirage is pas oorsee bekendgestel en sal binnekort by die Thailand Internasionale Motor-uitstalling vertoon word.

Die nuwe reeks sal beskikbaar wees as ‘n luikrug en ‘n sedan, en sal oor die nuwe Dynamic Shield-vooraansig wat deel van Mitsubishi se huidige ontwerprigtig is, beskik. Daar is ligdiode-kopligte aan weerskante van die groot sierrooster en misligte in die hoeke van die vooste stamper. Die agteraansig beskik oor L-vormige ligdiode-agterligte wat oor die breedte van die agterkant strek.  Die sedan en die luikrug word met allooiwiele van vyftien duim toegerus; dié van die luikrug spog met ‘n diamantsnit-afwerking in twee kleure en dié van die sedan het ‘n eenvoudiger silwer ontwerp.

Aan die binnekant is daar ‘n seweduim-raakskerm , en Bluteooth-verbinding is standaard toerusting. Die luikrug word toegerus met ‘n kombinasie van materiaal- en sintetiese leerbekleedsel terwyl die sedan met meer eenvoudige sintetiese leerbek-leedsel toegerus word. Daar is koolveselagtige afwerking op die voorpaneel en by die skakelaars van die elektriese vensters.

Die Mirage is al voorheen in Suid-Afrika bekendgestel maar aan die mark onttrek, maar die nuwe model sal vroeg aanstaande jaar hier op die mark kom. Die besonderhede oor die samestelling van die reeks, spesifikasies en pryse sal later bekendgemaak word.

Categories:
%d bloggers like this: