Mitsubishi Eclipse Cross is bekendgestel

Mitsubishi Motors het pas die sesde model in sy Suid-Afrikaanse reeks bekendgestel met die toevoeging van die Eclipse Cross, ‘n splinternuwe oorkruisvoertuig, wat hom by die Triton, Pajero, Pajero Sport, ASX en Outlander voeg.

Die Eclipse Cross is al ‘n jaar lank oorsee beskikbaar en 80 000 eenhede is al verkoop. Volgens Nic Campbell, die hoof bestuurder van Mitsubishi Motors Suid-Afrika, kan hy, vanweë sy koepee-agtige stilering, as meer modern, kenmerkend en dinamies as sy mededingers beskou word. Daar is twee modelle in die reeks; albei toegerus met ‘n tweeliter-viersilinderenjin en ‘n sesgang palwissel (CVT)-ratkas met ‘n sportmodus. Die verskil is dat een model toegerus word met Mitsubishi se unieke Super All Wheel Drive Control (S-AWC).

Die Eclipse Cross se ontwerp het ‘n spul internasionale pryse gewen, onder meer die Goeie Ontwerp- toekenning vir ontwerp uitnemend-heid en -vernuwing. Daarby is hy by die konferensie van motor-joernaliste en navorsers van Japan as hul Motor van die Jaar aangewys. Die beoordelaars was veral beïndruk met die buite-ontwerp, uitstekende padhou-vermoë en verrigting op rowwe paaie. Sy muitdagende omntwerp-konsep fokus op ‘n balans tussen ‘n wigvormige koepee-bakvorm en praktiese ruimte en gemak met ‘n ewewig tussen sport en styl. Die Eclipse Cross is beskikbaar in ‘n nuwe Red diamond-bakkleur met ‘n helder, hoë glans wat die stilering verder beklemtoon. Hierdie mkleur word geskep deur middel van ‘n proses van nege stappe wat talle lae van ‘n halfdeursigtige rooi bevat, asook ‘n deurskynende laag en ‘n intensiewe rooi met ‘n hoogs verfynde afwerking lewer.

Die enigste enjin waarmee die Eclipse Cross beskikbaar is, is Mitsubishi se bekende MIVEC-enjin met sestien kleppe en ‘n verplasingsinhoud van twee liter. Hierdie enjin, wat net aan ‘n CVT-ratkas mgekoppel kan word, lewer 110 kW teen 6 000 opm en 198 Nm se wringkrag teen 4 200 opm lewer. Die ratkas kan ook deur middel van ratspane agter die stuurwiel beheer word en die CVT-stelsel mverhoog brandstofdoeltreffendheid deur enjinverrigting te alle tye op die hoogste moontlike vlak te mhou. Die AWD-model bied ‘n keuse van verskillende bestuursmodusse om by veranderende mpadtoestande aan te pas, naamlik Auto, Snow of Gravel.

Die binnekant van die Eclipse Cross is baie goed toegerus, en bevat onder meer ‘n inligting-en- vermaakstelsel met ‘n raakskerm van 7 duim, Bluetooth-, Android Auto en Apple Car Play- versoenbaarheid, satellietnavigasie, ‘n volkleur-weerkaatsskerm tussen die instrumentepaneel en die voorruit, leerbekleedsel, outomatiese lugversorging met luguitlate vir die agterste insittendes, Bluetooth met handvrye stembeheer en ‘n veelfunksiestuurwiel wat met leer oorgetrek is. Aan die buitekant spog albei modelle onder meer met elektriese, wegvoubare buitespieëls met ingeboude rigtingwysers, skermsensor-kolpigte met LED-dagryligte, parkeersensors voor en agter, 18 duim-allooiwiele met ‘n volgrootte noodwiel en dakrelings.

Verskeie aktiewe- en passiewe veiligheidskenmerke is standaardtoerusting, onder meer sewe lugsakke, versterkte impakveiligheid vir die rompkonstruksie, ISOFIX-hegpunte vir die agterste sitplekke, ABS-remme met elektroniese remkragverdeling en noodremhulp, ‘n trukamera, wegtrekhulp, aktiewe stabiliteits- en kloubeheer, sentrale sluiting met deure wat outomaties sluit sodra die voertuig wegtrek en opdraande-wegtrekhulp.

Die gemiddelde brandstofverbruik van die Eclipse Cross is, volgens die vervaardiger, 7,9 en 8.1 liter per 100 km vir die 4×2- en AWD-modelle onderskeidelik. Die brandstoftenke van die twee modelle hou 60 en 63 liter vir die AWD en 4×2 onderskeidelik.

 

Die pryse van die twee modelle, wat ‘n waarborg van drie jaar of 100 000km, ‘n diensplan van vyf jaar of 90 000km en padbystand van vyf jaar, ongeag die voertuig se kilometerlesing insluit, is R 399 995 vir die 4×2 en R 449 995 vir die AWD.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

%d bloggers like this: